Posts

Kakamas se eerste KFC

Netnou SMS my Marietjie-sussie opgewonde – Sondag maak KFC in Kakamas oop. Die dorp is omtrent opgewonde! Voor ek myself kan keer is ek terug in Kakamas – tóé. Die dae toe KVK die enigste winkel was waar my pa en ma kon gaan groceries koop. Toe kon ek met R4 ‘n pakkie Simba chips en ‘n Ceres sappie koop. Daar was nog nie ‘n spoggerige groot apteek met als van medisyne tot boeke en geskenke soos vandag nie. Daar waar die apteek nou staan was ‘n kafee. Dit het aan die Tzorvasse behoort. Hulle was ‘n klomp mooi broers – donkerkoppe met sulke diep sjokoladebruin oë. Marietjie was in die laerskool gekys met een van daai boeties. Ek onthou hoe hy eendag vir haar ‘n magnum roomys in sy skooltas skooltoe gebring het. Ons was almal erg beïndruk… Oom Callie en tannie Christa het ‘n ongelooflike groentewinkel gehad. Ek dink die naam was Wolwehoek. En as ek reg onthou het daar altyd sulke lekker boeremusiek gespeel. Die atmosfeer was héérlik en die diens en groente van uitstaande gehalte...

Die groen vullislorrie oom...

Smiddae is ons groot kuiertyd. Dan maak ek seker alle wasgoed en skottelgoed en huisgoed is afgehandel vir die dag. Dis spesiale piekniek-op-die grastyd, of sandspeeltyd of stap-om-die bloktyd en dan vergader ons klippies en blare en blommetjies. Dinsdag maak ons weer so. Ons land egter perongeluk agter die vullislorrie. Amé kan haar geluk nie glo nie. Eers wil sy weet wat dit is. Ek verduidelik dat dit ‘n vullieslorrie is. Dan herhaal sy “lollie” byna ‘n miljoen keer om die nuwe woord op haar tongetjie te voel. Die hoogtepunt kom toe sy die oom voorin die lorrie gewaar. Dis ‘n oupa, moes sy sekerlik tot haar eie slotsom kom. Sy lang baie grys poniestert verklap dit. En die baie diep lyne op sy gesig. “Hallo oom,” gil Amé opgewonde voor ek kan keer. En sy waai wild met haar klein handjie. Toe hy terugwaai en glimlag begin spring sy skoon op-en-af van opgewondenheid. Nou gil sy herhaaldelik, “Hallo oom,” terwyl sy uitbundig bly waai. Die volgende oomblik druk hy liggies op die lo...

Swaer Stan van Millerton

As jy my swaer, Stan Miller, al ontmoet het, sal jy dit beslis weet/onthou. Hy’t ons lewens op ‘n Oujaarsdans binnegedans. Hy en my middelsus was oppad na St.8. Daardie aand het hy ‘n paar danse met haar gedans en toe die jaar oorslaan na ‘n nuwe een, het hy haar gepiksoen en toe gevra om te kys. Sewe en ‘n bietjie jare later is hulle getroud. En vandag is die tweede meisiekind oppad… Terwyl ek wasgoed ophang tydens my plaaskuier op Millerton, besluit ek dat Stan Miller se storie opgesom op papier hoort. Stan is immers nie jou standaard ou op straat nie. Beslis nie. Stan verlaat die skool in St.8 om te gaan boer. (Tog het hy die wilskrag gehad om so op sy eie sy matriek steeds deur die pos te voltooi.) Vra jy hom uit oor daardie beginjare op die plaas, alleen en eintlik nog soveel kind, lyk dit asof hy self wonder hoe hy dit gemaak het “sonder die vrou”. (Menende sý vrou) Hy’t baie aande maar ‘n pak chips en liter Coke geniet vir aandete. Daai tyd was daar nog nie sonkrag nie...

