Posts

Hoe eet mens 'n olifant?

Image
Marli kom vertel weer Vrydag vars nuus van Arend en Anne. Sy het gaan foto’s neem van die hawelose paartjie. Hulle het na die tyd skaam gevra of hulle ook asseblief een van die foto’s kan kry – want dit sal darem lekker wees om op ‘n foto te sien hoe mens lyk. Arend en Anne se woonplek is op ‘n stoep naby die polisiestasie. Hulle “was” hulleself in een of ander rivier, het hulle Marli vertel van hulle lewe op straat. Hulle beddegoed word bedags in ‘n swartsak in ‘n boom bewaar. As hulle net saans met ‘n vol maag kan gaan slaap, is hulle die Here ewig dankbaar. Anne het intussen op ‘n plaas werk gekry. Sy wou bekommerd voor haar eerste werksdag by Marli weet hoe sy haar hare moet “style” vir haar eerste werksdag. Marli kon nie help om (bekommerd) te wonder of Anne met haar stewels met die effense hak haar plaaswerk gaan aandurf nie. Dis immers haar enigste skoene. Marli en haar Andrea vriendin het intussen ook vir hulle ‘n Bybel en kos geneem. Ek kan sien Arend en...

Saamstap

Image
Saterdagaand langs ons braaivleisvuur praat ons oor getroudwees. Ons stem saam dis diep lekker om met ‘n spanmaat deur die lewe te gaan, maar dis nie altyd so maklik nie. Dis nie ALTYD lekker nie. Ons buurman Ryno merk toe in sy wysheid op dat hy altyd vir Yolande sê sy het NET vir hom, en hy het NET vir haar. Daarom moet hulle mooi na mekaar kyk en mooi met mekaar werk. Dis so ‘n eenvoudige waarheid, dog so belangrik dat jy dit amper agter jou toiletdeur kan vasplak om gereeld kennis te neem. Marli vertel vanoggend dat hulle gister vir ‘n hawelose paartjie skoene, ‘n bybel, twee pies en melk geneem het so op die Sondagagtermiddag. Toe spat die vonke behoorlik tussen Anne en Arend. Ek wil belangstellend weet of die tweetjies dan nou getroud is. Trou haweloses of hoe werk dit? Marli verduidelik die hawelose paartjies sê altyd hulle loop saam. Dit beteken hulle is saam. Haweloses kan mos nie eens saamwoon nie, want hulle het nie ‘n saamwoon plek nie. Hulle stap sommer...

Kinders grootmaak: die GROOT prentjie

Image
 Am é se juffrou Helen by Kinderplaas vra hierdie week dat ek vir haar moet instaan. Sy het ‘ n ligte “ drafongelukkie ” gehad en eindig op in die hospitaal met ‘ n gebreekte arm. Dit kos my ‘ n dag of twee by Kinderplaas om weer perspektief te kry oor my taak as mamma. Of die Here breek dit vir my oop terwyl die kleinspan hulle pousebreek in die kombuis neem. Hulle sit almal aan ‘ n lang tafel om hul pousekos te eet voordat hulle buite gaan speel. Ek sien hoe Petrus van sy geroosterde kaas-en-hambroodjies met ‘ n maatjie deel toe die maatjie daarna vra. Ek hoor hoe Bennie en Markus land-en-sand hul boeties en sussies met mekaar bespreek. Ek sien hoe Olivia trots haar vet aarbeie vir ‘ n maatjie wys en dan vra of sy daarvan wil h ê . Later help Lize ‘ n maatjie op wat val. Bettie betig ‘ n maatjie mooi, dog beslis dat ‘ n mens nie s ó praat nie. Ons bak-en-brou Vrydag muffins. Ons doen dit in spanne en elkeen kry ‘ n takie. Mila bied aan om sommer alle spanne se s...

