Posts

Basaar

Vrydagmiddag ’n week gelede hoor ek so half per ongeluk by ’n vriendin van Silwerkruin (Huis vir bejaardes in Wellington) se kerkbasaar. Ek kan my geluk nie glo nie! Ek het grootgeword met meer kerkbasaars en kermisse as wat ek op my twee hande kan tel. Ek is mal oor die kos en goetertjies en atmosfeer van ’n basaar. My ma moes altyd goed bring vir Kakamas NG Kerk se Boesmanland tafel. Mens onthou mos die verlede soos jy dit wil onthou. In my kop was die tafel altyd uiters gewild. Daar was ’n goue reël by Kakamas kerkbasaars: Niemand mog iets koop voor die dominee die basaar amptelik “oop gebid” het nie. Ek het al onder gebed geloer en gesien hoe mense hul hand op ’n Boesmanland skaapnek sit – so onder gebed! My pa vrek oor basaarpoeding en basaar/kermis pannekoek. Hy het altyd heeltemal te veel daarvan gekoop. Ons was nooit spandabelrig nie, maar by ’n kerkbasaar het ons pa met ’n skrikwekkende begroting gewerk. Elkeen in die gesin het ruim geld ontvang vir die geleentheid. J...

die Bergstorie

Image
Ons laaste stop in Greyton is by die Spar vir padkos. Marietjie smul aan haar steak-en-kidney pastei  soos net ń honger mens kan. Sy sal Greyton vir twee dinge onthou, praat sy tussen happe deur: Die Boesmanskloof en Greyton se spar se lekker steak-en-kidney pasteie ... Ons bergstorie moet mens by die begin, begin. Ons liefde vir stap kom beslis van my ma af. Dit bruis in ons al drie se are. Stap maak ons gelukkig. Dit maak ons kop oop en ons gemoedere lig. So besluit ons iewers dat ons ń roete wil gaan stap in 2017. Dit gebeur impulsief en vinnig dat ons keuse op die Boesmanskloof roete net buite Greyton val. Ons re ë l die staptog binne twee weke. Ek het by Danie, iemand in ons drafgroep, vir die eerste keer van hierdie roete gehoor. Nee wat, dis nie ń te moeilike roete nie. As jy effe fiks is, sal jy dit oorleef. Aldus Danie. Na hierdie naweek het my sussies ń appeltjie met Danie te skil. Hulle het my ook aangeraai om in die toekoms liefs maar dinge wat Da...

die Melktert

Image
Ek voel vandag teleurgesteld in myself. Eergister was Nasionale Melktertdag en ek het ń wonderlike geleentheid om melktert met koffie te geniet, misgeloop. Iewers in die harwar van blou Maandag het my brein gesê – blou Maandag en melktert loop nie saam nie. Nou is ek spyt! My skoonpa vertel graag van sy skoonmoeder, Dora, se ongelooflike melktert. Die kors het perfek opgepof en die melktertpap was blykbaar so na aan volmaak as wat jy kan kry. Ek het nooit die voorreg gehad om die perfekte melktert te proe nie. My skoonma het blykbaar een maal haar hand gewaag aan haar ma se resep. Dit was so ń grootse oomblik dat pa Danie foto’s daarvan geneem het. Nou kyk hy maar na die foto’s as die melktertlus hom oorval, vertel hy graag. Ons het ook grootgeword met melktert. My ma was nie ń vrou vir langpaaie nie en dus ken ons nie eintlik melktert met ń kors wat fraai oppof soos ń ballerina tutu nie. My ma sin was korsloos of met daardie smeerkors, wat net so lekker is. Ons familie...

Gewigverloor teen tyd ...

My pa laat weet per whatsapp – hy weet nou nie meer watter kant toe nie. Ons een stiefsussie trou hierdie jaar (Stief is darem so ń stief-woord om te gebruik!) en hy wil darem regtig nie graag die dikste op die troufoto ’ s wees nie. Soos dinge nou staan ... Toe is dit die naweek atletiek in Kakamas en dit het niks gehelp nie. Hy het weer geen brieke gehad met die pannekoek en hotdogs nie. My minder simpatieke middelsus beveel aan dat hy elke geleentheid sal aangryp om kalorie ë te verbrand. Dalk kan hy sommer sy tone wikkel op die toilet, aan die etenstafel en terwyl hy saans Bybel lees in die bed. Anderdag s ê Marli se skoonma iets wat my so lekker laat lag het. Liezel vertel – hulle het haar seun en die se meisie gaan inskryf vir hul eerstejaar op Stellenbosch. Daar in die warboel van mense en gesigte en chaos het hulle vir ń oomblik nie geweet WAT om te doen nie. Toe gaan eet hulle maar iets. “ As ons nie weet wat om te doen nie, gaan eet ons maar iets, ” sl...

