Posts

My bruin voorskoot

Ek moenie s ê ek moes anders gekies het, of ek sal eendag anders kies nie. Ek moet bly wees oor wat ek gekies het. Al is dit nie die maklike, gerieflike keuse nie. Want juis die moeilike dinge, die frustrasies, die minste wees, die gee van myself, maak my veel, veel meer as iemand wat net afstof en stryk. Dit maak my ryp en volledig mens – elke dag. Dit is soos fynbos wat eers moet afbrand voordat die groen kom en die blomme weer blom. Na my ma se dood het ek hierdie aanhaling uit een van die boekies op haar kombuisboekrak geskeur. Dit was op bloedrooi papier in haar handskrif geskryf. Ek sal seker nooit weet of dit haar eie was, of die gesegde van iemand anders miskien van RSG of uit ‘n boek nie. Ek weet net dat ek dit baie skelmpies myne gemaak het. In my kop het ek gebid dat my sussies my sal vergewe dat ek skelm kon neem uit die bietjie laaste herinneringe van my ma. Iewers in my onderbewussyn het ek net geweet: Hierdie stukkie papier moet ek oral met my saamneem…waar die lewe m...

Verlange na Boesmanlandvlaktes

Gisteraand het ‘n vreeslike ding gebeur. Ons was by bybelstudie en Miriam sit toe ‘n pragtige DVD met natuurtonele op. Natuurtonele met die sielvolle Jesus-musiek daarby. Daar was sterre en berge, die see en ‘n sonsondergang. En toe begin ek huil. Nie van daardie saggies huile wat net trane oor jou wange loop nie. Myne was ‘n droewige huil diep uit my hart. Myne was ‘n huil van verlang. Ek het verlang na die sterre van die Boesmanland. Somersaande was dit die kuierplek. Ons gesin kon ure lank buite om die tuintafel sit en kuier. My pa sou al vroegmiddag ‘n waatlemoen in die klipdam gaan gooi om af te koel. Vir aandete sou daar dan waatlemoen en skons of waatlemoen en muffins wees, en natuurlik ‘n vrolike kuiersessie om die tuintafel onder die sterre. Dieselfde sterre moes my al troos. Na my ma se dood het ek dikwels onder dieselfde hemelruim gesit en gehuil. Ek het gisteraand ook verlang na die Boesmanland se vlaktes. Daar groei die niks mos heuphoogte en dis so mooi. Ek het grootgeraa...

Vriendskap is soos donker sjokolade

Image
Ons het mekaar die eerste keer in Vergeet-My-Nie se badkamers ontmoet. Albei was kindertjies van die platteland, half verwese so in die groot stad Bloemfontein en ver van die huis. Ons was albei eerstejaars met groot drome vir die toekoms. Lyndi en ek het lekker maatjies geraak. Ten spyte van die geen alkohol koshuisre ël het ek en Lyndi onsself Woensdagaande in haar kamer toegesluit vir ‘n glasie wyn en diep gesels. Dit was ‘n kosbare ritueel. Toe studeer ons klaar en die lewe vat ons op ander paaie. Intussen sterf my ma in ‘n motorongeluk. Lyndi gaan België toe om daar te begin werk vir ‘n onbepaalde tydperk. Ek trou. Lyndi kry ‘n beter werksproposisie en besluit om nog langer in die vreemde te bly. Ek besluit om vir haar te gaan kuier in haar Antwerpen spitsdakhuisie. Dis immers so maklik om hier in Engeland op die Eurostar trein te spring en enige plek in Europa te gaan besoek. So klim ek dan Donderdagaand op die Eurostar met net ‘n rugsak…vasbeslote om baie seisoene se kuiers in t...

Die Here en MacDonalds

Ek slaap die vorige aand erg onrustig – net oor die gedagte dat ek ‘n hele dag alleen in Londen sal moet wees. Ek sal alle bogrondse en ondergrondse treine alleen moet aandurf. Ek sal moet padvra as ek verdwaal is. Ek sal moet rondhol met ‘n strak gesig soos almal in Londen maar doen – en nou dik ek glad nie aan. Die volgende m ô re sit ek hopeloos te vroeg al op Peterborough se   stasie en wag vir my eerste trein. Gedagtig aan hoe kwaai my ma altyd was oor ‘n ordentlike ontbyt om jou dag te begin, gaan soek ek dus iets vir ontbyt. Ek besluit op ‘n tamaai groot “bountiful banana” muffin en ‘n aarbei yogisip. Na die muffin en yogisip voel ek meer optimisties oor die dag. Wat "bountiful" beteken, weet ek nie, maar die ding sit verseker 'n hup in jou stap! My treinrit Londen toe neem so uur en ek lees te heerlik uit die Waitrose kostydskrif wat ma Elize vir my gekoop het.   Dan arriveer ek uiteindelik in Londen en raak deel van die “rat race”. My man het my die verskillende ...

