Posts

Vol Moed na Moedskep Piketberg se boerseuns mag partytjie hou – dit het die Moedskepdans die ander aan duidelik bewys! Ek en my man word deur ’n vriendin met belange in Piketberg genooi na dié plaasdans van die jaar. Ons is ook nie links nie en beplan heelweek aan ons uitkamp in Elandsbaai. Self het ons nie ’n enkele stukkie kampbehore nie, maar ons leen Nico se oulike groen tentjie met Yvette-hulle se luukse blou opblaasmatras. En toe’s ons gereed vir ons eerste uitkamp in Elandsbaai. Sommer met die aanland in Elandsbaai waarsku die hand vol oopgesig Piketberg boerseuns dat hulle vanaand moedskep en moet skep. Wilma het ’n BMW vol “single” vriendinne uit die Paarl saamgebring – sodat die boerseuns wat nog alleenlopers is darem goeie geselskap vir die aand het. Ons kampplek bestaan uit ’n klomp geleende tente en kampstoele, ’n tafeltjie met genoeg alkoholiese verversings vir ’n weermag en ’n heel paar koelsakke, gelaai met ys. Ek en my man was skaars uit die motor of Lambrecht word ’n...

Getroudwees smaak soet

Image
Hy kom anderdag met ‘n raserige PnP-sak agter die rug by die huis aan. Na ons klaar gegroet het haal Lambrecht die mooiste, vetste rooiwang mango agter sy rug uit. Vir my is dit kosbaar. Na ‘n lang dag by die werk was my (nuwe) man bereid om in ‘n PnP tou te staan – om my te bederf met een van my gunsteling vrugte in die wêreld. “Die huwelik is soos ’n blomtuin ou Surra”, raak my pa die ander aand filosofies oor die telefoon. “Hoe meer jy in die tuin werk, hoe mooier die blomme wat daai tuin sal dra.” Ons staan aan die begin van ons lewenspaadjie saam en op hierdie stadium is ek steeds heel betower deur my man en die huwelik. Nooit sou ek kon droom dat dit so lekker kan wees om elke môre langs dieselfde man wakker te raak nie. Niemand kon my voorberei op die seën   van laataand gesels met koffie oor diep dinge nie. Niemand vertel jou die lekkerte van alle eerstes nie...eerste inkopies, eerste keer saam in die kerk, eerste keer dat jy hom “my man” kan noem. Die eerstes is so volop...

