Posts

Pinkstertyd op Kakamas

Toe ds. Peet Sondag aankondig dat nagmaal komende Sondag begin, kon ek nie help om terug te dink aan nagmaal as ‘n koshuiskind nie. Nagmaal in Kakamas se pragtige N.G. Kerk in Voortrekkerstraat langs die laerskool. My kerkklere was maar skraps. Ons het nie elke Sondag kerk toe gegaan nie. Kakamas kerk was net té ver.   My pa het Sondae vir ons Sondagskool gegee in sy kantoor. Sondagskool was na die RSG-preek oor die radio. My pa se sondagskool was altyd lank. Hy het elke lessie met groot deeglikheid voorberei. Ek wonder vandag hoeveel laat aande hy hieraan gewerk het. Aande wat hy dalk ook eintlik baie eerder met ‘n Landbouweekblad sou wou bed toe.   Pinkstertyd was dus vir my ma ‘n kopseer. Sy moes vier dae se kerkklere vir haar drie meisiekinders bymekaar kry. My en Marietjie se kerkrompies kleintyd was altyd self gemaak deur my ma. Ons was mal oor geruite materiaal. Of ek kan nie onthou of my ma mal daaroor was en gevolglik ons ook nie. Die somtotaal van ons ker...

10 dae kuier

My Marietjie-sussie kom kuier ‘n week na Amé se geboorte vir tien dae. Sy klim die Interkaapbus met haar swanger lyfie in Pofadder. Ons kry haar vroegoggend in Malmesbury. Sy lyk vodde. Sy het my uit die staanspoor gewaarsku dat sy kom kuier om kos te maak en huis te hou. Sy weet net so min van babas. Hare moet nog arriveer.   Ander vrouens met pasgebore babas kry geleentheid vir jammer wees vir hulself. Hulle kry kans om te rou oor hul nie-meer-swanger lyfies wat steeds swanger lyk. Hulle word verskoon as hul heeldag in nagklere loop en nie kos maak vir hul mans nie.   Marietjie het baie goeie eienskappe. Simpatiek wees is nie een van hulle nie. Teen Sondagaand meld sy aan dat sy nie meer kan wag vir Maandag nie. Ons gaan bietjie tuin werk. Ek moet uit die huis kom en son op my lyf kry. En ons gaan die oggend begin met ‘n ent se stap. Ek en Amé is Maandagaand ewe moeg van al die vars lug. Tussendeur die tuin werk het Marietjie nog haar weg oopgesien om ‘n hemelse la...

Sushi en nuwe babas

Ek is al die laaste ses maande ongelooflik lus vir sushi en whisky. Whisky het ek saam met my skoonmense op yskoue Engelandse aande leer drink. Net sulke klein, klein bietjies op ys. Toe gaan besoek ons Skotland en proe die moeder van whiskys. Sedertdien is dit ‘n klein bederf wat ons, onsself op spesiale aande gun. Ons drink meer as spaarsamig aan ons 16jaar Glenlivet Nadurra wat nog van skotland af saamkom. Vir nege maande is daar nie ‘n enkele whiskyglas in ons huis vuilgemors nie.  Ons besluit ons om onsself te bederf. Amé is immers een week en ‘n dag oud. Ons kry al van haar winde uitgevryf, ons begin kry die bad reg (Sy het niks eens gisteraand gehuil tydens badtyd nie!) en doeke omruil is nie meer so nare besigheid as aan die begin nie.   Maar as daar ‘n klein babatjie in die huis is, gebeur niks meer sommer so maklik nie. Ons moet eers sorg dat daar ‘n voorraad melk is vir Amé se volgende voeding voordat Lambrecht klein bietjie whisky vir ons albei op ‘n paar y...

Verewig is so finaal

Ons tassies staan al die afgelope twee weke gepak. Hare is ‘n wit blommetjie doekesak wat ons by Lyndi gekry het. Myne is ‘n blou blommetjie een wat ek nog in Stamford se “high street” in Engeland gekoop het. Haar kamer is prentjiemooi – soos ek nog altyd daarvan gedroom het. Nou wag ons, ons eersteling se koms met senuwees, gemeng met opgewondenheid en afwagting af. Saans wil die slaap nie lekker kom nie. Of ons word in die middel van die nag wakker en die slaap bly weg. Laasnag word ek om middernag wakker met Lambrecht se hand op my maag: “Engel, is jy oraait? Amé skop verskriklik.” Ek is oraait, net soms totaal oorweldig deur die gedagte van die nuwe hoofstuk wat wag. Micha, my een skoonsuster sê dis nie ‘n nuwe hoofstuk nie. Dis ‘n nuwe boek. Micha en Van Heerden se jongste is agt weke oud. Nina en Luca is die mooiste iets wat met hulle kon gebeur, vertel hulle dikwels. Petra laat weet uit die Kalahari dat hul weekoue Deniel haar iets nuuts van liefde geleer het. “Dis ‘n l...

