Posts

Eerste vye in Augustus

Gister is dit vir die eerste keer in Engeland se somer regtig warm, heeldag. Ek trek na werk gou ‘n kortbroek en moulose hempie aan vir ver stap. Die son is so skerp dat ek selfs besluit om my sonbril op te sit. Ek moet natuurlik eers na die ding gaan soek. Die lug is gedurig so grou hier dat ‘n sonbril ‘n onnodige item geword het. Ek besluit om die pad te stap na ‘n onbekende bestemming. Ek wou sommer net stap, sonder my selfoon, tot my bene moeg was. My uitstappie neem my toe heel onverwags op in ‘n baie nostalgiese reis. Ek eindig uiteindelik op in Easton-on-the Hill. Di é dorpie herinner my onverwags aan Brandvlei, ‘n piepklein dorpie met net stofstrate in die Noord-Kaap. Ek kan my indink dat ‘n Engelse Brandvlei soos Easton-on-the Hill sou lyk! Ek stap sommer so met die inkomslag in Easton-on-the Hill, verby ‘n bos rose wat na Bloemfontein ruik. Dan gewaar my reuksintuig iets wat kompleet ruik soos die boompies in tannie Lee se Boesmanlandtuin. Ek ruik ook iewers my ouma se bl...

Oppad Boesmanland toe

My tassie staan al die afgelope week langs my bed, feitelik klaar gepak. Ek arriveer Maandagoggend op Kaapstad lughawe en klim die Interkaapbus Maandagaand. Dinsdagoggend voor die eerste haan kraai, sal ek in Pofadder arriveer. Vir elkeen by die huis het ek ‘n spesiale geskenkie uitgesoek. My twee sussies s’n moes egter ekstra spesiaal wees. Ek het ten einde besluit op baie mooi, duursame krale vir elk. Wanneer hulle nou na my verlang kan hulle dit aansit. Marietjie s’n is verskillende kleure blou en baie stemming, net soos sy. Kleinsus Marli s’n is ‘n wille, uitbundige pers wat weer vir my in die kol was vir haar. Dan is daar nog die dogtertjierige slaapsokkies, die handeroom en sjokoladetjies. Die uitbundigheid in my binneste het geen begin of einde nie. Elkeen se geskenkie het ek in lawwe polkadotpapier toegedraai. Behalwe my sussies s’n. Vir Marietjie en Marli het ek sulke sagtepienk feetjiepapier uitgekies. Alle geskenkies is nou in, en die plek vir my klere lyk bra min. Ek kon...

By wie sit jy?

Image
Foto: Bernie Niehaus Ons het elke Woensdagmiddag by tannie Driena gaan kuier. Dit was so 7km en vyf hekke ver. Kuiers by tannie Driena op Ramanskolk was altyd lekker. Tannie Driena was interessant en wys en kreatief agter die kospotte. Tannie Driena het vroeg in haar lewe al geleer dat die dorp ver sit. Soms moet mens reseppies noodgedwonge bietjie aanpas om dit te maak met dit wat jy wel het. Ek onthou die karringmelkbeskuit met die pienk ondertoon nog baie goed. Tannie Driena se melk was te min. Dit het sy egter eers besef toe sy al goed aan die gang was met haar beskuit. Sy besluit toe om sommer van die “Strawberry” Sterrie Stumpy in die die yskas as plaasvervanger te gebruik. Ek onthou ook die tert met snye brood as kors omdat tannie Driena niks anders gehad het nie. Die lysie van interessanthede was eindeloos. O ja, daar was die sop waarin tannie Driena die vorige dag se geelrys met rosyntjies gegooi het. Tannie Driena het nie geduld dat daar met kos gemors word nie! By tannie...

