Posts

Teruggaan op jou spoor

Image
Ons was vier jaar gelede ook hier. Toe was ons lewensmoeg en broos. My pa wou nie eens die see sien of hoor nie. Hy kon homself genadiglik kry om soggens op te staan en iets te eet. Dan het hy vir die res van die dag by oom Jan op hul heerlike koffieplek, Die Droograk, se stoep gekuier. Oom Jan moes baie luister. Af-en-toe het my pa hom praatkans gegee.   Woensdag het ek vir oom Jan se vrou, tannie Ida ‘n boodskap gestuur. Ek en my man moes seetoe. Ons moes wegkom van al Paarl se mooi en goed. Ons siele het see nodig gehad. Ons moes seelug in ons longe kry, weskus wind in ons hare en met ons tone in die seesand boor. Tannie Ida is altyd vinnig. Binne minute was sy terug met Liz se nommer. 14 On Beach is so na as wat jy in Yzerfontein aan die see kan kan.   Saterdagm ô re vroeg-vroeg l ê ek al wakker. Ek kan hoor die see klink ontstuimig. Elke nou en dan waai re ë ndruppels teen die ruit vas. Ek staan later op vir koffie en beskuit en gesels met Jesus. Knap voor sewe...

"Take away"-kuier in die Paarl

My Marietjie-sussie uit Pofadder se vlaktes kom kuier verlede week vir drie nagte hier by ons. Sy het saam met ons teruggekom Paarl toe na die langnaweek. Woensdag sou sy weer saam met Jaco en Sarien, hul plaasbure, huiswaarts keer.   Ek’s natuurlik giggelrig oor hierdie spesiale tyd saam met my een sussie. Sy moet ongelukkig nog vir oulaas op ‘n matras slaap in die kamer met net een gordyn. Ons mooigoed uit Engeland behoort darem binne die volgende week met die skip te arriveer. Ek belowe Marietjie dus plegtig dat sy met haar volgende kuier op ‘n ordentlike bed sal kan slaap.   Oppad Sondag wil ek weet vir watter Kaapse kos is sy lus. Tipies aan my oudste gene wil ek solank spyskaart beplan. Sy’s lus vir snoek en “take aways.” Ek moet net asseblief nie kookkos maak nie. Sy eet dit elke dag by haar eie huis, verseker sy my.   By ons Paarl-huisie aangekom, kom Marietjie kombuis toe met ‘n sakkie bederfies uit die Boesmanland. “Hierdie is sommer ‘n paar van Ste...

Jou voordeur

“Wat’s agter jul voordeur?”   Hy sit die vraag so onverwags op die houttafel tussen ons nege vrouens. Dis my eerste oggendbybelstudie saam met hierdie vrouens. Die groepie is baie uiteenlopend. Sewe van ons is Afrikaans en versigtig. Ons kleredrag is konserwatief. Die ander twee is Engels en meer uitgesproke. Die vraag laat almal egter ietwat ongemaklik rondskuif. Dis maklik om te skuil agter mooi klere en in blink motors. Wat agter ons voordeure aangaan is mos persoonlik.   Die Engelse donkerkop met ‘n gryserige jas en swart “boots” aan, waag dit eerste. “We are not fun anymore. Everything is about performance. You need to perform to be accepted. I’m   fighting against this lie society is telling us.” Almal knip kop. Ons “fight” almal saam, sien ek. Jy moet reg loop, op die regte plekke koop, na die regte kerk gaan, met die regte motor ry en in die regte adres bly. Dis ‘n felle oorlog om te stry.   Ek dink skielik aan ons eie   voordeur. Agter daai d...