Alles is geboks

My lewe staan geboks - vir presies die vierde keer in twee jaar. Gisteraand pak ek die laaste plastiekbakkies en my gunsteling twee rooi Nescafé koffiebekers in 'n ekstra groot Omo boks. Teen 18:00 vanmiddag was ek knap duskant dood. Toe gaan stap ek om die blok en dink aan kersfees, aan koekiesbak vir familie wat kom kuier en aan vleisbraai in ons skerm onder die helder Boesmanlandsterretjies. Net voor ek by my huis was het ek my oë opgeslaan na Ceres se mooi berge en die Here gesmeek vir nog bietjie ekstra krag. Ek kon Hom ook nie sê van waar in my lyf Hy dit moes stuur nie, want my reserwes is boomskraap. Die Here is getrou... Terug by my huisie het ek RSG 'n aks harder gesit voor ek die laaste bietjie PEPSI Max in my rooi koffiebeker gegooi het. Toe takel ek die laaste half miljoen rondstaan goed met nuwe energie. Teen 21:00 was byna alles netjies in bokse. Ek kon nie glo dat 'n mens so trots kon wees op 'n klomp bokse nie. Met elke trek raak ek beter. Elke ...
Image
Lekker was nog nooit so lekker Ek’s van daardie vervelige mense in die lewe wat eers dinge mooi oordink voor ek doen. Ek gaan nooit in my lewe “bungee jump” doen nie en die Kobra in Ratanga was ‘n verskriklike vreesaanjaende ervaring. Maar gisteraand het ek terwille van my Wilma-vriendin wat al in die na   nag saam met my gehuil het oor seergoed, die waaghalsige gedoen. Na werk is ek in my betroubare silwer Grietjie al die pad Paarl toe vir Wilma se kwarteeu viering. Anders as so baie ander, is sy regtig trots oor hierdie nuwe jaarring wat by 24 ander gevoeg is. Sy belowe my per epos dat die partytjie nie laat sal aanhou nie. Dis darem immers die volgende dag ‘n gewone werksdag. Uit ondervinding weet ek dat Wilma die waarheid effe sal skeef praat om my in die Paarl te kry. Met my afklimslag by haar huisie, staan die glasie witwyn gereed. So ken ek Wilma. Ons poeier eers ons neuse en dan vat ons die pad na 10 Chapters. Dis so oulike plekkie met regtig ‘n lekker atmosfeer. Wilma...
Image
Skuinskoek soos my ma s’n Dit spook nou al weke by my. Ek besluit egter dat my eerste skuinskoek bak baie spesiaal sal wees. Ampertjies soos jou eerste slaap saam met ’n man. Die resep wat my ma vir haar drie dogters nagelaat het, staan byna ’n maand voor in my resepteboekrakkie sodat my oog dit elke môre moet raaksien.   Net na my 26ste verjaarsdag besluit ek dat die tyd aangebreek het. EK gaan koop die bestanddele by Pick-’n-Pay. Baie versigtig dat als, van die koekmeel tot die margarien, net die beste is. My ma was baie kieskeurig oor die soort margarien waarmee jy behoort te bak. Tussen tientalle variasies op die margarienrak grawe ek ’n blok uit van die soort wat altyd in ons plaasvrieskas was. Die anys druk ek eers teen my neus om te ruik of dit vars en na anys ruik. Die bestanddele staan nog ’n week in ’n netjiese rytjie op my beknopte woonstel kombuis(ie) voordat ek ’n erdeskottel by Nicolene, die skool se huishoudkunde juffrou, gaan afbedel vir leen die naweek. Saterdagmôr...
Image
Onkant betrap: My kombuistee Lambrecht kondig Donderdagoggend half onverwags aan, terwyl ons in die Kaap is, dat ons Saterdagoggend net vinnig Ceres toe sal moet ry om my verjaarsdaggeskenk te gaan optel by Georgie. Voor ek myself kan keer vlieg al my mooi voornemens om te dink voordat ek praat, by die agterdeur uit. Ek dog ek hoor verkeerd toe Lambrecht, n á my hele klaaglied, steeds beslis aankondig dat daar Ceres toe gery sal word. Ongeag... Ek trek my lippies so dun soos ek my ma al in die verlede sien doen het. Verskil is net dat ek destyds nie lekker besef het presies hoe de hel in mens moet wees om op daardie dun lip-stadium te kom nie! Tog interessant dat niemand jou ooit hoef te leer waar en wanneer jy dit op die man in jou lewe moet inspan nie. Dit kom vreeslik natuurlik! Na ’n halfuur se vreeslike onsmaaklike dunlip-stilte aan my kant het ek mooi omverskoning gevra en my vir die res van die tyd tot Saterdag geweldig goed gedra. Saterdagmôre pak ons dan nou so die pad Ceres ...

Kersfees by HOPE

Ek gaan besoek Maandag saam met ’n groep goedhartige Hoërskoolkinders ’n huis vir hawelose kinders. Mens ry nooit by so besoek weg sonder om op een of ander manier aangeraak te word nie. En hierdie keer is geensins anders nie. By ons aankoms is die kinders aanvanklik effe skugter – en die hoërskoolkinders totaal oorweldig met wat hulle sien. Ons kinders slaan dadelik ’n fraai kersboompie wat Marse spotgoedkoop by die plaaslike Pick-’n-Pay kon kry op. Dan word die ander kindertjies bymekaargeroep vir die Kersverhaal. Die kleintjies kom maklik en spontaan. Uit die hoek van my oog bemerk ek ’n ouer meisie wat alles net stil sit en bekyk. Ek gaan sit langs haar en hoor dat haar naam Franciska is. Ek vra oor haar skool en leer dat sy deel is van ’n oorvol klas. Ek leer ook dat sy wel ’n pa en ma het, maar dat haar ma haar op Maandae HOPE(die huis se naam) toe stuur vir brood. Sien, blykbaar kry HOPE op Maande brood wat reeds verby hul vervaldatum is by Pick-’n-Pay. Hoe langer die gesprek du...