Lente

Marli en Theunis is so lief om gisteraand by my oor te slaap sodat ek vanoggend kan gaan draf. ‘n Drafmater sê vanoggend so mooi – sy moet draf om haar brein suurstof te gee. Dan voel sy sommer vir die res van die dag goed. Manlief is Maandag Noord-Kaap toe vir die week. Hy gaan beloer en bekyk Kakamas en Namibië se mooi druifies. Vroulief moet die fort tuis hou. Maar hierdie vroulief se brein raak suurstoftekort as manlief te lank weg is. Dit is dus vanoggend die grootste geskenk om met my liefste pienk draftekkies die teerpad aan te durf om 5h saam met Wellington se ander ywerige drawwers. Die lug ruik na jasmyn en pronkertjies. Toe ek my voordeur instap is ek sopnat gesweet en my kop is vol blomgeure. Ek voel die lewe bruis in my are. Wat doen jy hierdie lente om te voel jy LEWE? Behold, I make all things NEW. Rev. 21:5

'n Koffiestop by my niggie se koffieplek

Image
  Saterdagoggend ry ons uit pure nuuskierigheid Worcester toe – vir koffie en koek by my niggie se nuwe koffieplek. Wat ‘n aangename verrassing. Die koffieplek is deel van ‘n gallery en sit aan die begin van Baringstraat. Ek verloor sommer met die intrapslag my hart op die groot boom en die stoep. Enige werf met ‘n groot boom en ‘n breë stoep moet ‘n gelukkige plek wees. So glo ek.   ‘n Groepie vroue is onder die groot boom besig met kunsklasse. Elkeen is verdiep in hul eie kunswerk. In die agtertuin vier ‘n groot groep iemand se kombuistee. Dit klink na ‘n uitbundige gedoente. En iewers tussen die groepie wat skulder en die groepie wat fees vier, skrop ons vir ons ‘n gesellige hoekie op die stoep. Die diens is uitstekend en die kos is heerlik. Ons kinders kry spesiale aandag en geniet die koffiedrink ook terdeë. Ek en manlief smul aan heerlike reënboogkoek, en dis so lekker dat ek sowaar vergeet om dit af te neem. Spesiale aandag aan die fynste beson...

Lente DECLUTTERTING

Image
Clutter is in ons DNA. Ouma Susie, ek’s haar naamgenoot, was absoluut die moeder van clutter . By haar voordeur was altyd van daardie groen paddatjies wat alte gesellig op ‘n bankie sit en jou vriendelik groet so met die intrapslag. Daar was die goetertjies teen die muur, bordjies in die potte en so kan ek voortgaan. Dit was destyds geen grap om ons grootwordhuis op te ruim na my ma na haar hemelse huistoe is nie. Toe trouklokkies weer vir my pa lui, moes ons sorteer, wegsmyt en uitdeel. Daar was so baie goeters. Nou veg ons sussies dieselfde stryd.  Want Clutter is in ons DNA. Clutter is oudmodies en onnodig. Marie Kondo, ‘n fyn Japannese dametjie, het die appelkar kom omsmyt. Sy’t besluit: Kláár met clutter . Marie Kondo het die mega best seller THE LIFE CHANGING MAGIC OF TYDING UP geskryf. Gaan google haar gerus, of gaan bekyk haar webtuiste , tydingup.com . Dis eintlik blykbaar vreeslik eenvoudig – jy moet elke item in jou huis vat en jouself afvra, bring die d...

Kamp Staaldraad met die Coetzee-kindertjies

Woensdagaand bel my man van die Namibiese grens af. Hy vermoed hy gaan dalk nie sein hê tot Sondag nie. Ek voel hoe ek benoud raak. Lambrecht is dikwels van die huis af, maar hy het altyd selfoon sein. Selfs uit Amerika en China kon ons altyd iewers gedurende die dag of nag met mekaar gesels. Ons het altyd “nag” en “môre” gesê alhoewel ons dagtye verskil. Nou was dit ek en Amé en Daniël, op ons eie, tot Sondag. In hierdie halwe week leer Daniël “poef” sê en hy doen dit ook as hy voel dis sulke tyd – ongeag waar ons, ons bevind. Hy spreek sy nuwe woordjie hard en duidelik uit vir die hele wye wêreld om te hoor. Ons kinders is wonderlik, maar in hierdie halwe week verinneweer hulle, hulle ma. Hulle baklei oor alles. Sussie wil wolf-wolf speel en boetie is die wolf. Hy wil nie wolf wees nie. Of sy wil huis-huis speel, maar hy wil nie die baba wees nie, of polisie-polisie, maar hy wil nie in die tronk geprop word deur sy suster nie. Hulle spring trampolien en sussie spring t...