Posts

Ek onthou World Cup 1995

Ek hoop nou nie ek jok vanaand nie. Ek vertel hom maar soos ek hom onthou. Ek was immers toe std.2. Dis 20 jaar gelede. Môre se wedstryd herinner so aan dáái wedstryd. 24 Junie 1995, Ellispark, Johannesburg. Lambrecht onthou hulle het daardie wedstryd by Oom Daantjie en tannie Elsa in Augrabies gaan kyk. Daar was baie mense daardie dag. En hulle was báie bly na die tyd. Ons het daardie wedstryd by oom Willemse en tannie Sussie gaan kyk. Hulle het van die beste televisie opvangs in die omgewing gehad. Daar was ook daardie aand baie mense. Ek onthou die spanning in die atmosfeer. Ek onthou Nelson Mandela in sy springboktrui. Ek onthou die HK.   Die hoendervleis met Joel Stransky se skepskop. Die vreugde daarna. Ek onthou die pastei wat tannie Sussie gemaak het waarop “Bokke” in pasteideeg geskryf was. Ons land kon bars van nasietrots. The Springboks triumphing over the All Blacks in the 1995 Rugby World Cup final was one of the Country’s finest moments. (eNCA) ...

Ouers se edel taak

Gister spartel ek paniekerig om die kinders betyds gereed te kry vir ‘n koffie afspraak in die Paarl. Ek moet Amé smeek om haar pienk plakkies aan te trek. Dan die lang redenasie waarom al haar poppe nie kan saamgaan nie. Laastens kos dit mooipraat dat sy haar dummie en bersie in die kamer moet gaan los. En toe weier ons Great Dane, Klara, om uit te gaan. Deesdae is haar gunstelingplek in ons huis die hoekie in die leefarea. Dit kos my ten einde om haar met my pienk   huisplakkie te dreig voordat sy uitgaan. Vanoggend hoor ek Amé redeneer met Klara. Toe ek gaan kyk staan Amé pienk plakkie in die hand, besig om Klara te dreig. Sy beduie en klink net soos ek gister. Die stemmetjie net so kwaai. Sondag bevind ek my in die “toddler room” van ons kerk. Dis ‘n baie groot kerkkonferensie en daar is mense van oraloor. Dit voel asof daar duisende kindertjies in die “toddler room” is. Op ‘n stadium is dit asof die wêreld net vir ‘n oomblik stilstaan. Ek kyk en sien die mammas as...

Die Storie van Basie van Brandvlei

Dinsdag agtermiddag kom stap ou Basie op Makkiesplaas aan. Hy lyk gedaan gestap. Sy enigste besitting is ‘n groen Checkerssak in die hand. Die somtotaal van sy aardse goed. “Middag Baas, ek’s Basie,” groet hy my pa vriendelik. Hy soek asseblief net ‘n dak oor sy kop vir die nag. En ‘n geleentheid Kakamas toe asseblief. Hy kom stap al van Brandvlei af, en hy’s eintlik oppad Upington toe vir sy ID. Van Makkiesplaas af is Upington nog so 220km se stap! Hy’t ‘n baas langs die pad gekry met ‘n donkerbril, en diè het gesê hy sal waarskynlik van Makkiesplaas af ‘n geleentheid kry Kakamas toe. My pa het ‘n ongelooflike mooi hart.   Hy gee vir Basie vleiskos vir die aand en sê hy moet vir Albertus gaan vra vir ‘n lêplek in sy huis. Volgende môre meld Basie aan. Hy kan darem uithelp op die werf tot sy geleentheid dorptoe loop. My pa laat hom maar akkers spit en tuin werk so vir die dag. Later die dag help hy my pa by die stoor. Sommer so uit die bloute wil hy weet of hy dan nie ...

Poer-poer op Pringlebaai

Sondag gaan stap ek vir oulaas ‘n draai met Daniël in Pringlebaai. Ons stap ons vas teen ‘n effekleur huis, naaste aan die strand. In netjiese letters staan die huis se naam voor naby die deur: Poer-poer. Ek hou dadellik sommer baie van die naam. Want dis van te min poer-poer dat ons deesdae uitbrand. Ons het die naweek gaan poer-poer saam met vriende by Pringlebaai. Vier paartjies met sewe kinders tussen ons. Jané was die oudste (5) en Daniël (8 maande) die jongste. Ons arriveer Vrydagaand heel laaste. Almal help ons afpak en intrek en voor jy kan sê “Pringlebaai” sit ons met ‘n glasie wyn by ‘n vuurtjie. Yolande se ouers se huis is massief. Dis van daardie huise waarby jy verbystap as jy met vakansie is, en dan effe afgunstig wonder aan wie dit behoort. Omdat ons so laat arriveer, is die atmosfeer al pure vakansieluim. Die musiek speel luid en die mans bespreek hoe hulle iemand sal stuit wat hulle in hul huis kom aanval. Ryno het ‘n haarfyn uitgewerkte plan. Hy herhaal dit ...

