Posts

Kamp Staaldraad met die Coetzee-kindertjies

Woensdagaand bel my man van die Namibiese grens af. Hy vermoed hy gaan dalk nie sein hê tot Sondag nie. Ek voel hoe ek benoud raak. Lambrecht is dikwels van die huis af, maar hy het altyd selfoon sein. Selfs uit Amerika en China kon ons altyd iewers gedurende die dag of nag met mekaar gesels. Ons het altyd “nag” en “môre” gesê alhoewel ons dagtye verskil. Nou was dit ek en Amé en Daniël, op ons eie, tot Sondag. In hierdie halwe week leer Daniël “poef” sê en hy doen dit ook as hy voel dis sulke tyd – ongeag waar ons, ons bevind. Hy spreek sy nuwe woordjie hard en duidelik uit vir die hele wye wêreld om te hoor. Ons kinders is wonderlik, maar in hierdie halwe week verinneweer hulle, hulle ma. Hulle baklei oor alles. Sussie wil wolf-wolf speel en boetie is die wolf. Hy wil nie wolf wees nie. Of sy wil huis-huis speel, maar hy wil nie die baba wees nie, of polisie-polisie, maar hy wil nie in die tronk geprop word deur sy suster nie. Hulle spring trampolien en sussie spring t...

Die lekkerkos waarvan niemand meer praat nie

Image
Dis hoogmode om deesdae gesond te kook – suikervry en lae GI, in seisoen en organies. Erfeniskos is in. Yskasterte is uit. Tradisioneel met ‘n kinkel is in. Aromat en boeliebeef is uit. Ek sit en lees nou Mariëtte Crafford se rubriek in die nuutste Rooi Rose. Ek verslind dit altyd. Sy werk so mooi met woorde – alliterasie op die perfekte plekke, en die heel mooiste self uitgedinkte woorde. Ek’s ‘n Niël Stemmet aanhanger ook. Hy maak my terugverlang na ouma Susie se Sondag middagete tafel. Dan is daar natuurlik Herman Lensing. Die jongman wat oud en nuut so mooi laat trou. Hulle kook eerlik en vars en mooi en gesond. My hartsbegeerte is om ook soos die meesters in my kombuis om te gaan. Dis waarom ek een Saterdagmôre voor die voet kombuis skoongemaak het. Alle pakkies met MSG en die ander sondebokke, is in ‘n Checkerssak geprop. Hulle moes ‘n ander kombuis gaan versondig. Ek bel Marietjie en vertel haar van my gesonde kombuis. Ek kan aan haar stem oor die foon hoor ...

Nostalgies oor jou grootwordplek

Byna twee weke in die Boesmanland, ‘n braai in die skerm, paar oggende se draf op grondpad, baie happe kaiings en glase Noveau Blanc en die Boesmanland se heilige stilte later, hou ek nabetragting. Ek het vir die Here baie jare terug gebid vir ‘n boer en kinders wat lief is vir vlaktes. Want ek’s ‘n stof en vlaktemens. Die Here is nie doof nie. Lambrecht is nie ‘n boer nie, en ons kindertjies is nie Boesmanlandertjies nie, maar hulle deel my liefde vir stof en vlaktes. En die Boesmanland. In Daniël het Oupa André sy eerste seunskind, kleinseun. Ek kan sien sy gees vier fees. Soggens sit Daniël op Oupa se skoot en deel met hom sy eerste beker moerkoffie. Ek protesteer eers. Kinders, of peuters, mag nie koffie drink volgens ons reëls nie. My pa hou hom doof. Hy deel sy snytjie boerbrood met appelkooskonfyt en kaiings daarop met sy eerste kleinseun. Hy deel groot. Oupa sal sy alles deel met hierdie seunskind. Hy deel selfs klein stukkies van sy laaste sult met Daniël. Onse Daniël s...

Ouerskap is 'n wille rit!

