Posts

Ouerskap is 'n wille rit!

Ek neem vanoggend 'n lang skuimbad in my sussie se groot hoekbad, met 'n masker aan, terwyl ek Die Burger se bylaag lees. Ek doen dit in doodse stilte. Marli is steeds in Thailand, en as sy nie hierdie lees nie, hoef sy nooit eens te weet dat ek hier was nie. Ek sit my grimering tydsaam aan voor haar groot spieël terwyl ek liedjies neurie in my kop. Toe maak ek koffie in haar grootste koffiebeker met die blou "FAITH" daarop. Ek drink die koffie slukkie-vir-slukkie terwyl ek Die Burger aandagtig lees. Ek het die oggend af. Ek het verlof ingesit by die hoof van ons huis. Hierdie ma het tyd met haarself nodig. Verlede week stuur my Anneen-niggie 'n stemboodskap aan. Hul lieflike eersteling, Elsje, is maar 'n skrale twee wekies oud. Anneen se stem klink lewensmoeg. Julle kon my beter gewaarsku het - begin haar stem ietwat verwytend. En net daarna sê sy dat sy versot is op hul nuwe pop, dis net baie anders as wat jy jouself ooit kan voorstel. Ek ...

Oom Stoffies se ongeluk(kies)

Vanoggend, terwyl ek ons boetie se eerste doek vir die dag omruil, kom staan Lambrecht in die kamerdeur. Hy wou nog vertel het – hy’t anderdag ‘n oom in die Paarl ontmoet wat my pa-hulle baie goed ken. Oom Duitser Engelbrecht is ‘n Namibiër wat in Kakamas op skool was. Ja, hy ken vir André Nel, het oom Duitser gesê, dis mos André Makkie. Hy’t mos so vreeslike stoute broer gehad, Stofbakkies. Ons ken hom as oom Stoffies vandag. Almal van hier tot in Moerlandspan ken vir oom Stoffies. Oom Stoffies is vandag die eienaar van Panarotti’s in Worcester. Sy kinders is al verloof en getroud. Maar stories van oom Stoffies uit sy jonger dae loop jy orals raak. Oom Duitser vertel dat oom Stoffies sy karretjie eendag gerol het. Na die tyd vertel oom Stoffies toe, toe hy nou daar onderstebo lê, kar op sy dak, speel Neil Diamond se “What a beautiful noise.” Toe luister hy maar eers die liedjie klaar voor hy uitklim. Ek kon die prentjie sien en die liedjie hoor. Ek kon eenvoudig nie ophou...

Begrafniskos en Moedersdag

Sondag neem Stan en Marietjie ons Pofadder toe, na ‘n sielsverkwikkende paar dae op die plaas. Ons drie sussies het 60km se geselstyd voor ons moet afskeid neem in Pofadder. Dan moet ek en Marli die pad waaghalsig aandurf met my energieke twee bloedjies. Ons gesels oor ‘n duisend onderwerpe in hierdie tyd. Onder andere oor hoe en waar ons begrawe wil word. Die dood is lankal nie meer vir ons ‘n heilige onderwerp waaroor ons in ‘n fluistertoon   praat nie. Ons het dit immers al aan ons lywe gevoel. Dis tog ons almal se lot/voorreg op die ou einde. Uit die bloute kondig Marli aan dat ons asseblief nie moet nalaat om Cremoratert op haar begrafnis te bedien nie. Marietjie verklaar dat sy nie begrafniskos verkies nie – eerder ‘n lang tafel met “mashed potatoes” en wors sodat almal gesellig kan saamkuier en eet. Later op die pad, skuins duskant Bitterfontein, vertel Marli van die stuk wat sy anderdag op Facebook gelees het. Dis geskryf deur iemand wat haar ma verloor het en...

