Posts

Steve steel weer harte

My eerste “tape” baie somers gelede was ‘n Steve Hofmeyr “tape”. So diep granaatrooi een met sy gesig daarop. Nommer 2 was “Kyk hoe lyk ons nou,” en ek het altyd hoendervleis gekry wanneer daai snit speel. Lekker goed onthou mens mos soos gister. Met sy eerste vertoning in Kakamas se kerksaal het ek my ma oorreed om my te vat. Steve se koms op Kakamas was ‘n groot ding. Die kerkraad het ook eers lank gewroeg of hul kans sien vir Steve in ons dorpie se kerksaal. Daai kerksaal was nog nooit so vol soos daai aand nie. Steve het met ligte en rook op die verhoog gekom. Die energie van die vertoning was ongelooflik. Teen die einde van die aand was byna heel Kakamas se tannies op hulle stoele - staande. Drie jaar later was hy weer op Kakamas. En weer het Kakamas in sy getalle opgeruk om na Steve te gaan kyk. Ek en my ma was weer daar. En weer het die man ons heeltemal betower. Ondanks soveel negatiewe publisiteit het ek steeds ‘n ding vir Steve. Ek’s ‘n kerkmens en ek’s teen seks voor die hu...

Die Hart van Ceres

Gisteraand brand vlamme hoog en onheilspellend teen die berg soos jy Ceres binnery. Ek kan myself eenvoudig nie keer nie – heeltemal betower é n gewalg deur die vlammehel wat rooi en woedend woed hoog teen die berg, besluit ek om laataand deur die pas te ry. Ek ry stadig. Baie stadig. My ruit is oop sodat ek die nag gemeng met vuur eerstehands kan ervaar. Enya sing op die agtergrond. En   vir die volgende halfuur speel my dag soos ‘n film in my kop af. .. My gedagtes gaan gooi draai in die Fourie-woning waar tannie Annalie my soos ‘n eie meisiekind met ope arms verwelkom het. Sy ken my skaars – en tog maak sy soggens vir my die lekkerste bakkie opgesnyde vrugte en joghurt wanneer sy dieselfde vir haar drie oogappel seuns voorberei. Sy leer my kreatief kosmaak in die kombuis. Ek proe my eerste pesto in haar kombuis. Ek sien hoe jy in ‘n kits ‘n franse broodjie rooster en verskillende kombinasies daarop sit – en dit na iets eksoties laat lyk. Ek kan nie wag dat ons kosmaak dat ek een...

Die wonder van waaghalsig wees

Saterdagaand is ons by Vincent en Georgie se troue – ‘n ongelooflike tuintroue in Georgie se grootwordhuis   tuin. Die mooi geleentheid is net so klipgooi buite Prince Alfred’s Hamlet. Die troue is uitbundig wit en rooi en pienk. Meters en meters wit-en-rooi gestreepte lap lint bind wit servette met vrolike strikke vas. Gaste word na die diens verwelkom onder ‘n reuse boom by die werf se ingang. Deftige kelners dra yskoue bier en witwyn aan terwyl musiek wat heeltemal onbekend aan my is, op die agtergrond speel. Die aand word afgeskop met toesprake en dis veral die heildronk op Georgie se ouers wat my stof tot nadenke gee. Pietie vertel hoe groot hul passie vir die lewe is. Hy verklap dat hul belangstellings so wyd soos die Heer se genade strek – dis nou van musiek tot tuinmaak tot reis, binneshuiseversiering tot kosmaak en mense onthaal. Dit hou net aan. Ek sien hoe oom Adriaan en tannie Leslie (wat terloops die lieflikste grasgroen knielengte rok gedra het) mekaar onderlangs dop...
Vol Moed na Moedskep Piketberg se boerseuns mag partytjie hou – dit het die Moedskepdans die ander aan duidelik bewys! Ek en my man word deur ’n vriendin met belange in Piketberg genooi na dié plaasdans van die jaar. Ons is ook nie links nie en beplan heelweek aan ons uitkamp in Elandsbaai. Self het ons nie ’n enkele stukkie kampbehore nie, maar ons leen Nico se oulike groen tentjie met Yvette-hulle se luukse blou opblaasmatras. En toe’s ons gereed vir ons eerste uitkamp in Elandsbaai. Sommer met die aanland in Elandsbaai waarsku die hand vol oopgesig Piketberg boerseuns dat hulle vanaand moedskep en moet skep. Wilma het ’n BMW vol “single” vriendinne uit die Paarl saamgebring – sodat die boerseuns wat nog alleenlopers is darem goeie geselskap vir die aand het. Ons kampplek bestaan uit ’n klomp geleende tente en kampstoele, ’n tafeltjie met genoeg alkoholiese verversings vir ’n weermag en ’n heel paar koelsakke, gelaai met ys. Ek en my man was skaars uit die motor of Lambrecht word ’n...

