Posts

Skype tussen Pofadder en Engeland

Sondagmôre dou voor dag sms my jonger sussie uit Pofadder dat sy goeie nuus het: Iemand het vir hulle skype op hulle rekenaar gelaai. Hulle gaan later kerk toe, en dan is daar ‘n braaitjie saam met haar skoonmense vir die Sondagmiddagete. Sondagaand is ons afspraak vir stiptelik 20:00. Ons kan uiteindelik opvang. Heilige tyd tussen twee susters. Die Sondag gaan te stadig verby. Ek hou die horlosie heeldag dop. Dit wil-wil voel asof tyd stilstaan. My onrustigheid dryf my man byna teen die mure uit. Hy waarsku versigtig dat ek moet onthou dat daar altyd ‘n moontlikheid van komplikasies kan wees. Ek besef dat my vreeslike diplomatiese man iets op ‘n mooi manier probeer oordra... “Watse komplikasies,” vra ek, natuurlik sommer onmiddellik op my perdjie. Ek kan aan sy stem hoor dat hy weet dat dit nou tyd is vir mooi trap. “Uhm, mens weet nooit hoe goed die konneksie tussen Pofadder en Engeland gaan wees nie my engel,” antwoord hy oorversigtig. Ek skrik byna self vir die ontploffing...

Cappucinos: 'n Ma-en-dogterding

Dit was ons gunsteling plek saam met my ma. Die cappuccinos is altyd bedien in sulke vetmaag bekers op ‘n blaar op ‘n piering. Elke cappuccino is vergesel deur ‘n fraai koekie. Ons kon natuurlik nooit wag om te sien wat op die tafels was as versiering nie. Soms was dit daisies in blikemmertjies, ander kere weer ‘n vetplantjie. Saam met jou spyskaart het jy ook altyd ‘n klein blikbekertjie sap gekry. En ‘n nickerball en saadjies saam met jou rekening. Geen koffieplekkie kon nog ooit naby Get Together in Bloemfontein kom nie. In hierdie einste koffieplekkie het ons ure omgekuier met my ma. Sy het ons gewoonlik so een maal per jaar kom besoek in Bloemfontein terwyl ons nog daar studeer het. Dan sou Get Together kuiers van die hoogtepunte wees. Ons het nooit eintlik daar geëet nie. Ons het net onverskillig baie cappuccinos gedrink en hartsgoed gepraat. Ek en my ma en Marietjie, my middelste suster. Diè dat my gemoed anderdag so deurmekaar was toe daar drie vrolike mammas saam met hul...

Engeland Vis-en-chips

Vis-en-chips op ‘n Vrydagaand in Engeland is blykbaar so algemeen soos bier en braaivleis op ‘n Saterdagaand in Suid-Afrika. Diè dat my man nou al die afgelope drie Vrydagaande by my neul dat ons die Engelse ding doen en gaan vis en chips koop op die hoek. Op hierdie Saterdagmiddag voel ek toe nou vir die eerste keer na diepgebraaide vis – met die wind wat koud en triestig waai. Ek doen natuurlik vooraf eers mooi my huiswerk oor waar ons die aller lekkerste vis in Stamford kan koop. Almal wat saam met my in die koffieplekkie werk is dit eens: Niemand het vis en chips soos Burdy’s nie. Hulle waarsku egter dat ons, ons nie moet laat afskrik deur die siersteun kafee se voorkoms nie… So gesê, so gedaan. My man kom uit die kafee met twee tamaai stukke stokvis,twee kerriesouse, ‘n onbetaamlike hoeveelheid slap chips en ‘n glimlag wat van die een oor na die ander oor loop. Kyk, hy sien darem al baie lank uit na hierdie dag! Hy verduidelik dat hy sommer vir ons die ou large vissies geko...

