Posts

Die stem in jou kop

Image
Ek haat dit om groot besluite te neem. Ek praat nou van besluite wat ‘n inpak op nou en die volgende jaar of wat kan maak. Ek redeneer die saak na alle kante. Ek vra raad. Ek stap ver ente en bespreek die saak ernstig met die Here. Ek maak ‘n lys van voor-en nadele.   En dan weet ek steeds nie.   Ek bid nou al vir ‘n geruime tyd vir ‘n werk in Suid-Afrika. Ek bid vir die Here dat ek asseblieftog al op 1 Junie wil begin en ek vertel hom selfs die salaris waarop ek hoop. Dit moet nie sommer net enige werk wees nie. Dit moet tog net asseblief betekenisvol wees.   Gister se ë n die Here my nie net met een nie, maar met drie wonderlike geleenthede op my tafel. Ek moet egter vinnig ‘n besluit neem. Ek stuur ‘n dringende epos na Lyndi, Wilma en my skoonmense. Ek bel my man vir ‘n dringende gesprek en ek stuur ‘n lang sms na my Pofaddersussie. Almal gee dadelik raad. Goeie raad.   Ek kan nie help om die Here te prys vir die wonderlike ondersteuningsnetwerk wat ...

Die mooi in alles

Image
Everything has beauty, not everyone sees it.                                                                    -Confusius-   My eerste Sondag in Kingsgate kerk Peterborough is een van daai dae wat ek nooit sal vergeet nie. Als om my was vreemd. Pasgetroud in ‘n vreemde land, vreemde taal, werkloos, blouver van my pa en sussies. Soos Job, taamlik op die ashoop.   Ons het by die kerk ingestap en ‘n kleinerige, vriendelike tannie het ons by die deur gegroet. Caroline sou ons later leer.   My trane het sommer so vanself gekom terwyl ek verduidelik dat ek nuut uit Suid-Afrka arriveer het. Ons het na die tyd saam met haar tee gedrink en in ‘n...

Teken jy of bereken jy?

Life is painting a picture, not doing a sum. -        Oliver Wendell Holmes Jr- Gisteraand gooi ons alle laastes uit ons vrieskas op die rooster. Dit strek nou van varkworsies tot hoenderboudjies. Van die laaste verdwaalde volgraan pitabroodjies het ek sommer braaibroodjies gemaak met kaas en uie. Ek maak ‘n uitbundige slaai met baie olywe, fetakaas en sondroog tamaties – net om als op te gebruik.   Ons moes gisteraand braai, want ons het nog ‘n halfsak “charcoal” oorgehad van ons vorige braaitjie. Ek sou dit weggooi of weggee. My man was beslis. Daar’s baie goed wat mens kan weggee…”charcoal” is nie een van daai goed nie. Dis vir eie gebruik.   Die aand is bo verwagting pragtig. Die re ë n het vir ‘n oomblik gelig. Dis ‘n wonderwerk. Orals oor die nuus hoor ons immers dat hierdie Aprilmaand die natste in ‘n dekade was. Ek het ons gunsteling peerbier gekoop vir ons afskeidsbraaitjie.   En so word ons onverwagse braaitjie ‘...

Jaag jou passie na!

Image
William Grant was born in Dufftown in 1839. The young Grant worked at Mortlach Distillery and dreamed of one day running his own distillery. He worked hard and saved and in 1886 Grant and his 9 children laid the first stone of the Glenfiddich Distillery. It was Christmas Day 1887 when the first spirit ran from the stills                 William was verseker ‘n man met ‘n passie vir sy whisky. Vandag is Glenfiddich die gewildste whisky ter w ê reld. Steven en Dianne het ho ë poste beklee in Londen, maar die gejaag het te veel geword. Vandag besit hulle ‘n gastehuis in Tomintoul se hoofstraat. Tomintoul is nie baie groter as Pofadder nie. Hulle het egter ‘n passie vir wat hulle doen. Dit kan jy sommer sien met die intrapslag in hul gastehuis. Argyle Guest House word deur hulle bestuur met ‘n huppel in hul stap.                  ...

