Posts

Waar sussies ontmoet

Image
Ons w ê relde verskil soos dag en nag. Ek woon in Engeland en sy op ‘n plaas naby Pofadder. Ek woon in ‘n piepklein regop huisie, een straat van Stamford se “High Street” af sonder ‘n beduidenis van ‘n tuin. My enigste tuin is my lieflike ligpienk Natasha-roos en my vrolike bolle wat my skoonpa vir my in Bernie se mooi handgemaakte houtbak geplant het. Haar huis het ‘n bre ë plaasstoep met gras en sonneblomme en angeliere wat nou uitbundig blom.                                                        Tommie by sy swembad   Sy maak elke dag van haar lewe boerekos. Rys, vleis en aartappels is stapelvoedsel. Saterdagaande eet hulle braaivleis. Wel, hulle eet minimum een maal per week braaivleis. Sy bak boerbrood en ...

Cream Soda in Tygervallei

Image
Wimpy in Peterborough Saterdagm ô re, so knap voor ons terugvlieg na die koningin se eiland, besluit ek en manlief om vir oulaas ‘n swikkie te gaan maak by Wimpy in Tygervallei. Ek vra vir ‘n tafel tussen die mense, in die middel rond. Ek wil mense kyk en vir oulaas Afrikaans h óó r.   Ons het skaars gesit of Lambrecht wys met sy o ë dat hy wil skuif na die eenkant tafel in die hoek. ‘n Man aan die tafel teenaan ons s’n eet half wild aan sy kaashamburger. Ek kan nie lekker besluit of sy etery my man se eetlus gaan demp of hom juis lus maak vir ‘n kaasburger nie.   Ek skud egter my kop beslis. Vanoggend wil ek g’n eenkant sit nie. Ek wil deel wees van ons kleurvolle geroesemoes. Vir oulaas.   Genadiglik neem dit die kaashamburger man nie te lank om sy burger te verorber nie. Intussen het Elvina kom vra wat ons sal eet. Elvina staan die gangetjie tussen die Wimpy-tafels vol, maar sy het ‘n dierbare geaardheid. Dit sal chips en ‘n cream soda wees, besluit my man ma...

Reën in die Boesmanland

Image
Dit re ë n op hierdie oomblik in die Boesmanland. Ek weet, want my Pofaddersussie het laat weet toe die eerste druppels val en die aarde ruik na vars stof.   Inteendeel, sy het al vanoggend laat weet dat die re ë nwind waai en teen middagete het die eerste donderweertjies blykbaar begin opsteek op die regte plek. Ek wou weet van elke nuwe donderweerwolk…   Sien, re ë n in die Boesmanland is baie anders as re ë n op enige ander plek in die w ê reld. Die stilte en afwagting wat Boesmanlandre ë n voorafgaan, grens aan heilig. Die opwinding wanneer die druppels hard op die sinkdak neerplof, is onbeskryflik. Die dankbaarheid daarna, as vuil modderspore op jou stoep kom plekmaak, verstaan net ‘n Boesmanlander.   Ons het grootgeword met die re ë nklokkies op die stoep. As die klokkies klingel, waai die re ë nwind. As die eerste weertjies in Pofadder se rigting begin saampak, is dit goeie nuus. Dan kan jy maar op die uitkyk wees vir miere wat wanhopig kossies na hul gat dra, ...

Oujaar op Pofadder

Waarheen ons sou gaan vir Nuwejaarsvieringe, was nie ‘n ligtelike besluit nie. Ons het al ons opsies opgeweeg. Die voor-en nadele van elkeen eers mooi oorweeg ten einde ons die groot besluit geneem het.   Ons wou 2012 op Pofadder ingaan. Daai mense kan immers partytjie hou!   Die oujaarsdans sou in die Pofadder Boereverenigingssaal wees – slap regs soos jy Pofadder in ry. Ons verneem vooraf dat Riaan van Kakamas af sal kom musiekmaak. Uit ondervinding weet ons dat Riaan sy storie ken. Dis waarom twee van ons drie sussies op Riaan se nommer gedruk het met ons troues. (Marli weet by voorbaat dat dit tradisie is. Sy sal dus nie durf waag om eers ander kwotasies aan te vra as trouklokkies vir haar lui nie!)   Ons trek ons beste klere aan voordat ons in die pad val vir die oujaarsdans op Pofadder. Kleinsus Marli en die appel van haar oog, Andr é , vang ‘n geleentheid saam met ons na Pofadder. Oppad begin bou ons solank bietjie gees. Manlief eet verwoed aan die Fizzers ...