Sjokolade en die liefde

Woensdagaand gaan kyk en manlief na die fliek, Chocolate, onder Wellington se sterrehemel. Die buitelug fliekaand word aangebied deur die Breytonbach-teater op die dorp. Tuinmeubels en kersliggies is die enigste dekor. Pizza en wyn is op die spyskaart. Die atmosfeer is lig en romanties. Halfpad deur die fliek moet ons stywer sit en ons piekniekkombersie oor ons gooi. Die Bolandlug raak herfs. Ek kyk die fliek vir die soveeelste keer, maar dis manlief se eerste. Juliette Binoche vertolk die hoofrol en laat sjokolade amper na iets heiligs lyk. Haar kliënte verbruik haar sjokolade bietjies-vir-bietjies, met agting,   maar elke proe laat jou eie mond kwyl. Ek en manlief vertrek net na 22:00, met ‘n yslike lus na sjokolde. Ons stop oppad huistoe by Engen se Terbodore vir goeie warm sjokolade. Manlief beduie ek moet hom asseblief nie nou stop nie. Hy koop Amarula sjokolade, donker sjokolade kitkat en Lindt-balletjies. Ons giggel en proe soos in ons verliefdae die amper twee kilom...

Chappie-papiertjies jok soms vreeslik

Iewers lank gelede het ek een maal in ‘n geel Chappie papiertjie se “Did you know” gelees dat ‘n mens begin breinselle verloor vanaf die ouderdom 30. Die gedagte was absoluut vreesanjaend. Ek kon selfs na 30 voel hoe my breinselle daagliks verminder. Ek het gewonder hóé min breinselle jy teen die einde van jou leeftyd oor het. Toe ontmoet ek my skoonouers en die Chappie-papier feit maak glad nie meer so lekker sin nie. (Skuus pappa, pappa tel nog nie hier nie. Eers na 60 kwalifiseer om my storie lekkerder te maak!) Hulle is vol ondernemingsgees en interessante idees en planne. Ek begin draf soggens saam met ‘n drafgroep en oom Danie draf stof in ons oë terwyl hy intelligente gesprekke voer. Oom Danie is ook al verby 60. Bogenoemde het die hoop in my laat opvlam. Emsie stel my anderdag voor aan: Healing begins with the sanctification of the heart , geskryf deur Dr. MK Strydom. Niks wolhaar feite nie, weldeurdagte navorsing met teksverwysings uit die Bybel. Die boek is h...

Chameleon: 110% Afrikaans

Sondagoggend nooi Van Heerden en Micha ons na Chris Chameleon by Neetlingshof – deel van die Woordfees, Sondagaand. Dis ‘n buitelugkonsert. Ons wik-en-weeg eers verskriklik. Ons het eintlik reeds ‘n koffie afspraak. Sondagaande is heilige tyd in ons huis. Ons is sommer net rustig en berei onsself sielkundig voor vir wat die week ookal mag inhou. Maar Chris Chameleon het gisteraand my lewe verander! Dalk is ek besig om ‘n raps te oordryf, maar dit was werklik ‘n voortreflike vertoning. Ons vertrek Sondagnamiddag uit Wellington met lywe wat tam is van die hitte. Ons bakkie se lugversorger hol op vier strepies. Hoe nader ons aan Stellenbosch kom, hoe koeler raak dit. Toe ons ons oor die bult by Cloetesville ry, lyk dit selfs na reën. Die wind waai teen ek weet nie hoeveel knope nie. (Baie knope dink ek!) Selfs toe ons by Neetlingshof se hekke deur, lyk dit na ‘n onplesierige aand. Ons skrop vinnige nes saam met Micha en Van Heerden. Kampstoele, piekniekkombersies en ver...

Fast en Easy aan die orde van die dag...

Image
Ons   word Woensdag genooi vir na- werk drankies. Dis ‘n Veertigste. Dis vir my ‘n absolute nuutjie – ons eerste vriende raak 40. Ek het Woensdag besluit dat ek mal is oor hierdie nuwe seisoen van veertigste verjaarsdae. Almal by die partytjie is ‘n raps ouer. (Ouer as 30) Byna almal het kinders. Byna almal slaap min. Byna almal is op presies dieselfde bladsy. Dis so lekker, want ons praat dieselfde taal. Die partytjie is feestelik. Motors staan die straat vól. Mareli en Rudi kán partytjie hou. Gaste word trakteer op die beste wyn en beste spyse. Die vuurtjie en musiek dra by tot die feestelikheid. Ek en Marlize gesels mekaar iewers gedurende die aand raak. Sy is van daardie mense wat jy wil in huur om jou partytjie lekkerder te maak. Sy en haar man. Diè spog met ‘n stem wat enige dag by RSG kan begin uitsaai. Marlize is ‘n Noord-kaper gebore. Ons gesels sommer oor die vinnige pas van die lewe. Sy moet erken, begin bieg sy. As jy op haar google-history ingaan, is...