Posts

Afwesigheid van Valentynsdag 2015...

My man is ‘n ewige romantikus. Daar was altyd piekniek en blomme en allerhande verrassings met Valentynsdag. Ons het mekaar bederf en verras. Die dag is met ‘n rooi sirkel gemerk gewees op ons kalender. Hierdie jaar het ons twee kinders. Die jongste is ‘n maand oud. Ons dag van liefde is hierdie jaar ‘n reuse antiklimaks. Ons besluit op ‘n teetyd piekniek op ons eie gras. Manlief slaan die gazebo op en ons gooi die kombersie wat nog uit ons piekniekdae in Engeland dateer, oop. Ek en Amé trek ons sag en vroulik in pienk aan. Ons moet darem piekniekmooi wees vir ons teepartytjie! Ek maak tee uit ouma Susie se sagtepienk rosie koppies. Saam met die tee is skons met aarbeikonfyt en room en biltong. Amé drink haar tee liefs uit ‘n blikbekertjie. ‘n Gebreekte koppie kan my dag net finaal bederf. Daniël is heel oggend onsmaaklik, maar hy gun ons genadiglik ‘n vredevolle 45minute om te smul aan ons skons en tee. So saam met my laaste happie skon kom Daniël se volgende hongerhuil. ...

Hannes en Tina en klein Jakob

Gisternag is dit sowaar weer so. Ek het baie deugde, maar wind uitvryf is nie een daarvan nie. Ons boetiebaba drink sommer blistig sy kwota melk. Dan worstel ek ten minste nog ‘n uur om so flou windjie uit sy onvergenoegde lyfie te kry. Dalk slaan ek hom nie hard genoeg op sy ruggie nie? Ek weet nie waar die fout lê nie. Maar 3-uur in die oggend is my tekortkoming vir my ‘n baie groot frustrasie. Nodeloos om te sê sien ek met my hele hart uit na my middagslapie vandat ek vanoggend my swaar ooglede oopdwing. Ek kan sien ons Amé-kind is ook bitter uitgeput hier teen 11-uur. Dis immers my grootste taak vanoggend: Om Amé so moeg te maak dat sy ten minste twee ure lank slaap vanmiddag. Ten minste Teen 11:35 gaan lê ek met albei ons kinders. Net toe Amé wegsak in droomland ontwaak Daniël vir sy middagkossie. Ek’s sommer baie ingenome. Teen die tyd dat hy klaar gevoed en gewind is, het ons nog ten minste ‘n uur plus se slaap oor saam met sussie. As ouerskap jou twee dinge moet le...

Die vreugde van twee

Buurman Ryno het destyds gewaarsku – een en een maak nie twee nie. Toe ons hulle vertel dat ons ‘n baba skaaphondjie wil aanskaf wat moet dien as Amé se nuwe maatjie het Ryno gewaarsku, as daardie tweede een arriveer het jy nie eens tyd of lus om ‘n goudvis ekstra te versorg nie. Ons hap te groot af met ‘n hondjie ook nog. Ryno was reg. Die hondjie is toe maar saam met my pa-hulle terug Boesmanland toe ongeveer vier dae na Daniël se geboorte. Ek moet vanoggend skryf oor hierdie nuwe seisoen, want dis op hierdie stadium nog baie oorweldigend. Ek moet my gemoed dus skoon skryf. As jy nog nie kinders het nie, moet asseblief nie skrik nie. Ondanks die min slaap en alle ander nuwe aanpassings bly dit God se grootste wonderwerk. Ons hou nie op om dankie te sê vir ons twee perfekte en gesonde kinders nie. As jou kinders groot is sal jy vandag met empatie begryp. As jy in dieselfde seisoen as ek is het jy simpatie met my en ek met jou. Vanoggend sal jy met jou hele hart verstáán. ...