Ek neem vanoggend 'n lang skuimbad in my sussie se groot hoekbad, met 'n masker aan, terwyl ek Die Burger se bylaag lees. Ek doen dit in doodse stilte. Marli is steeds in Thailand, en as sy nie hierdie lees nie, hoef sy nooit eens te weet dat ek hier was nie. Ek sit my grimering tydsaam aan voor haar groot spieël terwyl ek liedjies neurie in my kop. Toe maak ek koffie in haar grootste koffiebeker met die blou "FAITH" daarop. Ek drink die koffie slukkie-vir-slukkie terwyl ek Die Burger aandagtig lees. Ek het die oggend af. Ek het verlof ingesit by die hoof van ons huis. Hierdie ma het tyd met haarself nodig. Verlede week stuur my Anneen-niggie 'n stemboodskap aan. Hul lieflike eersteling, Elsje, is maar 'n skrale twee wekies oud. Anneen se stem klink lewensmoeg. Julle kon my beter gewaarsku het - begin haar stem ietwat verwytend. En net daarna sê sy dat sy versot is op hul nuwe pop, dis net baie anders as wat jy jouself ooit kan voorstel. Ek ...

Oom Stoffies se ongeluk(kies)

Vanoggend, terwyl ek ons boetie se eerste doek vir die dag omruil, kom staan Lambrecht in die kamerdeur. Hy wou nog vertel het – hy’t anderdag ‘n oom in die Paarl ontmoet wat my pa-hulle baie goed ken. Oom Duitser Engelbrecht is ‘n Namibiër wat in Kakamas op skool was. Ja, hy ken vir André Nel, het oom Duitser gesê, dis mos André Makkie. Hy’t mos so vreeslike stoute broer gehad, Stofbakkies. Ons ken hom as oom Stoffies vandag. Almal van hier tot in Moerlandspan ken vir oom Stoffies. Oom Stoffies is vandag die eienaar van Panarotti’s in Worcester. Sy kinders is al verloof en getroud. Maar stories van oom Stoffies uit sy jonger dae loop jy orals raak. Oom Duitser vertel dat oom Stoffies sy karretjie eendag gerol het. Na die tyd vertel oom Stoffies toe, toe hy nou daar onderstebo lê, kar op sy dak, speel Neil Diamond se “What a beautiful noise.” Toe luister hy maar eers die liedjie klaar voor hy uitklim. Ek kon die prentjie sien en die liedjie hoor. Ek kon eenvoudig nie ophou...

Begrafniskos en Moedersdag

Sondag neem Stan en Marietjie ons Pofadder toe, na ‘n sielsverkwikkende paar dae op die plaas. Ons drie sussies het 60km se geselstyd voor ons moet afskeid neem in Pofadder. Dan moet ek en Marli die pad waaghalsig aandurf met my energieke twee bloedjies. Ons gesels oor ‘n duisend onderwerpe in hierdie tyd. Onder andere oor hoe en waar ons begrawe wil word. Die dood is lankal nie meer vir ons ‘n heilige onderwerp waaroor ons in ‘n fluistertoon   praat nie. Ons het dit immers al aan ons lywe gevoel. Dis tog ons almal se lot/voorreg op die ou einde. Uit die bloute kondig Marli aan dat ons asseblief nie moet nalaat om Cremoratert op haar begrafnis te bedien nie. Marietjie verklaar dat sy nie begrafniskos verkies nie – eerder ‘n lang tafel met “mashed potatoes” en wors sodat almal gesellig kan saamkuier en eet. Later op die pad, skuins duskant Bitterfontein, vertel Marli van die stuk wat sy anderdag op Facebook gelees het. Dis geskryf deur iemand wat haar ma verloor het en...

Sjokolade en die liefde

Woensdagaand gaan kyk en manlief na die fliek, Chocolate, onder Wellington se sterrehemel. Die buitelug fliekaand word aangebied deur die Breytonbach-teater op die dorp. Tuinmeubels en kersliggies is die enigste dekor. Pizza en wyn is op die spyskaart. Die atmosfeer is lig en romanties. Halfpad deur die fliek moet ons stywer sit en ons piekniekkombersie oor ons gooi. Die Bolandlug raak herfs. Ek kyk die fliek vir die soveeelste keer, maar dis manlief se eerste. Juliette Binoche vertolk die hoofrol en laat sjokolade amper na iets heiligs lyk. Haar kliënte verbruik haar sjokolade bietjies-vir-bietjies, met agting,   maar elke proe laat jou eie mond kwyl. Ek en manlief vertrek net na 22:00, met ‘n yslike lus na sjokolde. Ons stop oppad huistoe by Engen se Terbodore vir goeie warm sjokolade. Manlief beduie ek moet hom asseblief nie nou stop nie. Hy koop Amarula sjokolade, donker sjokolade kitkat en Lindt-balletjies. Ons giggel en proe soos in ons verliefdae die amper twee kilom...