Moedersdag van Pofadder tot Wellington

Ek het règtig ‘n wonderlike man, besef ek hierdie Moedersdag weer. Ons beplan al van Maandag af aan Moedersdag. Eers wil ek iewers gaan eet vir Moedersdag. Teen Woensdag is ek nie meer lus vir uiteet nie. Ek wil eerder iewers gaan piekniek hou. Iewers nie te ver van die huis af nie. Teen Vrydagmiddag 5-uur wil ek eerder sommer net in ons agtertuin piekniek hou. Dis die heel minste moeite. Saterdag bied manlief aan dat ek ‘n bietjie met sy bakkie rondry. Ek kry twee vriendinne vir ‘n laat ontbyt en teen die tyd dat ek tuiskom, is manlief al haastig dorptoe. Hy kom stert tussen die bene terug huistoe. Geen winkels is meer oop nie. Net Wellington se videowinkel. Vanoggend is hy erg verleë oor sy liefdesbriefie wat net op lyntjiespapier geskryf is. Dis die mooiste briefie en ek is sommer opnuut verlief op my goeie man. Hy gee Amé ontbyt en ruil ‘n aaklige doek om terwyl ek by die kerk is. Hy maak Daniël aan die slaap en hy vee ons leefvertrek uit en mop dit daarna. Ek stap dus na...

Die vreugde van Moedersdag

EK’s in ‘n baie diep graf of groef of watter misrabele benaming jy ookal my toestand wil gee, vertel ek aan my vriendinne. Wilma en Lyndi giggel net terwyl hulle teug aan hemelse soet Hazelnut lattes en luister na my stories. Hulle weet ek kan soms ‘n bietjie dramatiseer. My Marietjie-sussie lag so hard dat ek nie kan help om later saam te lag nie. Vrydagaand is ek verby my rooi kwik toe manlief tuiskom. Hy het ‘n uitstekende dag op kantoor gehad. Uitstekend man. In vergeleke met sy dag lyk myne nog váler en chaotieser. Ek drink Vrydagaand meer as my een ou glasie erg verdunde witwyn. Dit help ‘n bietjie. Terwyl manlief ons oudste in die bed sit, ruim ek kombuis op. Ek het heelweek so mooi gesond en gebalanseerd en gefókus geëet. En toe, op my broosste uur van die week verloor ek my selfbeheersing heeltemal. Ek smeer dik appelkooskonfyt op die halwe kaasbraaibroodjie en verorber dit op die laaste note van Noot-vir-noot. Toe vaar ek die lekkergoedkas in. Gevaarlike ding om vrou-a...

Die mag van gewoontes

As jy altyd doen wat jy altyd doen, sal jy altyd kry wat jy altyd kry. (RSG-advertensie…nie seker of die bewoording presies reg is nie!)   Ek het hierdie aanhaling vanoggend half 6 op my kombuisswartbord geskryf. Ek weet ek moet dit deel. Die Here seën my met vriendinne wat almal op ‘n opwindende plek is. Die een staan op trou, die ander verwag haar eersteling, ‘n ander een oefen vir haar sesde Comrades, nog ‘n ander een is besig met ‘n reuse kopswaai in haar lewe. My sussie is swanger met haar tweede spruit en my skoonsus is besig om te verhuis. Ek is ryk aan interessante vriendinne! Wat ookal die berg is wat jy besig is om te klim op hierdie Maandagmiddag…moenie vasgevang raak met die “plek” nie. Die uitkoms of antwoord is dalk nie daar waar jy nou besig is om te kyk nie. Skep asem, asem die mooi van die herfs in. Klim uit die groef van elke dag en probeer iets ánders. Al dek jy dalk net mooi tafel vanaand en steek ‘n kers aan vir atmosfeer. Enigiets. Nuwe gewoont...

'Nice Sondag Strand roomys

Sondagnamiddag is die perfekte herfsdag. Ons besluit baie impulsief om Strand toe te ry vir roomys. Die Strand het maar selde die perfekte stranddae. Maar dit het wel die perfekte roomyswinkel. Ons het ‘n spesifieke een, ‘Nice’, wat ons graag ondersteun. Die geluk is aan ons kant. Ons kry parkeerplek sommer klipgooi van die roomyswinkeltjie. Dit neem my, soos gewoonlik, ‘n rukkie om op ‘n roomys te besluit. Selfs toe Lambrect al ‘n rukkie in die ry staan, probeer roep ek subtiel van buite die winkel na my man binne. Ek’t van plan verander. Nie meer vanilla met karamelsjokolade rondom nie. Ek soek nou eerder “rum and raison” op ‘n “sugar cone.” Aan die mense wat verbaas na die verwarde mamma met die twee kinders in stootkarretjies staar, steur ek my min. En dan gebeur die onvoorspelbare. ‘n Knalrooi Uno kom stop langs die winkel. Op ‘n geel streep. Die karretjie se vrag is swaar. Die passasiers sit op mekaar se skote. Net enetjie klim uit. Dis ‘n lenige, goedgeboude meisie....