Posts

Skuinskoekstorie en resep

Maandagaand, so met die reën wat val, voor die kaggelvuur, raak my gemoed lus vir skuinskoek. Ek loop soek die reseppie wat ek nog verlede winter by Marietjie afgeskryf het. “Tannie Margaret se heerlike skuinskoek,” staan bo aan die resep. Voor ek gaan slaap pak ek al die bestanddele in my groot enamel knieskottel op die kombuistafel. Toe ek Dinsdagmôre klaar koffie vir my man en rooibostee vir ons dogtertjie in die bed gegee het, gaan begin maak ek die skuinskoek aan. Dis nog diep diep koud en ek blaas wasem uit terwyl my hande vol deeg is. Die sonnetjie skyn eers hier van half 10 af gaaf. Dus sit ek maar die oond laag aan om ‘n warm plekkie vir my knieskottel deeg te skep. Dit moet immers iewers warms rys tot dubbel die volume voordat ek kan begin bak. Die deeg moet ‘n volle 20minute geknie word. Ek kies kortpad, want skuins oor halfpad, skreeu my man benoud uit die kamer dat ek asseblief dadelik ons dogtertjie se doek moet kom ruil. Hy vermoed hier’s groot fout. Ek bid sti...

Pakkie van die plaas af

Tannie Alba kom drink netnou ‘n vinnige koffietjie by my. Sy is stylvol soos altyd in rooi en swart vandag. In haar een hand het sy ‘n bos sonneblomme om ons huis warm te maak in die koue kaapse weer. In die ander hand het sy ‘n pakkie vir Amé van haar af, èn ‘n pakkie van Makkiesplaas af. Dis so lekker met tannie Alba hier. Amé kan haar geluk byna nie glo nie. Iemand wat met haar perdjie ry, vir haar ‘n boekie lees en soveel aandag aan haar skenk. Tannie Alba en haar sonneblomme het sowaar die koue heerlik kom verdryf! Oppad uit maak sy verskoning. Sy moes met die plaasbakkie kom. Sy is mos hier om vir Nico te help trek. Sy moes ‘n tafel van hom saambring vir sy nuwe huis. Al die pad van die plaas af. Iewers langs die pad het die bakkie nog spatsels beesmis ook opgetel! Toe sy weg is pluk ons, ons pakkie oop. Wat ‘n vreugde! Daar’s ‘n houtwieletjie vir Amé wat jy so rondstoot aan ‘n stokkie, daar’s Whispers en goeie koffie en Macadamia botter en die mooiste Hartsgoed kussing...

Baie Trots Suid-Afrikaans

Tannie Marinda, die tannie waarmee my pa nou getroud is, kom van Zimbabwe. Haar pa was van die eerste boere wat inhegtenis geneem is in Zimbabwe. Hy moes ‘n sel deel met een van sy plaaswerkers wat sy mielies gesteel het. Maar oupa Jan het tot sy dood in Zimbabwe gebly, want hy het gesê die wiel gaan nog draai in Zimbabwe. En dit wil hy nie mis nie. Hy was werklik ‘n volksman, want meer van vaderlandsliefde sal jy seker moeilik kry. Ek kan nogal warm onder die kraag raak wanneer Suid-Afrikaners in die buiteland vertel hoe bly hulle is dat hulle veilig en vredevol liewer elders in die wêreld woon. Hulle basuin dit selfs uit aan ons wat willens en wetens in ons gevaarlike land vasbyt. Nee dankie, ons wil dit nie hoor nie. Ek het nie ‘n probleem met mense wat oorsee woon nie. Regtig. My skoonouers en skoonsuster-hulle woon almal oor die waters. My skoonmense stuur foto’s van hul pragtige wintertuin aan. Skoonma luister permanent RSG. Soretha vertel gereeld nuus van hul twee p...