Skotland is Boesmanlandmooi

Image
Ek s ê dit nie maklik nie. Niks kom ooit naby die Boesmanland se mooi nie. Dis ‘n anderster mooi. Dis ‘n mooi wat wil verstaan word. Skotland is Boesmanlandmooi.   Dis die eerste keer in my lewe dat ek iets sien wat Boesmanlandse betowering inhou.     Etlike myle uit Endinburgh sms ek my pa: “Pappa, hier’s ‘n plek wat vat-vat aan Boesmanlandmooi.”   Skotland is heuwels en heuwels groen, so ver as jou oog kan sien. Lappies sneeu l ê plek-plek. Orals wei skape rustig in die veld. Dalk is dit juis die skape wat my so tuis laat voel het. Plaasopstalle met eenvoudige huise is volop. Ry jy daar verby, ruik jy die koeimis van die beeskraal net langs die huis. Di è reuk is gemeng met die kaggelrokie wat by die huis se skoorsteen uitsweef. As ek my o ë toemaak kon ek Makkiesplaas op ‘n wintersoggend ruik – as my ma se houtstoof brand vir koekies bak en sop kook. En dan is daar die oorbekende wasgoeddraad wat op elke werf vol wasgoed is.   Ek was ni...

Dis die lewe

Image
Ons gaan gooi sowat ’n week gelede ’n draai in die Cotsworlds. Net vir een nag. Ons moet gaan groet voordat ons teruggaan Suid-Afrika toe. Broadway is immers waar ons storie saam begin. Dit was voor die “Broadway Castle” waar my man op sy knie ë gegaan het om die groot vraag te vrae.   Ons sien kinderlik uit na ons Broadway uitstappie. Ons slaap Sondagaand in die   Lygon Arms hotel, ons gaan eet aandete by dieselfde “pub” waar ons byna twee jaar gelede ook aandete ge ë et het. Ons drink baie glase rooiwyn en ’n soet, maar behaaglike Tia Maria na aandete. Dan stap ons in ligte re ë ntjies terug na ons hotel.   En die lewe is soet. Koeksistersoet.   Net voor ons wegraak in droomland besluit ons om net na ontbyt die volgende oggend die heuwelpaadjie aan te vat – op na ons kasteel toe. Ons sal sommer net gaan sit voor ons kasteel en die prentjiemooi uitsig bewonder. Dis so mooi van daar bo af. Ek het juis my hart op Engeland verloor daar voor die “Broadway Castle”. V...

My laaste dag

Image
Ek maak vandag ‘n hoofstuk klaar. Vanoggend was die laaste keer dat ek my swart langbroek en wit hempie aangetrek het. Oor ‘n uur sal ek vir die laaste keer ‘n bruin voorskoot om my middel bind vir koffie bedien in Frothy’s.   Voel ek uitbundig en verheug oor ek my kortstondige “waitress”-loopbaan totsiens wuif?   Hoegenaamd nie. My hart voel vanoggend broos. Frothy’s het meer as net ‘n koffieplek vir my geraak. Ek het liefgeraak vir Sue, die kok in die kombuis. Abbie en Naomi wat saam met my bedien, het goeie vriende geraak. Die reuk van koffie en die klank van die koffiemasjien, met “Rutland Radio” wat op die agtergrond speel, het my veilige werksomgewing geword.   Ek het geleer dat mens jou “customers” in ‘n koffieplek onthou aan die drankies wat hulle drink. Daar’s die “full fat” Café Latte dames wat langsaan werk. Daar’s die blondekop wat soggens op ho ë hake ingetrippel kom vir haar “green tea”. Dan is daar Margaret en Sue en Joy en Allen en Polly en Steven en A...