Skype tussen Pofadder en Engeland

Sondagmôre dou voor dag sms my jonger sussie uit Pofadder dat sy goeie nuus het: Iemand het vir hulle skype op hulle rekenaar gelaai. Hulle gaan later kerk toe, en dan is daar ‘n braaitjie saam met haar skoonmense vir die Sondagmiddagete. Sondagaand is ons afspraak vir stiptelik 20:00. Ons kan uiteindelik opvang. Heilige tyd tussen twee susters. Die Sondag gaan te stadig verby. Ek hou die horlosie heeldag dop. Dit wil-wil voel asof tyd stilstaan. My onrustigheid dryf my man byna teen die mure uit. Hy waarsku versigtig dat ek moet onthou dat daar altyd ‘n moontlikheid van komplikasies kan wees. Ek besef dat my vreeslike diplomatiese man iets op ‘n mooi manier probeer oordra... “Watse komplikasies,” vra ek, natuurlik sommer onmiddellik op my perdjie. Ek kan aan sy stem hoor dat hy weet dat dit nou tyd is vir mooi trap. “Uhm, mens weet nooit hoe goed die konneksie tussen Pofadder en Engeland gaan wees nie my engel,” antwoord hy oorversigtig. Ek skrik byna self vir die ontploffing...

Cappucinos: 'n Ma-en-dogterding

Dit was ons gunsteling plek saam met my ma. Die cappuccinos is altyd bedien in sulke vetmaag bekers op ‘n blaar op ‘n piering. Elke cappuccino is vergesel deur ‘n fraai koekie. Ons kon natuurlik nooit wag om te sien wat op die tafels was as versiering nie. Soms was dit daisies in blikemmertjies, ander kere weer ‘n vetplantjie. Saam met jou spyskaart het jy ook altyd ‘n klein blikbekertjie sap gekry. En ‘n nickerball en saadjies saam met jou rekening. Geen koffieplekkie kon nog ooit naby Get Together in Bloemfontein kom nie. In hierdie einste koffieplekkie het ons ure omgekuier met my ma. Sy het ons gewoonlik so een maal per jaar kom besoek in Bloemfontein terwyl ons nog daar studeer het. Dan sou Get Together kuiers van die hoogtepunte wees. Ons het nooit eintlik daar geëet nie. Ons het net onverskillig baie cappuccinos gedrink en hartsgoed gepraat. Ek en my ma en Marietjie, my middelste suster. Diè dat my gemoed anderdag so deurmekaar was toe daar drie vrolike mammas saam met hul...

Engeland Vis-en-chips

Vis-en-chips op ‘n Vrydagaand in Engeland is blykbaar so algemeen soos bier en braaivleis op ‘n Saterdagaand in Suid-Afrika. Diè dat my man nou al die afgelope drie Vrydagaande by my neul dat ons die Engelse ding doen en gaan vis en chips koop op die hoek. Op hierdie Saterdagmiddag voel ek toe nou vir die eerste keer na diepgebraaide vis – met die wind wat koud en triestig waai. Ek doen natuurlik vooraf eers mooi my huiswerk oor waar ons die aller lekkerste vis in Stamford kan koop. Almal wat saam met my in die koffieplekkie werk is dit eens: Niemand het vis en chips soos Burdy’s nie. Hulle waarsku egter dat ons, ons nie moet laat afskrik deur die siersteun kafee se voorkoms nie… So gesê, so gedaan. My man kom uit die kafee met twee tamaai stukke stokvis,twee kerriesouse, ‘n onbetaamlike hoeveelheid slap chips en ‘n glimlag wat van die een oor na die ander oor loop. Kyk, hy sien darem al baie lank uit na hierdie dag! Hy verduidelik dat hy sommer vir ons die ou large vissies geko...