Mimosa Mall se Wimykoffie

Wimpykoffie was iets wat ons altyd as student kon bekostig. Ons moes mooi werk met die swaarverdiende sakgeld wat my pa elke maand in ons Standardbank studenterekenings inbetaal het. Ek en Marietjie weet hoe werk droogte op ‘n Boesmanland plaas as die niks kniehoog groei. Daarom het ons nog altyd die grootste respek gehad vir my pa se geld.   Elke Vrydag na klas het ons vir ‘n namiddaguitstappie Mimosa Mall toe gestap. Toe was dit oraait om nie ‘n kar te h ê nie. Net baie rykmense se kinders het karre gehad. Die res van ons moes maar stap. Ons ouers het darem gesorg dat ons ‘n “pepperspray” het vir alle kilometers   wat te voet afgel ê moes word! Ons sou eers by Pick-n-Pay aandoen vir die volgende week se inkopies voordat dit tyd raak vir Wimpy. My en Marietjie se lysies was altyd baie eenvoudig. My ma het immers na elke vakansie ‘n hele voorraad bakkies met gaar kos ingepak – dis nou van bobotie tot gevriesde braaivleis en boerbrood. Dis nou buiten die ingelegde ko...

Dis 'n land

“Dis ‘n land van kleure en klank,   dis ‘n land van oorvloed en dank, dis ‘n land wat almal na strewe, dis ‘n land sonder horison en, dis ‘n land wat weet hy kan, ook ‘n blyplek neerl ê vir my.                                                                    - Carike Keuzenkamp (Dis ‘n land)- Gister staan ek in ‘n lang ry in Pick-n-Pay.   Die oom heel voor in die ry kan so my oupa se ouderdom wees. Hy dra nog lang rugbykouse soos my pa. Toe dit betaaltyd raak ruk hy sy tjekboek uit. Almal in die ry trippel ongeduldig rond. Die oom gebruik egter sy tyd om die tjek netjies uit te skryf.   Ek staan verstom. Ek het nie eens ...

Pofadder mag maar skou hou

Donderdagnag ry ons Pofadder in, om middernag. Vir Pofadderskou.   My Marietjie-sussie staan aan stuur van Pofadderskou se koffie k ê ffie. Haar ousus en kleinsus het besluit om kragte saam te span en ondersteuning te bied. Marli het heelweek gehelp met die k ê ffie voorbereidings – van spyskaarte skryf tot windpomp vlerke verf vir swartbord spyskaartborde.   Vrydagm ô re gesels ons nog wasem uit toe ons voor Pofadder se boereverenigingsaal wag dat oom Ghirrie moet kom oopsluit. Soos die vrouens arriveer kom laai elkeen eers ‘n koek of tert vir die k ê ffie af. Marietjie en haar twee oorywerige sussies (Ek was die een) en Anel spring dus toe Vrydagm ô re weg by die koffie k ê ffie. Marietjie se spyskaartjie is tog te interessant…van moerkoffie tot ‘n Mocha. Van maaskaastert tot jaffels. Noem dit en ons het dit.   Van laat slaap is daar sommer al Vrydagm ô re nie kans vir my man nie. Sy swaer help immers septer swaai by die opgeslaande kroeg in die tent langs di...

Die Rooisee breek oop

Ek het ook Dinsdag die Rooisee sien oopbreek. Net soos Moses het met ‘n nasie Israeliete agter hom. Dis ‘n nederige, verstommende ervaring. My man s ê ek mag nie meer ongelooflik gebruik nie. Niks is ongelooflik nie. Dis gelooflik of verstommend…   Almal waarsku my vooraf dat ‘n wintervakansie in ‘n koffieplek in die Paarl ‘n sieldodende ervaring kan wees. Ek moenie te h oë verwagtinge koester vir die volgende paar weke nie. My keel trek toe, want daar’s sekere verpligtinge wat moet nagekom word.   Ons doen Maandag gemiddeld en ek bid Maandagaand en Dinsdagmôre smekend vir ‘n wonderwerk vir die res van die week. Ek skat net dat ‘n Hemelse Vader wat manna en kwartels uit die lug kan stuur, blindes kan laat sien en die dood kan oorwin, ook ‘n koffieplek kan volpak.   Dinsdagoggend begin sieldodend stil. Ek stap gou winkel toe om wegneem koppies te koop. En ‘n halfuur later stap ek by ‘n stampvol koffieplek in. Vrolike stemme maak elke gaatjie vol. Die kaggel kne...