Die funeral planner

Ongeveer vyf jaar gelede moes ons my ma se begrafnis reël. Daar is deesdae gidse en boeke vir gewig verloor, ‘n gelukkiger huwelik, soeter kinders, die lysie gaan aan. Daar is nog nooit ‘n gids geskryf oor die ABC van ‘n suksesvolle begrafnis nie. Gisteraand gaan drink ek ‘n glasie wyn saam met tannie Elaine en Illa en Wilma. Ons gesprek draai om begrafnisse. Tannie Elaine moes die naweek haar geliefde tannie Mary-sussie begrawe na ‘n lang siekbed. Die dat ons nou by so somber onderwerp draai. Ons praat oor die begrafnisbriewe, die blomme, die kos. Ilse is een van die kreaftiefste, kleurvolste mense wat jy ooit sal raakloop. Sy sê nou vanaand voor getuies, beduie sy met die een hand terwyl die witwynglas in die ander hand is. Sy soek ‘n bitterrrrr mooi begrafnis. Ten minste troublomme wat tot teen die kerk se dak gaan. Dit moet beslis nie soos ‘n begrafnis lyk nie. Wat die kerkbriefie betref het sy ook definitiewe idees. Sy het iets soos ‘n trou uitnodiging ingedagte. Asseblie...

Kruisies vir 'n beter toekoms

Vanoggend het my duimnael 'n swartstrepie. Ek is so trots daarop. Gister het ek my eerste kruisie getrek. Waar was ek die ander kere? Ek weet sowaar ook nie. Ek dink ek was selfsugtig en onverantwoordelik. Hierdie keer moes ek gaan stem. Vir Amé en ons ander kinders wat nog moet gebore raak. En hulle kinders. En hulle kinders se kinders... Want die Coetzees en Nelle is bittereinders wat nog lank in Afrika sal wees. Die eerste demokratiese verkiesing was 20jaar gelede. Ek was in St.1 en kan uit die aard van die saak nie veel van daardie verkiesing onthou nie. Ek onthou net die uitsending van die verkiesing daardie aand. Mandela het met 'n uitbundige glimlag sy stembriefie in die boks gegooi. Ek onthou nog hoe ek daardie aand by my ma wou weet of sy dink hy het vir homself gestem. As ons vir klaskapteine stem, en jy is genomineer stem jy immers nooit vir jou self nie. My ma het lank stilgebly, en toe het sy bekommerd geantwoord: "Hy het beslis vir homself gestem Surra....

Die groot trek begin...

Vanmiddag stiptelik om 3-uur dra my man my oor die drumpel van ons eerste eie huis. Ons beseël die ritueel met ‘n uitbundige soen. Ons Amé-kind is self die ene opgewondenheid. Sy waggel die huis vol op haar wankelrige beentjies. Ek gaan hurk by haar in haar leë kamer, “Dis jou nuwe kamer poppeliefie,” verduidelik ek aan ons een-jarige. Ek vermoed sy verstaan, want sy gee ‘n vrolike gilletjie voordat sy na die venster waggel om haar uitsig te gaan bekyk. In my kop sien ek al tannie Alba se vlaggies in die dag hang. Haar kamer gaan dogtertjie pienk wees. Soos dit hoort. Sy sal ‘n klein boekrakkie hê waarin ons al haar gunsteling boekies en nuwe bybeltjie sal pak. In die leefvertrek gooi ons, ons nuwe mat voor die kaggel. Ons dink nou albei kaggelvuur en rooiwyn, dink ek by myself. Tannie Elaine se verleidelike granate hang ek eerste teen ons leë mure. Dit bring sommer plotseling warmte. Voordat ons die motors begin aflaai, vat ons eers hande vir saambid. Vir dankie sê en vra...

Afskeid van Boschenmeer 625

My gemoed is broos, verduidelik ek gisteraand aan Winita terwyl ons op ‘n geselsspoed draf. Dit voel asof ek ‘n hol paashaas is met niks “binnekant” om te kan gee nie. Eintlik voel ek net lus om in die bed te gaan klim met ‘n boek en hot chocolate, sonder ènige verantwoordelikhede. “Jy is besig om te trek vroutjie, en trek is traumaties. Jy is besig om afskeid te neem van die tydjie hier,” verwoord Winita my emosies op haar kenmerkende rustige manier. Ek het nog nie eens kans gehad om hieroor te dink nie. Iewers tussen bokse pak, Amé se dummy vir die 1000ste keer uit die toilet haal en asemhaal, het ek vergeet dat ek ‘n erg emosionele wese is wat tydsaam deur my emosies moet werk om te oorleef. Toe ek tuiskom lê my lieflingman uitgestrek voor Binnelanders. Hy lyk dolgelukkig. My trane is die laaste ding wat hy vanaand verwag het, besef ek plotseling toe hy my verbaas aangaap. My walle het gebreek en ek kan die trane nie keer nie. Hulle rol sommer so vanself. “Wat is fout my ...