Posts

Wellington se vure

Vandag is die hemel vir die eerste keer in ‘ n hele week weer helder ligblou, soos ons dit altyd ken. Die berge lyk veilig, majestueus en bolandmooi, soos altyd. Ek woon in Wellington. Ek het nie vure geslaan of kos uitgedeel of enigiets ekstra spesiaal gedoen tydens al die brande nie. Ek is bloot ‘ n huismamma van twee klein kindertjies, en as ons, ons voordeur oopmaak kyk ons uit op Wellington se lieflike berge. Die laaste drie dae was die ergste. Helikopters het heen-en-weer gevlieg. Dit het kompleet gevoel of ons in ‘ n oorlogsone woon met alle rook en helikopters. Dalk was dit bietjie soos ‘ n oorlogsone. Oorlog teen die vuur. Oorlog teen mense wat vuur maak omdat hulle harte ongelukkig is, en nie die verreikende gevolge deurdink nie. Oorlog teen wanhoop. Oorlog teen baie dinge. Eergisteraand was die vlamme ‘ n vernietigende monster wat oranjerooi teen ons mooi berge veld gewen het. Die manne was teen hierdie tyd al so moeg. Die wind wou net nie mooi saamspeel nie. Ons ...

Mooiweer en pannekoek op Millerton

Die Boesmanland lyk vandag soos ‘n wintersdag in die Boland, dit ruik na pannekoek en kaneel, dit voel soos die hemel.  Sagte druppeltjies sak elke nou-en-dan uit. Ek dink dis hoe die hemel moet voel; dankbaar, uitbundig, vol verwagting, vredevol en vars. Dit het gister al begin. Gisternamiddag was die Boesmanland so warm dat ons met nat waslappe op ons voorkoppe moes gaan middagslaap. Ons was besonders moeg na ‘n baie suksesvolle en vrolike nuwejaarspartytjie saam met ons Boesmanlandfamilie in Pofadder, die vorige aand. Ons het al met die opstaanslag gisteroggend begin uitsien na ons middagslaap. Nie eens die nat waslappe kon ons afkoel nie. My Marietjie-sussie het met ‘n nat waslap op haar voorkop én voete geslaap, en dit wou nie eens help nie! Teen koffietyd namiddag het die donderweer begin donder. Die plaasniggies was in verwondering toe die eerste druppels val. Die donderweer het Anmari (3) egter vreesbevange gehad. Dit was so erg dat my swaer later daarop aangedring...

Droogte in die Boesmanland

Ek wil begin met: Ek is ‘ n Boesmanlander. Dit sal nooit verander nie. Ek het dit vanoggend besef. Johnnie en Madeleen laat weet onverwags hulle is in Wellington. Hulle wil ‘ n “ vinnige invalletjie ” doen, soos die Boesmanlanders maar maak. Ek kan my geluk nie glo nie. Hulle kom val in vir ‘ n vinnige koffie en koeldrank, en ons praat natuurlik dadelik van hul weggaan. Oom Johnnie en tannie Lottie was maar alle jare op Soutdwaggas. En toe trou klein Johnnie met die mooie Madeleen en begin saam met haar ‘ n lewe op sy erfgrond. Die drie klein Vissertjies met hulle pragtige o ë vervolmaak die prentjie. Maar nou pak hulle op vir ‘ n nuwe lewe op ‘ n plaas klipgooi van De Aar. Die droogte in die Boesmanland wurg hulle dood. Die Here se tydsberekening is perfek. Hierdie geleentheid het op so ‘ n spesiale manier op hul weg gekom, en die Here het hulle harte al lankal begin voorberei. Hulle vat hulle honde, kat en perde saam. Dis dit. Hulle het die bure laat weet hulle kan van d...