Paaseiers en paashase

  Wanneer jy op kraamverlof is, het jy baie tyd vir dink. Dis nou as jou tassie klaar gepak is, jou vrieskas gelaai is met jou man se gunstelinge in gevriesde vorm en elke hoekie van jou huis blinkskoon is. Ek is nou dáár. Ons Lena het vandag bitter hard geswoeg!   Na my middagslapie (Ja, kraamverlof is beslis luuks – voor die baba daar is), begin wonder ek oor die Paastyd. Ek wonder sommer hoe ons gesin dit altyd gevier het. Dis so ongelooflike belangrike datum op die kalender. Ek gaan grawe tussen my albums. En vir ‘n oomblik trek my hart ‘n punt van verlang na kindwees op Makkiesplaas.   Ek’s nie verbaas om te sien Mamma het grootgegaan met ons laaste Paasfees nie. Ons Maandagoggendtafel lyk feestelik. Pappa lyk haastig in sy khaki-kleur hemp. Hy was altyd brommerig as hy moes wag vir later ontbyt saam met die hele gesin. Ons ritueel was immers dat Mamma vroegoggend gereed staan met boerbrood en moerkoffie vir Pappa. Ons ander sou eers later ontbyt. Vir Pa...

Herfskostyd kom vinnig nader

Woensdag is dit warm. Dis so warm dat ek teen 1-uur probeer onthou of ek al óóit so warm in my lewe gekry het. My voete, wat altyd so mooi fyn en vroulik was, is pofferig en reusagtig. Of so voel dit vir my. Die hitte breek my. Pa Danie skryf in ‘n eposbriefie dat dit koud is. Dis bitter koud. Die sneeu maak dat hy nie eens in die tuin kan werskaf of karwas nie. My Lezanne-vriendin uit Engeland sms dat sy besig is om botterskorsiesop en my ma se Boesmanland “buns” te maak. Sy dink sommer aan my. Ek gaan haal my rooi Adidas waterbottel en drink nog ‘n 500ml yswater met ‘n paar teue leeg. En ek mis Engeland se koue. Ek wil bibberkoud kry. Ek wil by pa Danie en ma Elize in hul sitkamer kuier met die klein verwarmer digby my voete. Ek wil van Ma se ongelooflike koffiemasjien koffie drink uit een van hul groot wit bekers sodat ek my hande bakkies daarom kan vou om dit warm te maak. In die middernagtelike ure wil ek saam met Pa, Ma en hul laatlam, my man, rustig teug aan goeie whisk...

Coke en paaseiers

Dit gebeur dikwels. Klein goedjies gebeur, en terwyl dit gebeur weet ek: God is besig om met my te kommunikeer. Hoor ek wat ek hier moet hoor? Woensdagoggend is dit weer sulke tyd. Een van ons kliënte, iewers tussen dertig en veertig, kom loer in sommer net om hallo te sê. Sy is ‘n bekende gesig by ons koffieplekkie. Sy drink normaalweg net ‘n koffie. Sy sit egter lank. Sy gesels lang stories met die meisie wat bedien. As ek kom môre sê en vra of sy nog gelukkig is, gesels sy ook lang stories met my. Woensdagoggend lyk sy soos sy gewoonlik lyk. Kort haartjies, plat op die kop, waarvan die grys plek-plek deurslaan. Sy het ‘n kortbroek aan wat net bo haar knieë sit en haar bloesie is definitief tuisgemaak. Sy kom sê eintlik net vinnig môre, verduidelik sy. Sy gaan later kom koffie drink. As sy nou klaar by die vriendin was. Sy is oppad na haar vriendin.   Die vriendin kry baie swaar. Sy bly iewers agter MacDonalds en sy het nie ‘n werk nie. Dit gaan regtig sleg. Sy b...