Posts

Padkos en bottelkoffie

Image
Vir my man se 30ste verjaarsdag pak ons piekniekmandjie en kies koers kus toe. Engelandse kus. Ek staan vroegoggend al op om ons blou “coolbag” en koffiebottel gereed te kry vir die uitstappie.   Na manlief se oggendkoffie en stukkie beskuit is ons gereed vir in die pad val. Ons is albei kinderlik opgewonde. Volgens ons nuwe Tom Tom, Carike, sal dit ons net 90min duur om ons bestemming te bereik.   Ons besluit egter dat ons steeds halfpad ‘n koffiestop sal maak – mens moet tog halfpad seetoe stop vir koffie, ongeag hoe naby halfpad is. Ons halfpad stop is by ‘n vulstasie, voor ‘n onderklere winkel. Manlief sit vir Nico Nel op vir bietjie vermaak terwyl ons behaaglik teug aan ons suikersoet padkoffies.   Dan val ons in die pad vir die laaste stukkie seetoe – terwyl Nico vertel van die vis wat moes leer oorleef in die Namakwaland. Die vis was later so goed aangepas dat hy saam met die honde op die werf gespeel het en saans saam met die skaaphond biltong voor die stoof...

Tuisgemaak bly koning

Image
My man wou my nog nooit regtig daarbinne toelaat nie. Ons dorp het nie ‘n Iceland nie, maar waar my skoonma-hulle woon, is daar wel een. Elke keer wat ons daar verbyloop vra ek temerig, “Ag kan ons nie net een ou keertjie instap nie.” Ek kry elke keer daai, ons-het-al hieroor gepraat kyk. Iceland is verbode vrugte. Hulle kos is ongesond. Die rye en rye vrieskaste vol gevriesde goedkoop wonders is verbode vrugte, laat Lambrect my mooi verstaan.   Anderdag leen Lambrecht my sy motor terwyl hy ‘n kurses doen. Ek verken New Market ‘n hele dag lank op my eie en is heeltemal uit my nate toe ek ‘n Iceland lewensgroot op die een straatsoek sien staan.   Uiteindelik. Ek vergeet skoon dat dit onbedagsaam en disrespekvol is om teen jou man se wense te gaan. Toe ek my weer kry staan ek in Iceland. Ek vergaap my aan die rye en rye gevriesde kos teen weggeepryse. Ek stap sommer drie keer die rye op en af, net om alles ordentlik in te neem. Voor ek mooi weet wat ek doen, staan ek met my...

My wonderwerk vandag

Image
Ons sit gisteraand om Eska-hulle se groot etenstafel, ‘n handjievol Strandfontein spoelklippies wat ek met ons vakansie opgetel het, en ‘n paar kersliggies in die middel van die tafel. Almal is op moedverloor-se-vlakte.   Dis ons bybelstudie-aand, en hoewel net die helfte van die groepie dit kon bywoon, was Eska vasbeslote: Bybelstudie moes voortgaan. Ons het mekaar nodig. Dit was my kosmaakbeurt en ek het ‘n “sweet potatoe &parsnip soup” met ‘n gedagte spek daarby gemaak. Saam met suikersoet kaneelpannekoek.   Min son maak mens moedeloos en teneergedruk en vet, val Marcel weg. Ons almal beaam dit. ‘n Mens is net nie lus om gaaf en vriendelik te wees as als om jou donker en onvriendelik is nie. Jy’s nie lus vir geselsies aanknoop met die nors vroutjie agter die “till” nie. Jy’s nie lus vir mense oornooi en ‘n lekker mens wees nie.   Jy’s net nie lus nie.   Colin vertel hoe die een eiedomsagent hom vertel het dat Januarie en Februarie die heel beste tyd is o...

