Posts

My geheime liefdesverhouding

Ek het ‘n geheime liefdesverhouding. Byna niemand weet nie. En niemand sal dit beslis van my vermoed nie. Ek wat meestal vaal en versigtig voorkom. Ek wat my weg deur die lewe baan met ‘n kind op die heup en een aan die hand. My ongesonde, ongewone en geheimsinnige liefdesverhouding is met lipstiffies. Jy het my waarskynlik nog nooit eers met kleur op die lippe gesien nie, en kan daarom nie glo wat jy nou hier lees nie. My eerste lipstif was ‘n peperduur, baie uitspattige pienk lipstif uit Kakamas Apteek. Dit was so lang maer Yardly nommertjie wat so geblink het op jou lippe. Ek was verlief. Ek moes baie weke se sakgeld spaar vir daardie lipstif. Ek was hoërskool en het dit seker hoogstens twee maal gedra na sokkies. Dit was my heel eerste. Daarna was daar nog tientalle sulke kopies – van goedkoop uitverkoping nommertjies, tot heelwat duurder, weldeurdagte kopies. Nooit dra ek dit meer as so 5 keer nie. Dan is ek en my lipstif uitgekuier. Alle kleur lyk mooi in hul houertj...

Yzerfontein kamp met kinders

Ons is sopas terug van ons eerste kamp mèt kinders. Dit was net een nag, maar ek is onbeskryflik trots op ons. Kamp met kinders is nie vir sissies nie. Goeie vriende, die Loftusse, nooi ons al laasjaar vir hierdie een nag kamp. Ek is baie skepties. Ons jongste is ‘n slegte slaper. Kamp “mure” is nie klankdig nie. Ons oudste kan ‘n lieflike dogtertjie wees, maar sy kan ook kwaai en onsmaaklik raak as sy moeg is. Ons hou van die vriende – ons wil nie graag hê ‘n kampnaweek moet ‘n goeie vriendskap kelder nie. Manlief verseker my dis die regte ding om te doen. Dis hoe ons dan in Yzerfontein se karavaanpark opeindig gisteroggend. Neels en Frankie is toegerus met van daardie oulike kampwaentjies en allerhande ander nuttige kampgoeters. Die Coetzees kamp erg basies: Tent, gazebo, kamptafeltjie. Dis in ons geval werklik gerieflik om saammet hardebaard kampers te kamp! Ons oudstes is ware kampers. Josua(4) en Amé(2) maak ‘n gedugte span. Josua stap orals voor en Amé volg soos sy s...

DRAMA: Speen van die fopspeen

‘n Raps meer as ‘n week gelede oortuig ons, ons oudste om haar dummy vir haar klein Andréa niggie te gee. Sy lyk heel ingenome met die gedagte. Die oorhandiging   geskied die oggend net voordat ons vertrek uit Strandfontein. Ons het ‘n week lank heerlik gekuier saam met ons plaasfamilie.   Dis ‘n groot geleentheid. Eers word die pragtige pienk NUK dummy wat ouma Marinda nog vir ons gegee het, in kookwater gekweek. Daarna prop Rietjies die dummy in klein Andréa se mond. Sy lyk eers vies oor die nuwe dummy, maar dan doen sy haar deel mooi. Sy begin suig te kostelik aan die dummy. Amé is so trots op haar vrygewigheid, sy wil sommer mense op straat stop om te vertel. Iewers oppad huistoe vra sy vir die eerste keer na haar dummy. Ons verduidelik geduldig dat sy mos so gaaf was om haar dummy vir haar baba niggie te gee. Later huil sy hartstogtelik en dreig om boetie sin uit sy mond te ruk. Vir ‘n week lank voer ons die stryd. Soms gaan dit beter, en dan wil ons optimist...