My ma se hemel 50ste

My ma was Sondag 50. Sy het dit in die hemel gevier. Ons drie sussies het besluit om dit ‘n groot naweek hier op aarde te maak. My ma sou dit inelkgeval so verkies. Tannie Tersia en oom André se vriendelike Kakamashuis sou die gepaste plek wees om die naweek deur te bring, het ons eenparig besluit. Saterdagoggend is ons saam met tannie Tersia Yanoock toe vir ‘n koffiekuier – die koffieplekkie in Kakamas waar Mamma die heel graagste gekoffie het saam met haar hartsvriendinne. Na die koffie is ons sussies in ‘n baie vrolike luim Upington toe vir uiteet en fliek. Die besluit was maklik, ons sou by Spur gaan eet – definitief nie oor hul besonderse kos nie. Ons het op Spur besluit omdat dit die een plek is waar ons een maal per jaar “getreat” is vir uiteet baie jare gelede. Daai één jaarlikse uiteet was groot! Weke vooruit sou ons al uitsien daarna. Uiteet was raar soos gaskoeldrank en fetakaas. Die dat ek seker vandag nog respek het vir dié goed. “Platteland” na die uiteet,   was ‘...

Dankbaar vir drome

Sodra al my lyste en tabelle eers in orde is, staan my kop pakstoor toe. Dis immers ‘n plek van baie stories. Ek gaan staan gewoonlik sommer so by die vroutjies wat uitknip en dan help ek hulle knip. En ek vra hulle uit tot by oom Daanjie in die kalwerhok. Hulle gesels normaalweg graag. Hulle is nie soos baie van ons wat te versigtig is om ‘n stukkies van ons menswees te deel nie. Ivy is ‘n klein, fyn sewentienjarige Tswana-vroutjie met een goue tand links voor. Anderdag gaan staan ek by haar en help haar druiwe uitknip. Die gesels kom sommer so vanself. “Ek het ‘n kind,” vertel sy trots. “Die mense, hulle sê my kind is baie mooi.” Ek is aanvanklik eers verstom dat Ivy wat nog self soveel kind is, reeds spog met ‘n baba. Sy vertel dat die baba onbepland was. Sy dink haar inspuiting het nie gewerk nie of iets. Die pa is nog self ook net kind. En sy wil beslis nie nog ‘n kind hê nie. Blykbaar is geboortegee nie kinderspeletjies nie. Sy moes skool los omdat sy swanger was. Sy werk nie ...

Pofadder se langoortjies hou konsert

Die groot aand was ‘n Donderdagaand in Pofadder se kerksaal, stiptelik om 18:00. My Marietjie-sussie hou elke Vrydagoggend kleuterskool vir Pofadder se kindertjies. Vanaand was hul einde-van-die jaar konsert. Ek het baie impulsief besluit om na werk gou in die pad te val Pofadder toe vir diè groot geleentheid. Ek kon met die afklimslag sien dat my sussie ‘n senuweewrak was. Die kleedrepetisie vroeër die dag was blykbaar ‘n volslae mislukking. Marietjie het nie goeie moed gehad vir die konsert nie. Die ouers was natuurlik vol verwagting vir ‘n lekker “show.” Almal was gereed met videokameras en kameras. Die aand het goed afgeskop. Niemand was waar hul moes wees nie. Twee engeltjies, Veronique en Gerrie, het mekaar op die verhoog “gevind” en het vrede gehad met die res van die konsert. Die twee 2-jarige skapies, Stephan en Pieter, het heeltemal vergeet wat hul veronderstel was om te doen. Dis nou na hulle, hul hande op die oulike blikbekertjie gelê het. Pieter was blykbaar buitendien ...