Posts

Huis is waar jou hart is

Ek weet nou waar huis is, want ek het weer sterre gesien, stof geruik en die soet smaak van Afrikaanspraat op my tong gevoel. Ek praat gister met my man oor die foon. Hy klink verlig om te hoor dat ek uitsien daarna om hom weer te sien. Ek klim die vliegtuig Engeland toe, na my man toe. Nie na my huis toe nie. Huis is Suid-Afrka, ondanks misdaad… Ek en my man besluit sommer gisteraand baie finaal dat Engeland net ‘n pitstop sal wees. Ons glo die Here het ‘n wonderlike plan en rede vir di é pitstop. Dalk is dit goed vir ‘n jonggetroude paartjie om in die ver w ê reld te leer aanpas. Dis inelkgeval uitstekend vir kommunikasie. Wanneer ek my vir my man vererg moet ons dit eenvoudig uitpraat. Ons het immers net mekaar! Maar wanneer ons uiteindelik wil huisopsit en met ‘n gesinnetjie begin, moet dit verkieslik in ons hartland wees. Ek het al vergeet hoe goed dit is om naby jou wortels te wees. Vir ‘n volle week lank het ek en my pa stoksielalleen op Makkiesplaas gekuier. Soggens is ek...

Pofadder se langoortjies

Langoor kleuterklub staan skuinsoor Pep Stores in Pofadder se hoofstraat. Dit mag dalk lyk soos ‘n doodgewone huisie as jy vinnig verby ry, maar dis alles behalwe. Langoor kleuterklub het vir my Marietjie-sussie van Pofadderdistrik, ‘n droom geword wat bewaarheid is. Sy kan nou boervrou wees é n kleuterskooljuffrou. Van Maandag tot Donderdag is Marietjie boervrou. Sy bak mosbeskuitbrood, waag haar hand aan naaldwerkies en sorg dat daar elke middag vir manlief Stan, ‘n bord goeie boerekos op die tafel is. Maar Vrydae doen my sussie waarvoor die Here haar in die wieg gel ê het: Sy gaan wees kleuterskooljuffrou vir plaaskindertjies. Hierdie Vrydag was my voorreg om saam met haar skooltoe te gaan. Ons staan swaar op terwyl die koue wolke kwaai en groot oor die Boesmanland hang. Stan laai die skoolgoedjies terwyl dit nog halfdonker en re ë nerig buite is. Net na ‘n melkkoffietjie en van Marietjie se selfgebakte karringmelkbeskuit, vat ons die pad Pofadder toe. Ek gaan laai Marietjie aan...

Eerste vye in Augustus

Gister is dit vir die eerste keer in Engeland se somer regtig warm, heeldag. Ek trek na werk gou ‘n kortbroek en moulose hempie aan vir ver stap. Die son is so skerp dat ek selfs besluit om my sonbril op te sit. Ek moet natuurlik eers na die ding gaan soek. Die lug is gedurig so grou hier dat ‘n sonbril ‘n onnodige item geword het. Ek besluit om die pad te stap na ‘n onbekende bestemming. Ek wou sommer net stap, sonder my selfoon, tot my bene moeg was. My uitstappie neem my toe heel onverwags op in ‘n baie nostalgiese reis. Ek eindig uiteindelik op in Easton-on-the Hill. Di é dorpie herinner my onverwags aan Brandvlei, ‘n piepklein dorpie met net stofstrate in die Noord-Kaap. Ek kan my indink dat ‘n Engelse Brandvlei soos Easton-on-the Hill sou lyk! Ek stap sommer so met die inkomslag in Easton-on-the Hill, verby ‘n bos rose wat na Bloemfontein ruik. Dan gewaar my reuksintuig iets wat kompleet ruik soos die boompies in tannie Lee se Boesmanlandtuin. Ek ruik ook iewers my ouma se bl...

