Huis is waar jou hart is
Ek weet nou waar huis is, want ek het weer sterre gesien, stof geruik en die soet smaak van Afrikaanspraat op my tong gevoel. Ek praat gister met my man oor die foon. Hy klink verlig om te hoor dat ek uitsien daarna om hom weer te sien. Ek klim die vliegtuig Engeland toe, na my man toe. Nie na my huis toe nie. Huis is Suid-Afrka, ondanks misdaad… Ek en my man besluit sommer gisteraand baie finaal dat Engeland net ‘n pitstop sal wees. Ons glo die Here het ‘n wonderlike plan en rede vir di é pitstop. Dalk is dit goed vir ‘n jonggetroude paartjie om in die ver w ê reld te leer aanpas. Dis inelkgeval uitstekend vir kommunikasie. Wanneer ek my vir my man vererg moet ons dit eenvoudig uitpraat. Ons het immers net mekaar! Maar wanneer ons uiteindelik wil huisopsit en met ‘n gesinnetjie begin, moet dit verkieslik in ons hartland wees. Ek het al vergeet hoe goed dit is om naby jou wortels te wees. Vir ‘n volle week lank het ek en my pa stoksielalleen op Makkiesplaas gekuier. Soggens is ek...