Posts

Baie Trots Suid-Afrikaans

Tannie Marinda, die tannie waarmee my pa nou getroud is, kom van Zimbabwe. Haar pa was van die eerste boere wat inhegtenis geneem is in Zimbabwe. Hy moes ‘n sel deel met een van sy plaaswerkers wat sy mielies gesteel het. Maar oupa Jan het tot sy dood in Zimbabwe gebly, want hy het gesê die wiel gaan nog draai in Zimbabwe. En dit wil hy nie mis nie. Hy was werklik ‘n volksman, want meer van vaderlandsliefde sal jy seker moeilik kry. Ek kan nogal warm onder die kraag raak wanneer Suid-Afrikaners in die buiteland vertel hoe bly hulle is dat hulle veilig en vredevol liewer elders in die wêreld woon. Hulle basuin dit selfs uit aan ons wat willens en wetens in ons gevaarlike land vasbyt. Nee dankie, ons wil dit nie hoor nie. Ek het nie ‘n probleem met mense wat oorsee woon nie. Regtig. My skoonouers en skoonsuster-hulle woon almal oor die waters. My skoonmense stuur foto’s van hul pragtige wintertuin aan. Skoonma luister permanent RSG. Soretha vertel gereeld nuus van hul twee p...

Die funeral planner

Ongeveer vyf jaar gelede moes ons my ma se begrafnis reël. Daar is deesdae gidse en boeke vir gewig verloor, ‘n gelukkiger huwelik, soeter kinders, die lysie gaan aan. Daar is nog nooit ‘n gids geskryf oor die ABC van ‘n suksesvolle begrafnis nie. Gisteraand gaan drink ek ‘n glasie wyn saam met tannie Elaine en Illa en Wilma. Ons gesprek draai om begrafnisse. Tannie Elaine moes die naweek haar geliefde tannie Mary-sussie begrawe na ‘n lang siekbed. Die dat ons nou by so somber onderwerp draai. Ons praat oor die begrafnisbriewe, die blomme, die kos. Ilse is een van die kreaftiefste, kleurvolste mense wat jy ooit sal raakloop. Sy sê nou vanaand voor getuies, beduie sy met die een hand terwyl die witwynglas in die ander hand is. Sy soek ‘n bitterrrrr mooi begrafnis. Ten minste troublomme wat tot teen die kerk se dak gaan. Dit moet beslis nie soos ‘n begrafnis lyk nie. Wat die kerkbriefie betref het sy ook definitiewe idees. Sy het iets soos ‘n trou uitnodiging ingedagte. Asseblie...

Kruisies vir 'n beter toekoms

Vanoggend het my duimnael 'n swartstrepie. Ek is so trots daarop. Gister het ek my eerste kruisie getrek. Waar was ek die ander kere? Ek weet sowaar ook nie. Ek dink ek was selfsugtig en onverantwoordelik. Hierdie keer moes ek gaan stem. Vir Amé en ons ander kinders wat nog moet gebore raak. En hulle kinders. En hulle kinders se kinders... Want die Coetzees en Nelle is bittereinders wat nog lank in Afrika sal wees. Die eerste demokratiese verkiesing was 20jaar gelede. Ek was in St.1 en kan uit die aard van die saak nie veel van daardie verkiesing onthou nie. Ek onthou net die uitsending van die verkiesing daardie aand. Mandela het met 'n uitbundige glimlag sy stembriefie in die boks gegooi. Ek onthou nog hoe ek daardie aand by my ma wou weet of sy dink hy het vir homself gestem. As ons vir klaskapteine stem, en jy is genomineer stem jy immers nooit vir jou self nie. My ma het lank stilgebly, en toe het sy bekommerd geantwoord: "Hy het beslis vir homself gestem Surra....

Die groot trek begin...