Ouma Ans se weggooigoed

Ek praat netnou met my pa. Dit gaan goed met hom. Hy het uiteindelik sy gout-voet tot ‘n mate onder beheer. Daar’s feitelik nie ‘n pil in oom Marius se apteek wat hy nog nie probeer het nie. Dit het nogsteeds nie gere ën nie. Verder gaan dit goed. Makkieplaas se donkie brand al vir vier dae aaneen aan ouma Ans se uitsmytgoed. Hoe so, wil ek nuuskierig weet. Ons tannie Elsa van Upington het onlangs ‘n familie-whatsapp groepie begin. Die groepie se naam is OUMA ANS PLANNE, met ‘n foto van ouma Ans. Die groepie is gestig omdat Ouma moes skuif van haar Kakamas woonstelletjie na haar nuwe lewe in Upington, in die ouetehuis in ‘n lieflike kamer naby ‘n lieflike stoep. Iemand moes Ouma se goedjies kom sorteer en in bokse pak. Ouma se goed moes verdeel word want Ouma se nuwe blyplek is veel kleiner as die klein waar sy haar nou bevind. Tannie Elsa en tannie Kotie gaan pak op. Ek dink daar gaan baie lag en huil en rooiwyn in die oppak naweek. Hulle post aanhoudend ou foto’s waarop...

Op die "edge'

Vandag is my ma al agt jaar huistoe. Dis die een dag in die jaar wat ek myself die geleentheid gun om goed jammer te voel vir myself. Dit bly ‘ n verskriklike seer en as ek dit hardop s ê wil ek dit amper nogsteeds nie glo nie. Maar my ma is regtig dood, verewig. Tannie Christa het destyds so ‘ n pragtige DVD gemaak met my ma se gunsteling musiek en mooi foto ’ s. Ek wou dit vandag iewers graag kyk terwyl ek alleen hartseer is. Ek wou vroegoggend opstaan en op die gras met Jesus gesels en groete stuur hemeltoe. Ek wou mooi blomme vir ons huis koop en myself met lekker koffie iewers bederf. Alles het by WOU gebly, want... Ons wonderlike Pappa Beer werk in die Noord-Kaap en albei ons kinders is die laaste 24-uur met mangelontsteking gediagnoseer. Albei op antibiotika. Die enigste rede waarom ek nou die luukse van storieskryf gegun word is omdat die kinders hang aan oom Jan de wet se lippe, terwyl ons vir my wonderlike buurvrou wag om vir Am é ‘ n setpil toe te dien. My buu...

Hoe eet mens 'n olifant?

Image
Marli kom vertel weer Vrydag vars nuus van Arend en Anne. Sy het gaan foto’s neem van die hawelose paartjie. Hulle het na die tyd skaam gevra of hulle ook asseblief een van die foto’s kan kry – want dit sal darem lekker wees om op ‘n foto te sien hoe mens lyk. Arend en Anne se woonplek is op ‘n stoep naby die polisiestasie. Hulle “was” hulleself in een of ander rivier, het hulle Marli vertel van hulle lewe op straat. Hulle beddegoed word bedags in ‘n swartsak in ‘n boom bewaar. As hulle net saans met ‘n vol maag kan gaan slaap, is hulle die Here ewig dankbaar. Anne het intussen op ‘n plaas werk gekry. Sy wou bekommerd voor haar eerste werksdag by Marli weet hoe sy haar hare moet “style” vir haar eerste werksdag. Marli kon nie help om (bekommerd) te wonder of Anne met haar stewels met die effense hak haar plaaswerk gaan aandurf nie. Dis immers haar enigste skoene. Marli en haar Andrea vriendin het intussen ook vir hulle ‘n Bybel en kos geneem. Ek kan sien Arend en...

Saamstap

Image
Saterdagaand langs ons braaivleisvuur praat ons oor getroudwees. Ons stem saam dis diep lekker om met ‘n spanmaat deur die lewe te gaan, maar dis nie altyd so maklik nie. Dis nie ALTYD lekker nie. Ons buurman Ryno merk toe in sy wysheid op dat hy altyd vir Yolande sê sy het NET vir hom, en hy het NET vir haar. Daarom moet hulle mooi na mekaar kyk en mooi met mekaar werk. Dis so ‘n eenvoudige waarheid, dog so belangrik dat jy dit amper agter jou toiletdeur kan vasplak om gereeld kennis te neem. Marli vertel vanoggend dat hulle gister vir ‘n hawelose paartjie skoene, ‘n bybel, twee pies en melk geneem het so op die Sondagagtermiddag. Toe spat die vonke behoorlik tussen Anne en Arend. Ek wil belangstellend weet of die tweetjies dan nou getroud is. Trou haweloses of hoe werk dit? Marli verduidelik die hawelose paartjies sê altyd hulle loop saam. Dit beteken hulle is saam. Haweloses kan mos nie eens saamwoon nie, want hulle het nie ‘n saamwoon plek nie. Hulle stap sommer...