Posts

Lê-goed raak op

Dit was nie ‘n maklike taak om die huis uit te sorteer voor my pa se tweede troue nie. My ma was ‘n netjiese, georganiseerde vrou. Ons huis was net so vol. Oorvol. Ons moes huis leegmaak vir die nuwe seisoen in my pa se lewe. Die gedagte aan ‘n “nuwe” huis was seergenoeg. Die skoonmaak en verdeel was regtig pynlik…soos trap in ‘n duwweltjie, kaalvoet, vroegoggend.   My ma was jammer vir haar goed. Ons het op baie “skatte” afgekom in haar linne laaie. Die kis in die sitkamer was ook vol verrassings. Links bo, agter in my ma se klerekas was ‘n skoenboksie met briefies van ons af. Sy het ook nog haar juwelekissie uit haar dogtertjiedae en eekhoringspaarbussie gehad.   Daar was so baie om te verdeel. Daar was so baie wat nog nooit gebruik is nie. Daar was die blou uitstalgoedjies en die silwerlepeltjies met dorpe se name daarop teen die muur. My reël is…as ek dit vat, gebruik ek dit. Nou eet ons soms, as ons gaste het, vir die pret met die silwer lepeltjies. Dis altyd gr...

Staaaadiger

Ek gaan kuier vir sewe dae knap duskant Pofadder op Millerton. Stan en Marietjie se stukkie aarde onder die son. Eintlik gaan kuier ek nie hierdie keer vir húlle, soos al die vorige kere nie. Ek gaan kuier vir fraaie klein Anmari, my sussie se eersteling. Mercia, Annemarie Miller. Die trotse draer van albei haar ouma se name.   Marietjie is rustig. Sy kom eers soggens na nege uit die slaapkamer. Anmari is soos haar mamma, gelukkig en rustig.   Niks of niemand jaag hul aan nie.   Ek en Amé kom ook in die plaasritme. Ek leer in hierdie sewe dae dat Amé hou van ‘n gawe oggendslapie voor teetyd. Sy hou van ‘n lang middagslapie na middagete. Sy hou daarvan om haar tone te wikkel in die oggendson. Sy hou net niks van die sokkies waarin ek haar babavoetjies elke dag so toewikkel nie! Sy hou daarvan as Marietjie-hulle se Tommie-hond haar tone lek. Sy hou daarvan om namiddae onder die boom by die voorstoep te lê en haar te vergaap aan die blare se beweging.   Sy ...

Die ding van sjokolade

Meelgoed is haar dood, kla my tannie Kotie altyd. Enige blêrrie meelgoed. Dis nou van ‘n snytjie brood met kaas en konfyt, tot ‘n sny ciabata-brood met lekker rojaal botter daarop. Jou tandemerke moet ten minste sit as jy klaar gehap het. My pa is ook ‘n meel-mens. Hy sal sy siel verkoop vir ‘n dik sny vars boerbrood. Verkieslik die korsie. Smeer ‘n lagie vet en vyekonfyt daarop, met so skeppie kaiings teen die kant, en hy is in die hemel. Lyndi kla altyd oor haar soettand. Sy kan ‘n tweede koeksistertjie, of ‘n goeie stukkie sjokolade nie weerstaan nie. Sy hou dit nie eens meer in haar huis aan nie. Dit stel haar tog net in die versoeking. Sy kan haarself soms nog tot ‘n mate handhaaf, maar ‘n glasie wyn later en jy skrik nie meer vir die gevaar wat soet inhou nie. Dan lag jy vir die kilojoules. Wyn gee onnodige, onwelkome bravade, aldus my vriendin. Ek was nooit lief vir sjokolade nie. Iewers tydens my swangerskap het iets lelik skeefgeloop. Ek het sjokolade ontdek. En ek w...

