Posts

Boerbeskuit en kondensmelkkoffie

Ons arriveer skuins na middernag in Kakamas. Sommer met die afklimslag waarsku ek: Ons soek nie koffie of tee of koeldrank nie. Ons soek ‘n bed, want ons is gedaan. Ek het mooi wakkergebly – al die pad van die Paarl af tot by Garies. Toe kan ek nie meer nie. Ek moet bieg – ek het geëet om wakker te bly. As my kieste nie kou nie, trek my oë na mekaar toe! By Garies was ek eenvoudig moeg geëet én moeg wakkergebly. Kort anderkant Marchand maak my man my wakker uit ‘n diep en gelukkige slaap. “My engel, ons is nou amper in Kakamas.” Hy gee my normaalweg kans om die ergste slaap uit my oë te kry en net ordentlik te ontwaak. Ek sms my pa dat hy maar solank die elektrise hek kan begin oopmaak. Ons wag vir ‘n wyle voor ‘n toe hek in ‘n slapende dorp, voordat ek my Marietjie-sussie bel. Die hek skuif dadelik oop. Sy ontmoet ons by die voordeur in haar kort, wit somersjaponnetjie. Ons twee sussies en my ma het dit een jaar saam by Mr.Price gekoop. Dit het nog sulke koddige wit pantoffeltj...

Ons eerste enetjie

Dit was ‘n Vrydagaand. My maag voel toe al vir so twee weke vreemd. Vriendin Emsie sms: “Jy moet ‘n swangerskaptoetsie gaan koop.” Ek sms vinnig terug, “Emsie dis regtig byna onmoontlik.” Lambrecht besluit dat hy die toetsie sal gaan koop. Niks is mos ooit onmoontlik nie.   Hy daag met twee “twin packs” by die huis op. “Clicks het ‘n ‘special’ op ‘twin pack’ swangerskaptoetsies,” verduidelik hy verskonend. Ek besluit om eers ‘n lekker glas van Mareli se La Motte witwyn te drink voor ek die toetsie doen, want netnou is ek perongeluk swanger en dan moet ek wyn aflê. Lambrecht slaan ons eerste braaitjie buite op terwyl ek die toetsie gaan doen. Ek dink ek het laas so die bewerasies gehad toe die polisie ons agtervolg het met ‘n uitslipsessie uit die koshuis, in matriek. Lambrecht besluit om die res van die bottle La Motte self die bodem te laat sien. Van Heerden, sy broer, begin sms gelukwensings. Hy begin maak ook dadelik somme om te bepaal wanneer ons datum behoort te wees. ...

Ons derde matriekafskeid

Nege jaar gelede was dit my matriekafskeid. Tannie Lee, my ma se baie knap buurvrou, het my rok gemaak. Die materiaal het hulle tweetjies sommer self vir my uitgekies. Blykbaar kon ek niks anders as bottelgroen waag dra nie. Die materiaal is terloops teen ‘n ongelooflike winskoop bekom. Die laaste afronding was die fyn kraletjies op my bostuk. My ma en tannie Lee’tjie het daardie krale so met die bottel Amarula liquor tussen hulle aangevat . In ons Makkiesplaas kombuis met RSG op die agtergrond. Abrie Pieterse was my “date”. Hy het my nog in die Skeinatklas gevra, waar almal kon hoor. Dit was tot groot vermaak van die hele klas. Dit was die eerste matriekafskeid in ons gesin. Ek’s bederf met uiteet en koffie in Kakamas se enigste koffiewinkel op daardie stadium, die middag van die matriekafskeid. En daai tyd het die Nelle nooit uitgeёet nie. Net as Marli verjaar het, omdat sy ‘n Spurkaart gehad het en met haar verjaarsdag ‘n “free kiddiesmeal” kon kry. Ons woonplekkie op daardie...