Oppad Boesmanland toe

My tassie staan al die afgelope week langs my bed, feitelik klaar gepak. Ek arriveer Maandagoggend op Kaapstad lughawe en klim die Interkaapbus Maandagaand. Dinsdagoggend voor die eerste haan kraai, sal ek in Pofadder arriveer. Vir elkeen by die huis het ek ‘n spesiale geskenkie uitgesoek. My twee sussies s’n moes egter ekstra spesiaal wees. Ek het ten einde besluit op baie mooi, duursame krale vir elk. Wanneer hulle nou na my verlang kan hulle dit aansit. Marietjie s’n is verskillende kleure blou en baie stemming, net soos sy. Kleinsus Marli s’n is ‘n wille, uitbundige pers wat weer vir my in die kol was vir haar. Dan is daar nog die dogtertjierige slaapsokkies, die handeroom en sjokoladetjies. Die uitbundigheid in my binneste het geen begin of einde nie. Elkeen se geskenkie het ek in lawwe polkadotpapier toegedraai. Behalwe my sussies s’n. Vir Marietjie en Marli het ek sulke sagtepienk feetjiepapier uitgekies. Alle geskenkies is nou in, en die plek vir my klere lyk bra min. Ek kon...

By wie sit jy?

Image
Foto: Bernie Niehaus Ons het elke Woensdagmiddag by tannie Driena gaan kuier. Dit was so 7km en vyf hekke ver. Kuiers by tannie Driena op Ramanskolk was altyd lekker. Tannie Driena was interessant en wys en kreatief agter die kospotte. Tannie Driena het vroeg in haar lewe al geleer dat die dorp ver sit. Soms moet mens reseppies noodgedwonge bietjie aanpas om dit te maak met dit wat jy wel het. Ek onthou die karringmelkbeskuit met die pienk ondertoon nog baie goed. Tannie Driena se melk was te min. Dit het sy egter eers besef toe sy al goed aan die gang was met haar beskuit. Sy besluit toe om sommer van die “Strawberry” Sterrie Stumpy in die die yskas as plaasvervanger te gebruik. Ek onthou ook die tert met snye brood as kors omdat tannie Driena niks anders gehad het nie. Die lysie van interessanthede was eindeloos. O ja, daar was die sop waarin tannie Driena die vorige dag se geelrys met rosyntjies gegooi het. Tannie Driena het nie geduld dat daar met kos gemors word nie! By tannie...

Foto's vertel stories

Image
Sit foto'tjies op FB. Parys in die somer is so nice. Dit bly mos tot laat lig. Ai,jy maak my lus om my foto-albums te gaan uitkrap & deur blaai vir 'n goeie trip af in memory lane.                                                                                                    Elmien de Kock Hanekom Elmien se FB-boodskap laat my nog laat wakkerl ê om te dink. Ons was die afgelope naweek Parys toe net vir die naweek. Ek wou nie gaan nie. Ek wou liewer tuisbly en geld spaar vir die huisie wat ons so ...

Wonderwerk in Afrikaans

Saterdagnamiddag toe dit begin kuiertyd raak, hunker my hart weer kwaai na die Suidpunt van Afrika. Ek het in die Boesmanland grootgeword met die gewoonte dat Saterdagaande uitgesit is vir kuier met die bure om die braaivleisvuur. Dit was nooit moeite om op ‘n Saterdagaand ongeveer tussen 20 en 50km te ry vir kuier by bure nie. Dan was daar gewoonlik nog ‘n heelpaar hekke ook oppad na die kuierplek. Saterdagaande laat my daarom dink aan braaivleisvure wat hoog brand. Dit laat my dink aan die KWV-brandewyn wat my pa-hulle gedrink het en witwyn met baie ys wat vir my ma-hulle geskink is. As dit met ons goed gegaan het, kon ons kinders gaskoeldrank drink. In swaar tye moes ons tevrede wees met Oros. Daar is ook chips uitgegooi in sulke klein mandjies met wit servette. Saterdae was die enigste dag van die week wat ons toegelaat is om chips te eet. Saterdagaande laat my dink aan my ma se mieliepaptert en haar heerlike selfgebakte broodjies. Saterdagaande laat my dink aan ‘n mooi gedekte t...