Posts

Die skouspelagtige eindstryd

Ons kan byna nie glo dit het toe regtig weer vir ons gebeur nie. Gister koop ons die Rapport en knip elke liewe rugby artikel uit vir ons Adriaan-kind se bababoek. Hierdie gebeurtenis was immers in die jaar van sy geboorte. Soos manlief tereg s ê – ons mag Saterdag nooit vergeet nie. Ons sal dalk nooit in ons lewens weer s ó ‘n eindstryd sien nie. Ons goeie vriend Jaco kyk die wedstryd sedert Saterdag steeds daagliks ‘n paar keer. Hy het dit ook al in verskeie tale gekyk. Dit klink blykbaar elke keer anders en mens is elke keer van voor af uit jou nate bly oor die soete oorwinning. Oor Saterdag sal ons nog lank praat. Dit was niks minder as skouspelagtig nie. Deesdae is albei my sussies in Pofadder omgewing. Laatlam is die Septembervakansie met die liefde van haar lewe getroud en woon nou net sowat 30km vanaf middelsus. Albei vertel gisteraand van hulle W ê reldbeker ervaring. Jongste-hulle het by haar skoonouers gaan rugby kyk. Sy s ê dit het soos die laaste avondmaal gel...

Bederfbokse in die droogte

Ek kan nie onthou hoe oud ek was nie. Dalk Sub.A of B. Ons was in Kakamas vir die naweek. My ma het sommer so op die bed met ons sit en gesels. Skielik was sy ernstig. Dis droog op die plaas en ons moet my pa mooi probeer help. As ons winkel toe gaan moet ons nie onnodige goed koop nie. Ons weet mos een van die dae re ë n dit weer en dan is alles weer beter. Ek sal dit nooit vergeet nie. In my grootraak jare op Makkiesplaas was daar baie droogtes. Dit voel vandag of ons maar altyd aan’t bid was vir re ë n.   Die re ë n was egter altyd betyds. Die watertenk agter by ons kombuis was nooit droog leeg nie, dan kom die volgende re ën. Die veld rondom die begraafplaas was nooit morsdood nie. Na die geringste reëntjie het die langbeen boesmangras gewillig begin lewe kry. Net wanneer jy regtig benoud wou begin raak, was die uitkoms daar. Hierdie keer is anders. Eintlik wil ek nie aan Makkiesplaas dink nie. Ek wil my kop soos ‘n volstruis in die sand druk en vergeet. Ek wi...

Jou X

Vanoggend glip ek gou by ‘n winkeltjie hier in Wellington in vir brood en melk. “Julle is seker Woensdag toe om te gaan stem?,” vra ek so half terloops. Die vrou agter die till verduidelik dat hulle moet beurte maak om te gaan stem, want die winkel moet oop bly. “Weet jy hoe moeilik gaan dit wees om taxi’s te kry. Weet jy hoe lyk die rye in die townships waar ek moet stem?” vra die vrou. Dis waarom sy liewer nie gaan stem nie. Buitendien maak almal nou die mooiste beloftes waarvan daar niks gaan kom nie. Ek vra haar of sy kinders het en sy vertel trots van haar drie kinders. “Dis waarom jy moet gaan stem. Ons doen dit vir ons kinders. Ons wil h ê die gety moet draai en daar moet ‘n blink toekoms wink vir ons kinders hier in Suid-Afrika,” probeer ek haar vir oulaas oortuig voordat ek uitstap. Sy glimlag net. Ek hoop sy gaan tog maar Woensdag stem. Alhoewel ek net ‘n huismamma is wat weinig weet of verstaan van politiek, voel ek vreemd optimisties. Ek bid saans om 21:...