Getroudwees smaak soet

Image
Hy kom anderdag met ‘n raserige PnP-sak agter die rug by die huis aan. Na ons klaar gegroet het haal Lambrecht die mooiste, vetste rooiwang mango agter sy rug uit. Vir my is dit kosbaar. Na ‘n lang dag by die werk was my (nuwe) man bereid om in ‘n PnP tou te staan – om my te bederf met een van my gunsteling vrugte in die wêreld. “Die huwelik is soos ’n blomtuin ou Surra”, raak my pa die ander aand filosofies oor die telefoon. “Hoe meer jy in die tuin werk, hoe mooier die blomme wat daai tuin sal dra.” Ons staan aan die begin van ons lewenspaadjie saam en op hierdie stadium is ek steeds heel betower deur my man en die huwelik. Nooit sou ek kon droom dat dit so lekker kan wees om elke môre langs dieselfde man wakker te raak nie. Niemand kon my voorberei op die seën   van laataand gesels met koffie oor diep dinge nie. Niemand vertel jou die lekkerte van alle eerstes nie...eerste inkopies, eerste keer saam in die kerk, eerste keer dat jy hom “my man” kan noem. Die eerstes is so volop...

Alles is geboks

My lewe staan geboks - vir presies die vierde keer in twee jaar. Gisteraand pak ek die laaste plastiekbakkies en my gunsteling twee rooi Nescafé koffiebekers in 'n ekstra groot Omo boks. Teen 18:00 vanmiddag was ek knap duskant dood. Toe gaan stap ek om die blok en dink aan kersfees, aan koekiesbak vir familie wat kom kuier en aan vleisbraai in ons skerm onder die helder Boesmanlandsterretjies. Net voor ek by my huis was het ek my oë opgeslaan na Ceres se mooi berge en die Here gesmeek vir nog bietjie ekstra krag. Ek kon Hom ook nie sê van waar in my lyf Hy dit moes stuur nie, want my reserwes is boomskraap. Die Here is getrou... Terug by my huisie het ek RSG 'n aks harder gesit voor ek die laaste bietjie PEPSI Max in my rooi koffiebeker gegooi het. Toe takel ek die laaste half miljoen rondstaan goed met nuwe energie. Teen 21:00 was byna alles netjies in bokse. Ek kon nie glo dat 'n mens so trots kon wees op 'n klomp bokse nie. Met elke trek raak ek beter. Elke ...
Image
Lekker was nog nooit so lekker Ek’s van daardie vervelige mense in die lewe wat eers dinge mooi oordink voor ek doen. Ek gaan nooit in my lewe “bungee jump” doen nie en die Kobra in Ratanga was ‘n verskriklike vreesaanjaende ervaring. Maar gisteraand het ek terwille van my Wilma-vriendin wat al in die na   nag saam met my gehuil het oor seergoed, die waaghalsige gedoen. Na werk is ek in my betroubare silwer Grietjie al die pad Paarl toe vir Wilma se kwarteeu viering. Anders as so baie ander, is sy regtig trots oor hierdie nuwe jaarring wat by 24 ander gevoeg is. Sy belowe my per epos dat die partytjie nie laat sal aanhou nie. Dis darem immers die volgende dag ‘n gewone werksdag. Uit ondervinding weet ek dat Wilma die waarheid effe sal skeef praat om my in die Paarl te kry. Met my afklimslag by haar huisie, staan die glasie witwyn gereed. So ken ek Wilma. Ons poeier eers ons neuse en dan vat ons die pad na 10 Chapters. Dis so oulike plekkie met regtig ‘n lekker atmosfeer. Wilma...