Dankbaar 2015 in

Die woorde in my kop is deesdae baie stil. Ons het ‘n nuwe skaaphondjie, Stella. Ek het nie geweet skaaphondjies is so energiek nie. En hulle kou aan álles. Van jou kinders se buite speelgoed, tot die gras en jou enigste roosboompie. Ons 21 maande-oue dogtertjie is in proses om uit haar bababedjie na haar dogtertjie bedjie te skuif. Ons moet eers by haar lê tot sy wegglip in droomland, en dan kom maak sy ons nag vir nag so rondom half twee wakker. Dis niè maklik nie. Dis piekseisoen in my man se lewe. Hy soek orals mooi druiwe vir die Ooste. Hy slaap en eet en leef nou druiwe. Vandag oor minder as twee weke sal ons ‘n seuntjie ryker wees. Alhoewel ek presies weet wat om te verwag, bly die hospitaalgedagte ‘n vreesaanjaende een. En ek bly maar bekommerd oor ons oudste wat tot dusver die enigste spil was waar om ons wêreldjie gedraai het. Alles in een asem opgenoem. Dus – my kop het nie tyd vir dink en stories maak nie. Ek oorleef en hanteer net nóú. Tog, ondanks bogenoe...

Ons bak Pofadder Koekiefees koekies

Ek kuier by my Marietjie-sussie op Millerton. Dinsdagoggend beplan ons om koekies te bak. Oor sowat twee weke is dit hul Pofadder A.P Kerk se koekiefees. Ons sal die koekiebakkery in fases afhandel. Met kinders moet mens nooit te entoesiasties of opportunisties wees nie. Hulle bepaal immers jou spoed. Dis ‘n harde les wat mens noodgedwonge vinnig moet leer. Dinsdagoggend begin nie goed nie. Ame se eerste vloermoer is voor sy haar oggendpap kan eet. Vir die res van die oggend wil sy opsluit op my skoot sit. Asof sy sement is. Anmari se tande pla en sy is self nie te gelukkig om sommer net op haar eie te speel nie. Ons deel die laaste bondel deeg van die outydse soetkoekies tussen die niggies. Ons gee vurke waarmee hulle gaatjies in die deeg kan steek. Ons is later raadop. Die niggies eet bondels van die deeg en raak woedend as ons dit dan afvat. Die oggend is ‘n absolute nagmerrie. EK voel later tranerig. Ek en Marietjie het dan n...

Woorde wat mens maak dink

Verlede Woensdag gaan maak ek vir die eerste keer ‘n draai by oom Basie Basson \se skoenwinkel in Wellington. Ek’s opsoek na iets moois, prakties en plat, dog bekostigbaar. Oom Basie kom bied vriendelik aan om te help, maar ek wys die hulp van die hand. Ek het ‘n vreeslike besluitelose natuur en vaar altyd beter so op my eie. Dit maak my net verleë as iemand my besluiteloosheid nog moet gade slaan ook. Oom Basie kom help inelkgeval. Ons gesels later so lekker dat ek skoon vergeet van skoene aanpas. Net voor ek my nuwe paar skoene gaan betaal, beduie oom Basie ek moet in sy kantoor na sy vrou en kinders se foto’s kom kyk. Hy’s baie trots op sy gesin. Oom Basie se vrou is ‘n sprankelende donkerkop tannie. “Sy sê soms dat sy nie dink sy het tot haar volle potensiaal in die lewe gekom nie. Sy was immers maar altyd ‘n tuisbly mamma. Sy het drie Godvresende kinders grootgemaak. Wat groter is daar om te bereik in die lewe?” vra oom Basie my eensklaps baie ernstig. Oom Basie se wo...

Die wrang smaak van oorvreet

“Maar my magtag. Eet ek sowaar 4 koeksisters sonder dat ek wou, lus was, of geweet het ek doen dit. Dis wat gebeur as 10-uur gaste nie genoeg eet nie.”                   - Retha Compion (Woensdag)-   Toe ek hierdie muur inskrywing van Retha op haar facebookbladsy raaklees, kon ek nie anders as om sommer kliphard te lag nie. Ken ons nie almal daardie verslae gevoel na ‘n ondeurdagte vergryp nie? Jy besef eers jy en jou man het sommer ‘n hele slab sjokolade alleen verorber – as jy met die leë ou papiertjie asdrom toe strompel. Soet en oorvreet en verslae. Ek bid elke môre opnuut vir selfbeheersing. Of ek smeek dit van die Here af, want daar’s ‘n handjievol goed wat ek eenvoudig nie kan weerstaan nie. Grondboontjiebotter is een van daardie dinge. Dan neem ek soms ‘n doelbewuste besluit om dit liefs nie in ons huis aan te hou nie. Dis egter so selfsugtig, want ons Amé-kind is net so lief v...