Vanmiddag stiptelik om 3-uur dra my man my oor die drumpel van ons eerste eie huis. Ons beseël die ritueel met ‘n uitbundige soen. Ons Amé-kind is self die ene opgewondenheid. Sy waggel die huis vol op haar wankelrige beentjies. Ek gaan hurk by haar in haar leë kamer, “Dis jou nuwe kamer poppeliefie,” verduidelik ek aan ons een-jarige. Ek vermoed sy verstaan, want sy gee ‘n vrolike gilletjie voordat sy na die venster waggel om haar uitsig te gaan bekyk. In my kop sien ek al tannie Alba se vlaggies in die dag hang. Haar kamer gaan dogtertjie pienk wees. Soos dit hoort. Sy sal ‘n klein boekrakkie hê waarin ons al haar gunsteling boekies en nuwe bybeltjie sal pak. In die leefvertrek gooi ons, ons nuwe mat voor die kaggel. Ons dink nou albei kaggelvuur en rooiwyn, dink ek by myself. Tannie Elaine se verleidelike granate hang ek eerste teen ons leë mure. Dit bring sommer plotseling warmte. Voordat ons die motors begin aflaai, vat ons eers hande vir saambid. Vir dankie sê en vra...

Afskeid van Boschenmeer 625

My gemoed is broos, verduidelik ek gisteraand aan Winita terwyl ons op ‘n geselsspoed draf. Dit voel asof ek ‘n hol paashaas is met niks “binnekant” om te kan gee nie. Eintlik voel ek net lus om in die bed te gaan klim met ‘n boek en hot chocolate, sonder ènige verantwoordelikhede. “Jy is besig om te trek vroutjie, en trek is traumaties. Jy is besig om afskeid te neem van die tydjie hier,” verwoord Winita my emosies op haar kenmerkende rustige manier. Ek het nog nie eens kans gehad om hieroor te dink nie. Iewers tussen bokse pak, Amé se dummy vir die 1000ste keer uit die toilet haal en asemhaal, het ek vergeet dat ek ‘n erg emosionele wese is wat tydsaam deur my emosies moet werk om te oorleef. Toe ek tuiskom lê my lieflingman uitgestrek voor Binnelanders. Hy lyk dolgelukkig. My trane is die laaste ding wat hy vanaand verwag het, besef ek plotseling toe hy my verbaas aangaap. My walle het gebreek en ek kan die trane nie keer nie. Hulle rol sommer so vanself. “Wat is fout my ...

Klere vir vet en maer jare

‘n Paar somers gelede het Erika gekla oor haar klerekas. Dis oorvol van klere uit die verskillende seisoene van haar lewe – vet klere en maer klere, het sy probeer   verduidelik. Dit bestaan uit klere wat nou pas, klere wat al gepas het, en klere waarin sy hoop sy nie weer gaan pas nie. Sy hou dit inelkgeval vir ingeval. Ek het daardie aand vreeslik lekker gelag oor Erika se klerekas. Ek was jonk, manloos en kindloos. My hele lewe het nog rondom myself gewentel. Al my klere was een nommer. ‘n Klein nommer… Ek wil sommer net vandag vir jou sê: Erika, ek verstaan nou. Gister moet ek my klere sorteer vir ons nuwe huis in Wellington.   Ek het die huis gesien en begin droom van ‘n fotomuur en olyfboompie in die tuin. Ek het opgewonde geraak oor die kaggel vir koue Bolandwinters en die werkplekkie vir lapgoed en die stories in my kop. Ek het gerieflikheidshalwe vergeet dat ons nóú ook in ‘n huis bly wat eers geboks moet word voordat ons kan verhuis. Dit is hoe ek by die klere...

Wilma se troustorie

Die oggend van Wilma se troue moet ons stiptelik om half 8 by Under Oaks wees vir saam ontbyt eet. Wilma se troue is stiptelik en sekuur gereël en beplan tot op die minuut. Ons is vyf strooimeisies – sussie Illa en vriendinne. Dis vir ons almal ‘n groot dag, omdat dit Wilma se groot dag is.   Na ontbyt kry ons elkeen ‘n lieflike appelkooskleur kort kamerjassie waarop “Strooimeisie” op die band geborduur is. Toe skop die werklikheid in. Eensklaps soek ons iets vir ons senuwees. Dit kom met ‘n skok dat Marné nie Rescue Remedy by haar het nie. Ons was seker sy dra dit altyd by haar. Toe nie! Illa maak ‘n paar dringende oproepe en sekondes later stop iemand met ‘n botteltjie druppels voor die gastehuis. Ons vyf strooimeisies en die bruid stuur dit in die sirkel om soos nagmaalwyn. Ons sluk gulsig en paniekerig en maak staat op rescue om ons gemoedere te kalmeer. Wilma is die kalmste. Dis haar strooimeisies se senuwees wat wil-wil ingee. Dit gaan oor ons rokke. Tannie Griet is...