Kakamas se eerste KFC

Netnou SMS my Marietjie-sussie opgewonde – Sondag maak KFC in Kakamas oop. Die dorp is omtrent opgewonde! Voor ek myself kan keer is ek terug in Kakamas – tóé. Die dae toe KVK die enigste winkel was waar my pa en ma kon gaan groceries koop. Toe kon ek met R4 ‘n pakkie Simba chips en ‘n Ceres sappie koop. Daar was nog nie ‘n spoggerige groot apteek met als van medisyne tot boeke en geskenke soos vandag nie. Daar waar die apteek nou staan was ‘n kafee. Dit het aan die Tzorvasse behoort. Hulle was ‘n klomp mooi broers – donkerkoppe met sulke diep sjokoladebruin oë. Marietjie was in die laerskool gekys met een van daai boeties. Ek onthou hoe hy eendag vir haar ‘n magnum roomys in sy skooltas skooltoe gebring het. Ons was almal erg beïndruk… Oom Callie en tannie Christa het ‘n ongelooflike groentewinkel gehad. Ek dink die naam was Wolwehoek. En as ek reg onthou het daar altyd sulke lekker boeremusiek gespeel. Die atmosfeer was héérlik en die diens en groente van uitstaande gehalte...

Die groen vullislorrie oom...

Smiddae is ons groot kuiertyd. Dan maak ek seker alle wasgoed en skottelgoed en huisgoed is afgehandel vir die dag. Dis spesiale piekniek-op-die grastyd, of sandspeeltyd of stap-om-die bloktyd en dan vergader ons klippies en blare en blommetjies. Dinsdag maak ons weer so. Ons land egter perongeluk agter die vullislorrie. Amé kan haar geluk nie glo nie. Eers wil sy weet wat dit is. Ek verduidelik dat dit ‘n vullieslorrie is. Dan herhaal sy “lollie” byna ‘n miljoen keer om die nuwe woord op haar tongetjie te voel. Die hoogtepunt kom toe sy die oom voorin die lorrie gewaar. Dis ‘n oupa, moes sy sekerlik tot haar eie slotsom kom. Sy lang baie grys poniestert verklap dit. En die baie diep lyne op sy gesig. “Hallo oom,” gil Amé opgewonde voor ek kan keer. En sy waai wild met haar klein handjie. Toe hy terugwaai en glimlag begin spring sy skoon op-en-af van opgewondenheid. Nou gil sy herhaaldelik, “Hallo oom,” terwyl sy uitbundig bly waai. Die volgende oomblik druk hy liggies op die lo...

Swaer Stan van Millerton

As jy my swaer, Stan Miller, al ontmoet het, sal jy dit beslis weet/onthou. Hy’t ons lewens op ‘n Oujaarsdans binnegedans. Hy en my middelsus was oppad na St.8. Daardie aand het hy ‘n paar danse met haar gedans en toe die jaar oorslaan na ‘n nuwe een, het hy haar gepiksoen en toe gevra om te kys. Sewe en ‘n bietjie jare later is hulle getroud. En vandag is die tweede meisiekind oppad… Terwyl ek wasgoed ophang tydens my plaaskuier op Millerton, besluit ek dat Stan Miller se storie opgesom op papier hoort. Stan is immers nie jou standaard ou op straat nie. Beslis nie. Stan verlaat die skool in St.8 om te gaan boer. (Tog het hy die wilskrag gehad om so op sy eie sy matriek steeds deur die pos te voltooi.) Vra jy hom uit oor daardie beginjare op die plaas, alleen en eintlik nog soveel kind, lyk dit asof hy self wonder hoe hy dit gemaak het “sonder die vrou”. (Menende sý vrou) Hy’t baie aande maar ‘n pak chips en liter Coke geniet vir aandete. Daai tyd was daar nog nie sonkrag nie...