Tee en swaarkry

Ek staan anderdagm ô re heel onvergenoegd op oor die koue weer wat nie wil wyk nie. Die koue laat my Afrikaanse tong boonop net n ó g meer Afrikaans klink.   Bruin voorskootjie om die middel begin my dag dus nie te waffers nie. Teen teetyd kom ‘n interessante groepie van drie Frothy’s binne. Die vrou se hare hang onversorgde slierte in haar o ë en die rooi truitjie by haar swart sweetpakbroek, is ook al baie seisoene deur. Die twee manne saam met haar het ook albei sweetpakbroeke aan. Dis nie sweetpakbroeke met naamtekkies vir ‘n sportiewe voorkoms nie.   Dis sweetpakbroeke met kerkskoene.   Die groepie is egter die ene vriendelikheid. Dit wil voorkom asof hulle jare laas by ‘n koffieplekkie was. Hulle wil-wil amper uitbundig lyk oor hierdie teedrink geleentheid. Die een mannetjie is plomp en die ander een is lank en maer. Die plomp enetjie kom bestel by die toonbank. “I’ve got money today,” kondig hy amper trots aan voor hy bestel.   Hulle sal ‘n pot tee vir twe...

My eerste sneeu in Engeland

Image
Ek het nooit geweet ek sal enige iets beleef wat na aan re ë n in die Boesmanland   kom nie. Ek het nou. Gisteraand om 17h00 het die aarde stilgeraak – soos voor die eerste druppels op die sinkdak van ons Makkiesplaashuis. Alles was doodstil. Jy kon die gevoel van afwagting aanvoel…   En toe begin val die eerste spierwit sneeuvlokkies uit die hemel. Die mooi wil jou byna-byna hartseer maak. Dit waai geluidloos soos wit duifveertjies af grond toe. Die koue wat natuurlik hiermee gepaardgaan is ‘n anderster koud as ‘n wintersoggend op Makkieplaas as die ryp spierwit op die gras l ê en die waterkrippe is vasgevries. Dis ook anderster koud as ‘n winters   Maandagoggend in jou skoolklere in Kakamas se ho ë rskoolbanke. Destyds het ek gedink kouse in die winter by jou skoolrompie   is die koudste iets wat met jou kan gebeur. Nou weet ek beter .   Ons was gisteraand in ons mooiste, warmsste partytjieklere oppad na Bernie en Lambrecht se 30ste verjaasrdagpartytjie, ...

Waar sussies ontmoet

Image
Ons w ê relde verskil soos dag en nag. Ek woon in Engeland en sy op ‘n plaas naby Pofadder. Ek woon in ‘n piepklein regop huisie, een straat van Stamford se “High Street” af sonder ‘n beduidenis van ‘n tuin. My enigste tuin is my lieflike ligpienk Natasha-roos en my vrolike bolle wat my skoonpa vir my in Bernie se mooi handgemaakte houtbak geplant het. Haar huis het ‘n bre ë plaasstoep met gras en sonneblomme en angeliere wat nou uitbundig blom.                                                        Tommie by sy swembad   Sy maak elke dag van haar lewe boerekos. Rys, vleis en aartappels is stapelvoedsel. Saterdagaande eet hulle braaivleis. Wel, hulle eet minimum een maal per week braaivleis. Sy bak boerbrood en ...

Cream Soda in Tygervallei

Image
Wimpy in Peterborough Saterdagm ô re, so knap voor ons terugvlieg na die koningin se eiland, besluit ek en manlief om vir oulaas ‘n swikkie te gaan maak by Wimpy in Tygervallei. Ek vra vir ‘n tafel tussen die mense, in die middel rond. Ek wil mense kyk en vir oulaas Afrikaans h óó r.   Ons het skaars gesit of Lambrecht wys met sy o ë dat hy wil skuif na die eenkant tafel in die hoek. ‘n Man aan die tafel teenaan ons s’n eet half wild aan sy kaashamburger. Ek kan nie lekker besluit of sy etery my man se eetlus gaan demp of hom juis lus maak vir ‘n kaasburger nie.   Ek skud egter my kop beslis. Vanoggend wil ek g’n eenkant sit nie. Ek wil deel wees van ons kleurvolle geroesemoes. Vir oulaas.   Genadiglik neem dit die kaashamburger man nie te lank om sy burger te verorber nie. Intussen het Elvina kom vra wat ons sal eet. Elvina staan die gangetjie tussen die Wimpy-tafels vol, maar sy het ‘n dierbare geaardheid. Dit sal chips en ‘n cream soda wees, besluit my man ma...