2015 stoepdans op Millerton

Image
Oujaarsdans 2015 gebeur op Marietjie en Stan se heerlike plaasstoep. Ons is net ‘n handjievol uitgenooides. Elkeen sal bydra tot die laaste maal vir 2015. Stan leen luidsprekers sodat ons die musiek ordentlik kan hoor op die stoep. Donderdagoggend help ek Marietjie om die duisende (of so voel dit) blikkies en potte plante wat haar stoep versier, af te dra. My sussie is ‘n aggressiewe, kreatiewe versamelaar. Sy skep iets uit niks en verfraai hul Millerton-werf al te vrolik daarmee. Dit maak stoep skoonmaak dus ‘n werk. Ons beplan die sitplek op die gras, waar ons gaan eet, en waaraan ons sal knibbel vooraf.   Marietjie grawe diep in Stan se drankkas en ontdek sowaar nog ‘n bottel bubbly van Stan se 21 st . Sy kan nie meer beïndruk wees met haar vonds nie. Wat is nuwejaar dan tog sonder bubbly wat spuit. Ons hele dag word gewy aan voorbereidings. Tussendeur word Andréa gevoed soos nodig, Daniël ruk vir die tweede keer drie van Marietjie se fraai geblikte aalwyntjie...

10 dae manloos...

My man vertrek vir 10 dae Ooste toe vir werk. Hy los my met Amé, Daniël en Klara by die huis. Vir 10 dae. Tien lang dae. Ek besef eers na 10 lange dae alleen hoe ongelooflik baie my man in en om die huis help. Klara se landmyne is baie. Ek moet dit noodgedwonge optel, anders doen Amé dit met haar sandgrafie. Ek moet die tuin natlei. Ek moet die vullis uitsit. Ek moet saans huis sluit en alarm onthou. Ek moet die kinders bad. Ek moet vir hulle bybelstories lees en in die bed sit. Ek moet snags ‘n duisend maal opstaan vir Daniël. Alleen. Teen Vrydagaand trek ons by 6 dae. Die kinders kom vir ‘n tweede aand in ‘n ry nie tot ruste nie. Teen 21:00 is ek emosioneel van radeloosheid. Ek besluit om hulle eenvoudig in die kamer te los. Daniël in sy camping cot en Amé op haar matrassie in ons kamer. Ek gooi vir my ‘n glas wyn en plons voor die tv neer. Soos ‘n slegte ma. (Na hierdie 10 dae het ek meer medelye met ma’s wat onverantwoordelike dinge aanvang!) Dit gaan aanvanklik goe...

Ek onthou World Cup 1995

Ek hoop nou nie ek jok vanaand nie. Ek vertel hom maar soos ek hom onthou. Ek was immers toe std.2. Dis 20 jaar gelede. Môre se wedstryd herinner so aan dáái wedstryd. 24 Junie 1995, Ellispark, Johannesburg. Lambrecht onthou hulle het daardie wedstryd by Oom Daantjie en tannie Elsa in Augrabies gaan kyk. Daar was baie mense daardie dag. En hulle was báie bly na die tyd. Ons het daardie wedstryd by oom Willemse en tannie Sussie gaan kyk. Hulle het van die beste televisie opvangs in die omgewing gehad. Daar was ook daardie aand baie mense. Ek onthou die spanning in die atmosfeer. Ek onthou Nelson Mandela in sy springboktrui. Ek onthou die HK.   Die hoendervleis met Joel Stransky se skepskop. Die vreugde daarna. Ek onthou die pastei wat tannie Sussie gemaak het waarop “Bokke” in pasteideeg geskryf was. Ons land kon bars van nasietrots. The Springboks triumphing over the All Blacks in the 1995 Rugby World Cup final was one of the Country’s finest moments. (eNCA) ...

Ouers se edel taak

Gister spartel ek paniekerig om die kinders betyds gereed te kry vir ‘n koffie afspraak in die Paarl. Ek moet Amé smeek om haar pienk plakkies aan te trek. Dan die lang redenasie waarom al haar poppe nie kan saamgaan nie. Laastens kos dit mooipraat dat sy haar dummie en bersie in die kamer moet gaan los. En toe weier ons Great Dane, Klara, om uit te gaan. Deesdae is haar gunstelingplek in ons huis die hoekie in die leefarea. Dit kos my ten einde om haar met my pienk   huisplakkie te dreig voordat sy uitgaan. Vanoggend hoor ek Amé redeneer met Klara. Toe ek gaan kyk staan Amé pienk plakkie in die hand, besig om Klara te dreig. Sy beduie en klink net soos ek gister. Die stemmetjie net so kwaai. Sondag bevind ek my in die “toddler room” van ons kerk. Dis ‘n baie groot kerkkonferensie en daar is mense van oraloor. Dit voel asof daar duisende kindertjies in die “toddler room” is. Op ‘n stadium is dit asof die wêreld net vir ‘n oomblik stilstaan. Ek kyk en sien die mammas as...