Oupa en Daniel boer

Onlangs gaan kuier ons ‘n bietjie by oupa Andr é en ouma Marinda op Makkiesplaas. Een oggend kondig Oupa aan dat hy gou die oggend moet water aanry na die een plaas. Ek weet dis nogal ‘n entjie se ry en ‘n heel paar hekke, maar Dani ë l is baie beslis: hy wil saam met Oupa gaan boer. Hy wil net dringend weet of ons padkos kan saamstuur asseblief. Ouma Marinda pak ‘n klein koelsakkie stampvol padkos. Ek loer nuuskierig deur die kos voordat ek aan Dani ë l oorhandig. Ek sien daar is van dro ë vrugte tot grondboonjiebotter-en-stroopbroodjies tot biltong en chips. Ouma het aan alles gedink. Hulle neem ook Oupa se blou waterbottel saam. Dani ë l dring daarop aan om sy vellies aan te trek vir die uitstappie. Sy glimlag gaan rondom sy kop toe hy met sy vellies en koelsakkie saam met Oupa voor in die bakkie klim. Teen middagete wil ek by tannie Marinda weet hoe laat hulle min of meer sal arriveer. Sy wou nie vooraf waarsku nie, want netnou sou ek Dani ë l nie saamstuur nie, maar Da...

'n Koppie Tee

Een maal ‘n jaar gaan my sussie-hulle se Lena vir ‘n maand lank op vakansie vir kuier by haar familie in Kuruman. Dis nou daardie tyd van die jaar. Marietjie se boodskap gisteraand laat is duidelik ‘n manier om emosioneel te ontlaai. Teen 9-uur gisteroggend het sy nog nie ontbyt oor haar lippe gehad nie. Haar jongste, George (1) was toe reeds gereed vir sy oggendslapie. Andréa (3) was gereed vir teetyd met tee en koekies en hul oudste Anmari (5) was besig om ‘n soektog te loods na grimering sodat sy haarself gereed kan kry vir haar dag. Toe is dit nog net 9-uur. Van daar het sy ‘n poging aangewend om huis skoon te maak met drie kinders in die omtrek. Middelste het met haar vuil dogtertjievoetjies agter Marietjie aangestap – deur die huis op die nat en skoon vloere. Dit het sy eers na die tyd ontdek. Jongste wou gedurig op die koffietafel staan om deur die venster te kyk. Sy moes net keer – want bloed op ‘n Maandagoggend is die laaste ding wat mens nodig het! Maar sy is nou gerat ...

Feestyd = Rustyd

Gister namiddag gaan tel ek ons kinders by Jaco en Sarah op. Hulle het ‘n bietjie daar gespeel terwyl ek vinnig probeer inpak vir vandag se vertrek na Hermanus vir ons Coetzee Kersfees. Jaco en Sarah sit en speel kaart met glase witwyn – min wyn met baie ys. Die kinders is besig om ‘n danspartytjie te hou in opdress klere. Die prentjie lyk feestelik. Die Else het in rus ingegaan vir die feestyd. Ek onthou die feesseisoen as kind. Soggens is alle nodige take verrig. Na ‘n middagslapie voor waaiers het die hele gesin in die klipdam gaan swem om af te koel. Ek onthou nog die slymerige bodem van die dam, die duisende waterhondjies (soort vreemde swemmende gogga) en die sout sout boorgatwater in die dam. Ons mag nooit my ma se hare nat gespat het nie. Na die swem was dit koffie op die stoep, koffie en van my ma se tuisgebakte vrugtekoek. Dan het ons sommer lank so sit en kuier op die stoep voordat elkeen weer sy gang gegaan het. Desembermaand was GOEIE rustyd. My kop weet my ...

Tien jaar

Image
Vandag is dit tien jaar. Tien jaar het vinnig é n stadig verbygegaan. Ek wil deur die dag glip sonder om te onthou. En ek wil deur die dag gaan en almal stop en vertel. Net vir ingeval hulle vergeet het, of dalk nooit geweet het nie. My ma is vandag tien jaar al dood. Ek ontdek die boekie waarin mense op die dag van haar begrafnis boodskappe geskryf het. Die trane loop sommer net. Sonder dat ek huil. Ons dogtertjiekind wil weet of mamma huil of traan. Dis asof sy die verskil ken. Mamma huil nie, mamma traan sommer net op hierdie dag tien jaar later. My ma se “aanneemkoshuiskind” uit Namibi ë destyds het sy boodskap begin met (Ek weet hy sal my vergewe dat ek aanhaal) – “Tannie Annamarie het altyd tonne liefde gehad. Ek wil amper net dit skryf want dit was genoeg vir my.” Soms is ek so bang die herinneringe na my ma glip jaar-vir-jaar weg totdat daar niks oorbly nie. Maar hierdie enkele sin som so mooi op wie my ma was. Ek onthou van ons laaste stappies op die gro...