Muffins: Trots Suid-Afrikaans

Image
My heel eerste suksesvolle muffins kom van ‘n uitgeskeurde resep in die Huisgenoot. Dit was ‘n maklike reseppie en die hele gesin het baie beïndruk daaraan gesmul. Later jare het ons byne elke tweede Sondagaand gesondheidsmuffins gehad vir aandete. Ek sou die muffins bak en dan die t.v-kamertafel vol pak met lekker goed vir saam met die muffins. My ma het altyd Bovril en kaas op hare geëet. Ons kinders het sommer ‘n verskeidenheid op ons onderskeie helftes geplak. “Crunchie” grondboontjiebotter is natuurlik hoog op my lysie. Dan het ons natuurlik ook baie biltong daarmee saam geëet. So baie biltong dat die groot dors jou later sou kraan toe jaag! In die winter was die muffins voor die t.v. Somertyd kon ons eet en kuier in die tuin rondom die tuintafel. Dis dus heeltemal te verstane dat ek onlangs na drie weke in die vreemde, aan ontrekkingssimptome begin lei het. Ek moes gesondheidsmuffins iewers kry. Die Engelse ken nie ons volkoringmuffins nie. Hier kry jy net “blueberry muffin...

'n Boesmanlander kook Thai

Image
Ek besluit om Maandag na die paasfeesvieringe my hand aan Thaise hoender te waag. Nou vir iemand wat nog nooit eens self vantevore Thai-hoender geëet het nie mag dit dalk ietwat gewaag wees. Waar daar egter ‘n wil is, is daar ‘n weg. Ek kry die lekker Thai-resep agter op die verpakking van die pakkie waarin al die nodige bestanddele netjies in kompartemente lê – die kon ek vir ‘n appel-en-‘n ui by ons naaste supermark, Tesco’s koop. Terwyl Martelize oggendversoeke oor RSG aanbied, begin my groot waagstuk. Die heerlike, dog vreemde reuke van opgekerfde gemmer, knoffel en koljander vul ons hele leefvertrek. Ek verlekker my behoorlik in die fees van reuke waaraan ek glad nie gewoond is nie. Genadiglik is die reseppie eenvoudig en ek deel dit maar te graag: Kerf die chillie, koljander en knoffel saam op. Meng dit meng growwe sout en braai ongeveer 1min lank in ‘n bietjie olie. Voeg daarna die baba uitjies, baba mielies, vars boontjie en ertjiepeule by en braai vir ‘n verdere 2min...

Tulpe en "worries"

Image
Vandag is die goeie Vrydag waarop ons Here Jesus vir ons aan ‘n kruis gehang het… Ek gaan draf vanoggend baie vroeg. Dit voel asof die hele Engeland nog rustig slaap. Dis egter ‘n pragtige oggend. Ek sien hoe die son perfek rooi en rond oor lande en lande grasgroen loer. Die vet, wollerige skape slaap nog rustig onder die bome. Die grootsheid van die oomblik gaan my nie verby nie en ewe skielik weet ek dis tyd om vir Theuns en Silwer de Lange in my ore eers stil te maak. Ek voel die behoefte aan dankie sê. Jesus was goed vir my. Baie goed. Klipgooi van ons huisie af is die oulikste park. Ek besluit om sommer daar ook ‘n swik te gaan maak. Tulpe groei sommer so wild onder die bome. Ek word natuurlik opnuut betower deur die wonder van blomme wat Jesus sommer so wild laat groei. Veral drie wit-en-pienk tulpe vang my oog. Vader, Seun en Heilige Gees. So simbolies. Op daardie moment begin speel Bob Marley Three little birds op my ipod. Don’t worry about a thing Cause everyth...

Doughnuts op straat

Niggie Anneen van Upington, woon en werk al byna drie jaar saam met haar man, Jurgens, hier in Engeland. Hulle weet al hoe om treinkaartjies te koop en boeke uit te neem by die biblioteek. Anneen waag al haar hand aan Thai-kos en sy weet wat rysnoodles is. Sy skrik nie meer as iemand op straat met haar ‘n Engelse gesprek aanknoop nie. So is ek dus uit my nate toe Anneen besluit om op die trein te spring en by my in Stamford te kom kuier. Die Woensdag besluit ons tweejies om Peterborough te gaan verken. My man laai ons al vroegmôre by die stasie af. Dis aanvanklik so koud dat ons wasem blaas wanneer ons praat. Ons gaan soek dus sommer dadelik ‘n knus koffieplekkie, Costa, op vir ietsie warms. Ek verwarm myself met ‘n Mocha terwyl Anneen besluit op ‘n lekker gesonde broodjie. Teen teetyd is ons weer honger. Koue het mos die swak manier om mens gedurig honger te maak! Ons neuse lei ons na ‘n vrolike rooi-en-wit stalletjie wat doughnuts verkoop. Jy betaal £1.50 vir 10 baie klein doug...