Wellington se vure

Vandag is die hemel vir die eerste keer in ‘ n hele week weer helder ligblou, soos ons dit altyd ken. Die berge lyk veilig, majestueus en bolandmooi, soos altyd. Ek woon in Wellington. Ek het nie vure geslaan of kos uitgedeel of enigiets ekstra spesiaal gedoen tydens al die brande nie. Ek is bloot ‘ n huismamma van twee klein kindertjies, en as ons, ons voordeur oopmaak kyk ons uit op Wellington se lieflike berge. Die laaste drie dae was die ergste. Helikopters het heen-en-weer gevlieg. Dit het kompleet gevoel of ons in ‘ n oorlogsone woon met alle rook en helikopters. Dalk was dit bietjie soos ‘ n oorlogsone. Oorlog teen die vuur. Oorlog teen mense wat vuur maak omdat hulle harte ongelukkig is, en nie die verreikende gevolge deurdink nie. Oorlog teen wanhoop. Oorlog teen baie dinge. Eergisteraand was die vlamme ‘ n vernietigende monster wat oranjerooi teen ons mooi berge veld gewen het. Die manne was teen hierdie tyd al so moeg. Die wind wou net nie mooi saamspeel nie. Ons ...

Mooiweer en pannekoek op Millerton

Die Boesmanland lyk vandag soos ‘n wintersdag in die Boland, dit ruik na pannekoek en kaneel, dit voel soos die hemel.  Sagte druppeltjies sak elke nou-en-dan uit. Ek dink dis hoe die hemel moet voel; dankbaar, uitbundig, vol verwagting, vredevol en vars. Dit het gister al begin. Gisternamiddag was die Boesmanland so warm dat ons met nat waslappe op ons voorkoppe moes gaan middagslaap. Ons was besonders moeg na ‘n baie suksesvolle en vrolike nuwejaarspartytjie saam met ons Boesmanlandfamilie in Pofadder, die vorige aand. Ons het al met die opstaanslag gisteroggend begin uitsien na ons middagslaap. Nie eens die nat waslappe kon ons afkoel nie. My Marietjie-sussie het met ‘n nat waslap op haar voorkop én voete geslaap, en dit wou nie eens help nie! Teen koffietyd namiddag het die donderweer begin donder. Die plaasniggies was in verwondering toe die eerste druppels val. Die donderweer het Anmari (3) egter vreesbevange gehad. Dit was so erg dat my swaer later daarop aangedring...

Droogte in die Boesmanland

Ek wil begin met: Ek is ‘ n Boesmanlander. Dit sal nooit verander nie. Ek het dit vanoggend besef. Johnnie en Madeleen laat weet onverwags hulle is in Wellington. Hulle wil ‘ n “ vinnige invalletjie ” doen, soos die Boesmanlanders maar maak. Ek kan my geluk nie glo nie. Hulle kom val in vir ‘ n vinnige koffie en koeldrank, en ons praat natuurlik dadelik van hul weggaan. Oom Johnnie en tannie Lottie was maar alle jare op Soutdwaggas. En toe trou klein Johnnie met die mooie Madeleen en begin saam met haar ‘ n lewe op sy erfgrond. Die drie klein Vissertjies met hulle pragtige o ë vervolmaak die prentjie. Maar nou pak hulle op vir ‘ n nuwe lewe op ‘ n plaas klipgooi van De Aar. Die droogte in die Boesmanland wurg hulle dood. Die Here se tydsberekening is perfek. Hierdie geleentheid het op so ‘ n spesiale manier op hul weg gekom, en die Here het hulle harte al lankal begin voorberei. Hulle vat hulle honde, kat en perde saam. Dis dit. Hulle het die bure laat weet hulle kan van d...