Foto's vertel stories

Image
Sit foto'tjies op FB. Parys in die somer is so nice. Dit bly mos tot laat lig. Ai,jy maak my lus om my foto-albums te gaan uitkrap & deur blaai vir 'n goeie trip af in memory lane.                                                                                                    Elmien de Kock Hanekom Elmien se FB-boodskap laat my nog laat wakkerl ê om te dink. Ons was die afgelope naweek Parys toe net vir die naweek. Ek wou nie gaan nie. Ek wou liewer tuisbly en geld spaar vir die huisie wat ons so ...

Wonderwerk in Afrikaans

Saterdagnamiddag toe dit begin kuiertyd raak, hunker my hart weer kwaai na die Suidpunt van Afrika. Ek het in die Boesmanland grootgeword met die gewoonte dat Saterdagaande uitgesit is vir kuier met die bure om die braaivleisvuur. Dit was nooit moeite om op ‘n Saterdagaand ongeveer tussen 20 en 50km te ry vir kuier by bure nie. Dan was daar gewoonlik nog ‘n heelpaar hekke ook oppad na die kuierplek. Saterdagaande laat my daarom dink aan braaivleisvure wat hoog brand. Dit laat my dink aan die KWV-brandewyn wat my pa-hulle gedrink het en witwyn met baie ys wat vir my ma-hulle geskink is. As dit met ons goed gegaan het, kon ons kinders gaskoeldrank drink. In swaar tye moes ons tevrede wees met Oros. Daar is ook chips uitgegooi in sulke klein mandjies met wit servette. Saterdae was die enigste dag van die week wat ons toegelaat is om chips te eet. Saterdagaande laat my dink aan my ma se mieliepaptert en haar heerlike selfgebakte broodjies. Saterdagaande laat my dink aan ‘n mooi gedekte t...

My bruin voorskoot

Ek moenie s ê ek moes anders gekies het, of ek sal eendag anders kies nie. Ek moet bly wees oor wat ek gekies het. Al is dit nie die maklike, gerieflike keuse nie. Want juis die moeilike dinge, die frustrasies, die minste wees, die gee van myself, maak my veel, veel meer as iemand wat net afstof en stryk. Dit maak my ryp en volledig mens – elke dag. Dit is soos fynbos wat eers moet afbrand voordat die groen kom en die blomme weer blom. Na my ma se dood het ek hierdie aanhaling uit een van die boekies op haar kombuisboekrak geskeur. Dit was op bloedrooi papier in haar handskrif geskryf. Ek sal seker nooit weet of dit haar eie was, of die gesegde van iemand anders miskien van RSG of uit ‘n boek nie. Ek weet net dat ek dit baie skelmpies myne gemaak het. In my kop het ek gebid dat my sussies my sal vergewe dat ek skelm kon neem uit die bietjie laaste herinneringe van my ma. Iewers in my onderbewussyn het ek net geweet: Hierdie stukkie papier moet ek oral met my saamneem…waar die lewe m...

Verlange na Boesmanlandvlaktes

Gisteraand het ‘n vreeslike ding gebeur. Ons was by bybelstudie en Miriam sit toe ‘n pragtige DVD met natuurtonele op. Natuurtonele met die sielvolle Jesus-musiek daarby. Daar was sterre en berge, die see en ‘n sonsondergang. En toe begin ek huil. Nie van daardie saggies huile wat net trane oor jou wange loop nie. Myne was ‘n droewige huil diep uit my hart. Myne was ‘n huil van verlang. Ek het verlang na die sterre van die Boesmanland. Somersaande was dit die kuierplek. Ons gesin kon ure lank buite om die tuintafel sit en kuier. My pa sou al vroegmiddag ‘n waatlemoen in die klipdam gaan gooi om af te koel. Vir aandete sou daar dan waatlemoen en skons of waatlemoen en muffins wees, en natuurlik ‘n vrolike kuiersessie om die tuintafel onder die sterre. Dieselfde sterre moes my al troos. Na my ma se dood het ek dikwels onder dieselfde hemelruim gesit en gehuil. Ek het gisteraand ook verlang na die Boesmanland se vlaktes. Daar groei die niks mos heuphoogte en dis so mooi. Ek het grootgeraa...