Posts

Vyetyd op Makkiesplaas

Vyetyd het ons die grondpaadjie tuintjie toe puf gestap - ek het die voorvye eerste gewaar, want ek stap die graagste. Die tuintjie is so ongeveer 'n kilometer van ons huis af. Dan sou my pa een namiddag aankondig: "Ons kan vanmiddag gaan vye pluk. Griet, is jy reg vir konfyt kook? Het jy genoeg suiker." (My pa het my ma nooit op haar doopnaam genoem nie. Sy was altyd Griet vir my pa.) My ma was 'n vrou van beplan en voorberei. Daar was altyd genoeg van alles in ons piepklein, oorvol spens. Van suiker, tot blikke vol beskuit en tuisgebakte kleinkoekies, tot ekstra Doom en blikkieskos. Net vir ingeval. Die suiker was dus nooit 'n probleem nie! Dan is ons hele gesinnetjie op my pa se ou blou Toyota bakkie tuintjie toe. (Daai bakkie dateer uit die vroeë tagtigs, en my pa glo steeds dis die beste bakkie wat nog ooit gemaak is. Sy leeftyd is verewig.) Ons meisiekinders moes agterop staan. Ons het altyd van daardie blou Vodacom en geel MTN kêppies gedra wat normaalw...

Hoog vlieg

Image
Nie alle vo ë ls kan vlieg nie en die verskil tussen die twee is dat vo ë ls wat vlieg, geleer het om op te styg .   –Carl Sagan-   My man neem my vanmiddag na die pragtige Zorgvliet, halfpad tussen Stellenbosch en die Paarl. Ons gaan piekniek hou vir my 28ste verjaarsdag. Net ons twee. Ons sal my verjaarsdag Woensdag op die regte dag saam met vriende vier. Maar vir nou, is dit net eers ons twee.       Ons pak ons piekniekkombersie wat nog uit ons Engeland-lewe kom, ook in. Lambrecht gaan pik ons mandjie op terwyl ek solank die beste skadukolletjie, eenkant en privaat uitsoek. Ek ontdek die perfekte plekkie. Dis so half asof Jesus die kol vir ons uitgeboek het vir die middag. Dit is effe op ‘n hoogte en kyk uit oor al die ander piekniekgangers. Ek skop sommer dadelik my skoene uit en speel bietjie met my tone in die gras. My Lyndi-vriendin het altyd so graag kaalvoet op die gras gestap toe ons nog studente in Bloemfontein was – “want die gras kie...

Vier jaar

Lambrecht kry my vanoggend op my lapbank, bene opgetrek. Ek luister na baie diep musiek. En my trane loop oor. Dit loop en loop sommer net sulke ongeordende voetpaadjies oor my gesig.   “Is jy ongelukkig my engel?” vra hy onseker. “Wat maak jou so hartseer?”   Dit voel so simpel om dit deesdae te s ê – my ma vier immers Woensdag al haar vierde jaar in die hemel. “Ek mis my ma ontsagtelik Lambrecht. Ek het so baie vragies oor die seisoen waarin ek nou is. Sy sou alles verstaan en antwoorde h ê vir alles.”   My man kom sit langs my – onbeholpe. Hoe verstaan mens hoe dit voel sonder ‘n ma as jyself nog beide jou ouers het. Lambrecht het al geleer om nie te probeer troos met woorde nie. Sy w éé s by my is heeltemal genoeg.   Net voor hy opstaan van die bank af vra hy versigtig, “My engel, as jy nou een minuut met jou ma kan kry, wat sal jy s ê ?” Ek hoef nie eens lank te dink nie… “Ek sal haar sommer net vashou. Ek wil haar weer ruik en voel. Genadiglik...

Boerbeskuit en kondensmelkkoffie

Ons arriveer skuins na middernag in Kakamas. Sommer met die afklimslag waarsku ek: Ons soek nie koffie of tee of koeldrank nie. Ons soek ‘n bed, want ons is gedaan. Ek het mooi wakkergebly – al die pad van die Paarl af tot by Garies. Toe kan ek nie meer nie. Ek moet bieg – ek het geëet om wakker te bly. As my kieste nie kou nie, trek my oë na mekaar toe! By Garies was ek eenvoudig moeg geëet én moeg wakkergebly. Kort anderkant Marchand maak my man my wakker uit ‘n diep en gelukkige slaap. “My engel, ons is nou amper in Kakamas.” Hy gee my normaalweg kans om die ergste slaap uit my oë te kry en net ordentlik te ontwaak. Ek sms my pa dat hy maar solank die elektrise hek kan begin oopmaak. Ons wag vir ‘n wyle voor ‘n toe hek in ‘n slapende dorp, voordat ek my Marietjie-sussie bel. Die hek skuif dadelik oop. Sy ontmoet ons by die voordeur in haar kort, wit somersjaponnetjie. Ons twee sussies en my ma het dit een jaar saam by Mr.Price gekoop. Dit het nog sulke koddige wit pantoffeltj...