Vir my pa

Sy   kan po ë sie maak van die eenvoudigste oomblik . (Kommentaar op Katinka Heyns se werk in die nuwe fliek “Wonderwerker.”)   Ek gaan stap na werk ‘n draaitjie. Sommer net in ‘n poging om kleur te kry op my lyf wat nou twee winters na mekaar deur is, eers ‘n Engelse een, en daarna ‘n Suid-Afrikaanse een. My laaste stukkie stap is verby ‘n dubbelverdieping hoekhuis met ivy wat so al teen die een muur oprank. Die huis se voorkant kyk uit op die 19de putjie van Boschenmeer Golf Estate se gholfbaan. Op die stoep sit ‘n oom op ‘n strandstoel. Hy kyk ver uit oor die gholflandgoed terwyl hy rustig teug aan ‘n glasie witwyn. Yskoud. Druppeltjies water slaan uit op die buitekant van die glas.   Ek groet beleef. Dan wonder ek: Is daai oom se lewe volmaak. Voel hy asof hy arriveer het.   Ek begin dink aan my pa. My tevrede Pa in die Boesmanland. Ek het hom nog nooit op ‘n strandstoel sien sitl ê nie. Buitendien sal hy nie in daardie posisie kan sit nie. Sy rug...

Die wonder van lewe

In this world we're just beginning To understand the miracle of living Baby I was afraid before I'm not afraid, any more Oh, baby do you know what that's worth? Oh, Heaven is a place on Earth They say in Heaven, love comes first We'll make Heaven a place on Earth Oh, Heaven is a place on Earth   (Belinda Carlisle, Heaven is a place on earth)   Die liedjie speel gisteraand toevallig op RSG terwyl ek my ma se noedelslaai resep aan die een kant inl ê , en aan die ander kant vir ‘n slag regte muffins bak. (Ek doen deesdae net die pakkie-ding.)   Vanoggend gaan laai ek vir Jesse by Build It se voorstoep op. Sy kom werk so wanneer sy lus voel en geld nodig het. Sy’s laat soos gewoonlik. Met die inklimslag weet ek’t Jessie het gisteraand partytjie gehou. “Ja Sun é , ek en my tjommies het gisseraand ‘n biertjie en soe gedrink. Jammer Sun é .” Ek skud net my kop. Ek’s baie erg oor Jessie. Hoekom, weet ek ook nie aldag nie.   Ons laai vir Jessie by d...

Teruggaan op jou spoor

Image
Ons was vier jaar gelede ook hier. Toe was ons lewensmoeg en broos. My pa wou nie eens die see sien of hoor nie. Hy kon homself genadiglik kry om soggens op te staan en iets te eet. Dan het hy vir die res van die dag by oom Jan op hul heerlike koffieplek, Die Droograk, se stoep gekuier. Oom Jan moes baie luister. Af-en-toe het my pa hom praatkans gegee.   Woensdag het ek vir oom Jan se vrou, tannie Ida ‘n boodskap gestuur. Ek en my man moes seetoe. Ons moes wegkom van al Paarl se mooi en goed. Ons siele het see nodig gehad. Ons moes seelug in ons longe kry, weskus wind in ons hare en met ons tone in die seesand boor. Tannie Ida is altyd vinnig. Binne minute was sy terug met Liz se nommer. 14 On Beach is so na as wat jy in Yzerfontein aan die see kan kan.   Saterdagm ô re vroeg-vroeg l ê ek al wakker. Ek kan hoor die see klink ontstuimig. Elke nou en dan waai re ë ndruppels teen die ruit vas. Ek staan later op vir koffie en beskuit en gesels met Jesus. Knap voor sewe...

"Take away"-kuier in die Paarl

My Marietjie-sussie uit Pofadder se vlaktes kom kuier verlede week vir drie nagte hier by ons. Sy het saam met ons teruggekom Paarl toe na die langnaweek. Woensdag sou sy weer saam met Jaco en Sarien, hul plaasbure, huiswaarts keer.   Ek’s natuurlik giggelrig oor hierdie spesiale tyd saam met my een sussie. Sy moet ongelukkig nog vir oulaas op ‘n matras slaap in die kamer met net een gordyn. Ons mooigoed uit Engeland behoort darem binne die volgende week met die skip te arriveer. Ek belowe Marietjie dus plegtig dat sy met haar volgende kuier op ‘n ordentlike bed sal kan slaap.   Oppad Sondag wil ek weet vir watter Kaapse kos is sy lus. Tipies aan my oudste gene wil ek solank spyskaart beplan. Sy’s lus vir snoek en “take aways.” Ek moet net asseblief nie kookkos maak nie. Sy eet dit elke dag by haar eie huis, verseker sy my.   By ons Paarl-huisie aangekom, kom Marietjie kombuis toe met ‘n sakkie bederfies uit die Boesmanland. “Hierdie is sommer ‘n paar van Ste...