Posts

Korona Dagboek - Dag 4

My Pofaddersussie se oudste noem dit die Macarona-virus. Marietjie s ê haar kinders het die maskertjies op die nuus gesien. Toe wil Anmari en Andr é a opsluit ook sulke maskertjies h ê . Sy het sommer sulke koddige maskertjies uit koffiefilter papier met toutjies aan prakseer. Nou speel haar kinders buite met die maskertjies aan. Terwyl ons onlangs by my pa-hulle op die plaas kuier, gaan lei ek die boompies in die begraafplaas nat. Die kinders gaan altyd saam. Die begraafplaas op Makkiesplaas is ‘n lieflike speelplek vir die Coetzee-kindertjies. Adriaan sit sommer so onder die peperboom in sy akkertjie en speel in die water. Am é rankskik die potjies op die grafte en Dani ë l maak die walletjies heel wat breek van die water. Dis altyd sulke lekker geselstyd met die kinders. Ek vra versigtig wat hulle dink van die Koronavirus. Dani ë l antwoord na so ‘n rukkie - hy sal net nie wil doodgaan daaraan nie, want dit sal nie vir hom lekker wees nie. Ons het Donderdagmiddag op Mill...

Korona is op ons

Image
Maandagoggend vroeg het ek soos baie ander mense die winkels ingevaar opsoek na Vitamine C, Dettol handewasseep en “hand sanitizer.” Nodeloos om te s ê kon jy nie meer ‘n enkele “hand sanitzer” in Wellington opspoor nie. In Clicks se ry het ek ‘n tannie hoor mompel – “as die bl ê rrie Chinese nie so alles eet nie, het ons nie nou met hierdie krisis gesit nie.” Nog later het ek gesien hoe sy trane onopsigtelik afvee terwyl sy vir ‘n vriendin vertel hoe hulle ‘n vakansie waarna hulle al so lankal uitsien, moes kanselleer. Dit het geklink na ‘n kuier by kinders oorsee. Korona is nou ons werklikheid. Maandagmiddag gaan kuier ons by my tannie in Durbanville. Ons laaste uitstappie in ‘n lang tyd. By Paarl se afrit vertel ek sommer so terloops aan die kinders dat die eerste gevalle van Korona ook nou in die Paarl aangemeld is. Dani ë l wys my vinnig daarop dat ons liewers ons ruite moet toe hou as ons deur die Paarl ry. Netnou waai die Korona in. Ons bel gisteraand my pa om hom...

Adene se Plaasblomme

Image
Saterdagnamiddag loop ek en buurvrou Leandri mekaar op die grasperk voor ons huise raak. Dis altyd ons lekkerste kuiertyd – so op die gras voor ons huise, met kinders wat rondom ons speel. Ons albei se mans ry die volgende dag die Argus en ons praat sommer oor ons planne met die kinders so sonder die pappas. Ek moet byvoeg – ek wou regtig nie graag uitmis op Lambrecht se eerste Argus nie. Ek was selfs bereid om met die drie kinders by die wenstreep te wag vir sy oomblik van glorie. Manlief ken my egter nou al teen hierdie tyd goed genoeg. Ek is glad nie ‘n realis nie. Die dromer en optimis in my “sien” sulke uitstappies altyd lekkerder as wat dit ten einde uitdraai. Die werklikheid is dat ek met drie kinders gaan sukkel om parkering te kry. Dan gaan ek sukkel om in daardie klein spasie te parkeer. Teen die tyd dat ons uit die motor is gaan ek met drie baie geïrriteerde kindertjies baie ver moet stap om by die wenstreep te kom. Die kanse is baie goed dat een of meer honger, dors o...

Genoeg

Hierdie naweek ontvang ons ‘n nota van die skool: Daar’s weer kopluise in die rondte. Was maar jou kind se hare met die nodige sjampoe ter voorkoming.  Sondagaand gaan dit weer lekker by die Coetzees. Ek bad die drie sommer so saam. Een jaar later is ek al soos ‘n goed geoliede masjien wanneer badtyd aanbreek. Soos sommige badtye maar verloop, is di é een weer chaos. Die oudste twee baklei oor baba se oulike musiek instrument waarmee mens in die bad kan speel. Baba probeer water uit die kraan drink. As hy   nie daarin slaag nie, probeer hy die badprop uittrek. Oudste twee spat te wild in die water. Baba huil, want hy hou nie van ‘n gespat nie. Drie kinders is nie aan te bevele vir mense wat hou van rustigheid en orde nie. Toe almal klaar gebad is besef ek eers dat ek vergeet het van die luis sjampoe (Dis ‘n vreeslike naam!!!). Ek verseker oudste dat ons die volgende aand haar hare met die voorkomende sjampoe sal bykom, maar sy nie die nuus van haar ma se vergeet...