Ons eerste enetjie

Dit was ‘n Vrydagaand. My maag voel toe al vir so twee weke vreemd. Vriendin Emsie sms: “Jy moet ‘n swangerskaptoetsie gaan koop.” Ek sms vinnig terug, “Emsie dis regtig byna onmoontlik.” Lambrecht besluit dat hy die toetsie sal gaan koop. Niks is mos ooit onmoontlik nie.   Hy daag met twee “twin packs” by die huis op. “Clicks het ‘n ‘special’ op ‘twin pack’ swangerskaptoetsies,” verduidelik hy verskonend. Ek besluit om eers ‘n lekker glas van Mareli se La Motte witwyn te drink voor ek die toetsie doen, want netnou is ek perongeluk swanger en dan moet ek wyn aflê. Lambrecht slaan ons eerste braaitjie buite op terwyl ek die toetsie gaan doen. Ek dink ek het laas so die bewerasies gehad toe die polisie ons agtervolg het met ‘n uitslipsessie uit die koshuis, in matriek. Lambrecht besluit om die res van die bottle La Motte self die bodem te laat sien. Van Heerden, sy broer, begin sms gelukwensings. Hy begin maak ook dadelik somme om te bepaal wanneer ons datum behoort te wees. ...

Ons derde matriekafskeid

Nege jaar gelede was dit my matriekafskeid. Tannie Lee, my ma se baie knap buurvrou, het my rok gemaak. Die materiaal het hulle tweetjies sommer self vir my uitgekies. Blykbaar kon ek niks anders as bottelgroen waag dra nie. Die materiaal is terloops teen ‘n ongelooflike winskoop bekom. Die laaste afronding was die fyn kraletjies op my bostuk. My ma en tannie Lee’tjie het daardie krale so met die bottel Amarula liquor tussen hulle aangevat . In ons Makkiesplaas kombuis met RSG op die agtergrond. Abrie Pieterse was my “date”. Hy het my nog in die Skeinatklas gevra, waar almal kon hoor. Dit was tot groot vermaak van die hele klas. Dit was die eerste matriekafskeid in ons gesin. Ek’s bederf met uiteet en koffie in Kakamas se enigste koffiewinkel op daardie stadium, die middag van die matriekafskeid. En daai tyd het die Nelle nooit uitgeёet nie. Net as Marli verjaar het, omdat sy ‘n Spurkaart gehad het en met haar verjaarsdag ‘n “free kiddiesmeal” kon kry. Ons woonplekkie op daardie...

Vir my pa

Sy   kan po ë sie maak van die eenvoudigste oomblik . (Kommentaar op Katinka Heyns se werk in die nuwe fliek “Wonderwerker.”)   Ek gaan stap na werk ‘n draaitjie. Sommer net in ‘n poging om kleur te kry op my lyf wat nou twee winters na mekaar deur is, eers ‘n Engelse een, en daarna ‘n Suid-Afrikaanse een. My laaste stukkie stap is verby ‘n dubbelverdieping hoekhuis met ivy wat so al teen die een muur oprank. Die huis se voorkant kyk uit op die 19de putjie van Boschenmeer Golf Estate se gholfbaan. Op die stoep sit ‘n oom op ‘n strandstoel. Hy kyk ver uit oor die gholflandgoed terwyl hy rustig teug aan ‘n glasie witwyn. Yskoud. Druppeltjies water slaan uit op die buitekant van die glas.   Ek groet beleef. Dan wonder ek: Is daai oom se lewe volmaak. Voel hy asof hy arriveer het.   Ek begin dink aan my pa. My tevrede Pa in die Boesmanland. Ek het hom nog nooit op ‘n strandstoel sien sitl ê nie. Buitendien sal hy nie in daardie posisie kan sit nie. Sy rug...