'n Pa-en-dogterstorie

Ons gesels elke oggend saam op die bed voor Lambrecht pad vat werk toe. Vanoggend maak ons weer so. Lambrecht leer Amé die vingers – eers die duim, dan die wysvinger, dan die middelvinger. Hy hak ewe skielik vas. “Dan die ringvinger,” help ek. “Nee, ons moenie nou al met ‘n ringvinger kom nie. Sy moet nog niks weet van ringe nie. Ek weet nie wat ek doen as sy die dag met ‘n “boyfriend” by die huis aankom nie.”   Ek dog eers my man maak ‘n grap. Ons babadogtertjie is maar skaars vier maande oud, en hy lyk alreeds verergd oor die ouens wat baie ver in die toekoms by ons huis sal wil opsit. Net die gedagte maak hom na ‘n bose Pappa lyk.   Ek spot anderdag met Stan, my swaer van Pofadder, dat hulle dogtertjie darem eendag baie Pofadderklonge sal hê wat wil kom kuier. Plotseling kom daar ‘n donderwolk oor sy gesig. “Hulle moet net weet, nie enige donner sal op hierdie werf kom kuier nie,”was sy antwoord onmiddellik. Dis belangrik om te weet dat Anmari eers oor ‘n maand ge...

Die tyd vlieg

Ek raak oud, besef ek met ons onlangse kuier op Makkiesplaas. (Ek ken die storie van ouderdom is ‘n relatiewe begrip. Nogtans.) Ek stap na die gronddammetjie so half kilometer van ons huis af. Ek wil alleen gaan. Ek tel eers plat klippies op om te sien of ek nog ‘n koppie en piering kan gooi. Die genoegdoening van my eerste volmaakte koppie, piering en teelepel sal seker net ‘n goeie gooier kan begryp. Dan stap ek na die inloop van die gronddammetjie. Dit maak sulke lekker hol inspoelplekke wat altyd ons huisies was. Ek gaan sit in die grootste “huisie.” Hier moes my Wilma-vriendin ‘n veltie vang in St.2. Die gedagte het haar glad nie aangestaan nie. Daar was nie uitkomkans nie. Haar nood was groot en die huis ver. Ek kry ‘n wit kaartjie waarop in koningsblou ‘n versie geskryf is in sierskrif. Agterop het Liezl in haar mooiste handskrif geskryf: Ek is lief vir jou. Dis baie oud, St.3 oud. Die kaartjie is waarskynlik by Kakamas se Christelike boekwinkel gekoop. Dit was een van on...

Oor oorvloed

Die woordjie “oorvloed” is ‘n ontsagtelike mooi woord. Dis soos vars heuning op jou tong en bring ‘n warmte in jou binneste. Ek lees vanoggend Joh.10:10 wat sê: Ek het gekom dat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. Die woord bly tintel op my tong.   Oorvloed laat my dink aan my pa se melkkoffie wat hy elke oggend gemaak het terwyl ons daar kuier. Volroommelk met moerkoffie in so gróót beker.   Ek en my pa het daai koffie soggens alleen langs die tafel sit en drink. Dan het ek sommer uitgevra oor die bure, oor die skaap, oor my laatlam sussie op Potch. Dit was goed.   Oorvloed laat dink my aan Marietjie se middagete tafel verlede Dinsdag. Daar was die heerlikste wildspastei. Saam met dit was bruinrys, Liamé se ongelooflike lemoenpatats, ingelegde beet en goudkleurige bakaartappels. Oorvloed. Ons het gesellig gekuier om haar Dinsdagmiddagete oorvloed. Dit was goed.   Oorvloed laat my dink aan ons stop oppad terug net buite Garies. Ongeveer so 50km van ...

Pinkstertyd op Kakamas

Toe ds. Peet Sondag aankondig dat nagmaal komende Sondag begin, kon ek nie help om terug te dink aan nagmaal as ‘n koshuiskind nie. Nagmaal in Kakamas se pragtige N.G. Kerk in Voortrekkerstraat langs die laerskool. My kerkklere was maar skraps. Ons het nie elke Sondag kerk toe gegaan nie. Kakamas kerk was net té ver.   My pa het Sondae vir ons Sondagskool gegee in sy kantoor. Sondagskool was na die RSG-preek oor die radio. My pa se sondagskool was altyd lank. Hy het elke lessie met groot deeglikheid voorberei. Ek wonder vandag hoeveel laat aande hy hieraan gewerk het. Aande wat hy dalk ook eintlik baie eerder met ‘n Landbouweekblad sou wou bed toe.   Pinkstertyd was dus vir my ma ‘n kopseer. Sy moes vier dae se kerkklere vir haar drie meisiekinders bymekaar kry. My en Marietjie se kerkrompies kleintyd was altyd self gemaak deur my ma. Ons was mal oor geruite materiaal. Of ek kan nie onthou of my ma mal daaroor was en gevolglik ons ook nie. Die somtotaal van ons ker...