'n Maandag blouer as blou

Saterdag raak ons jongste een. Ons onderneem ‘n daguitstappie na Kaapstad. Sulke uitstappies klink altyd lekkerder in ‘n mens se kop as in die werklike lewe. Adriaan gedra hom mooi. Behalwe die glas blou melkskommel wat hy in Wimpy omgooi, verloop die oggend mooi. Hy raak rustig aan die slaap tydens ons boottrippie in die hawe. Hy verkyk hom aan alle mense en glimlag te fraai as iemand in sy rigting kyk. Die laaste 10km voor Wellington, oppad terug, raak vir hom te veel. Ons haal hom noodgedwonge uit sy stoeltjie. Maar ‘n 1-jarige wat gen óé g gehad het is ‘n gevaarlike ding. Hulle is meedo ë nloos. Hulle kan ‘n ma gewetenloos verinneweer! Toe ons uiteindelik tuis arriveer voel ek tien jaar ouer en doodmoeg. Gisteraand besluit ek en manlief om ‘n noodvergadering byeen te roep. Ek en hy sal moet besin en strategie uitwerk oor hoe ons hierdie fase gaan hanteer. Ons huis lyk gedurig of hier ‘n orkaan deur is. Ons lieflike jongste het meer speelgoed as wat sy sussie en boetie van kon dr...

Die skouspelagtige eindstryd

Ons kan byna nie glo dit het toe regtig weer vir ons gebeur nie. Gister koop ons die Rapport en knip elke liewe rugby artikel uit vir ons Adriaan-kind se bababoek. Hierdie gebeurtenis was immers in die jaar van sy geboorte. Soos manlief tereg s ê – ons mag Saterdag nooit vergeet nie. Ons sal dalk nooit in ons lewens weer s ó ‘n eindstryd sien nie. Ons goeie vriend Jaco kyk die wedstryd sedert Saterdag steeds daagliks ‘n paar keer. Hy het dit ook al in verskeie tale gekyk. Dit klink blykbaar elke keer anders en mens is elke keer van voor af uit jou nate bly oor die soete oorwinning. Oor Saterdag sal ons nog lank praat. Dit was niks minder as skouspelagtig nie. Deesdae is albei my sussies in Pofadder omgewing. Laatlam is die Septembervakansie met die liefde van haar lewe getroud en woon nou net sowat 30km vanaf middelsus. Albei vertel gisteraand van hulle W ê reldbeker ervaring. Jongste-hulle het by haar skoonouers gaan rugby kyk. Sy s ê dit het soos die laaste avondmaal gel...

Bederfbokse in die droogte

Ek kan nie onthou hoe oud ek was nie. Dalk Sub.A of B. Ons was in Kakamas vir die naweek. My ma het sommer so op die bed met ons sit en gesels. Skielik was sy ernstig. Dis droog op die plaas en ons moet my pa mooi probeer help. As ons winkel toe gaan moet ons nie onnodige goed koop nie. Ons weet mos een van die dae re ë n dit weer en dan is alles weer beter. Ek sal dit nooit vergeet nie. In my grootraak jare op Makkiesplaas was daar baie droogtes. Dit voel vandag of ons maar altyd aan’t bid was vir re ë n.   Die re ë n was egter altyd betyds. Die watertenk agter by ons kombuis was nooit droog leeg nie, dan kom die volgende re ën. Die veld rondom die begraafplaas was nooit morsdood nie. Na die geringste reëntjie het die langbeen boesmangras gewillig begin lewe kry. Net wanneer jy regtig benoud wou begin raak, was die uitkoms daar. Hierdie keer is anders. Eintlik wil ek nie aan Makkiesplaas dink nie. Ek wil my kop soos ‘n volstruis in die sand druk en vergeet. Ek wi...