Posts

Planttyd

Image
 Soms is daar vir dae en weke en maande niks woorde in my kop nie. Ek jaag voort teen volspoed. En dan een Sondagmiddag, terwyl ek met my hande in die sand sit, is die woorde en stories plotseling terug. Ek is altyd so dankbaar as dit terugkom. Ek woon in my droomhuis. Dit is nie te groot nie en nie te klein nie. Dis nie pynlik netjies en perfek en super modern en baie wit nie. Maar dis perfek vir óns. Dit het die mooiste uitsig op die berge rondom ons en ‘n plaaswerf van ons-weet-nie wie nie. Ons kan die beeste sien en hoor. Ons kan wonder oor wat in die groente tonnels geplant is. Dis wat ons gelukkig maak. Toe ons vier jaar gelede hier ingetrek het, het die tuin gespog met ‘n klein stukkie roostuin. Onder die dek was ‘n paar pragtige krismisrose. Alles moes waai. Die Coetzee-kindertjies was klein en my energie vir tuinmaak het nie bestaan nie. En alhoewel die Coetzeetjies klein was, was ek in ‘n stryd gewikkel met manlief vir ‘n nr.3. Dit het so baie energie en trane gekos. So...

Die Veldhuisie verhaal

Image
  Ongeveer  12 jaar gelede het ons een sonnige Saterdag ‘n ysperpaal ingeslaan op ‘n kaal plek, langs ‘n sanderige laagte in die tuintjie se kamp. Ons mans was nog net ons boyfriends . Op die foto’s wat ons van daardie dag het, staan ons mans grappig met ‘n hamer in die hand, gereed om die paal in te slaan. Ek dink ons het nog met klein glasies wyn gecheers op hierdie paal-in-die sand. Ons sussies was so dankbaar om weer lig in my pa se o ë te sien. Na my ma se dood was die w ê reld vir lank ‘n baie donker plek vir my pa. Maar hierdie veldhuisie sou my pa en tannie Marinda se eerste projek saam wees, as pasgetroudes. Vir albei ‘n nuwe begin na ‘n baie hartseer hoofstuk. Uit die staanspoor was hul droom vir die veldhuisie dat dit moes vrede en rus bring vir almal wat daar aan doen. My en Lambrecht se eerste uitslaap sonder kinders, nadat ons kinders gehad het, was in die veldhuisie. Tannie Marinda het ons aangemoedig om ‘n aandjie “af te vat” en die kinders by oupa en oum...

Dankbare roofkykers

Image
 Ons sê dit almal deesdae gereeld – ons leef voorwaar in ‘n vreemde tyd. Vanmiddag was weer so ‘n vreemde ervaring… Ons oudste speel haar heel eerste netbalwedstryd. Gisteraand lê sy in die bed en verklaar – sy weet nie of sy sal kan slaap nie. Haar senuwees is gedaan. Sy hoor uit alle oorde dat Courtrai (Paarl) regtig sterk is. En Rachel het ook gesê sy dink hulle gaan môre verloor. Ek kommandeer middelste boet op en ons bid albei ernstig vir vandag se heel eerste wedstryd. Toe doen ek die mooi toesprakie wat alle goeie ouers doen: Wen maak glad nie saak nie. Solank jy jou beste gee en dit baie geniet. Vanmiddag na skool ry ons sommer ekstra vroeg Paarl toe. Ek presteer nooit goed onder druk nie en sal eerder ‘n uur te vroeg by die voorgeskrewe hek opdaag, as om in verkeer te stoei vir ‘n parkeerplek. Oppad Paarl toe eet ons droëwors en suurdeegbrood toebroodjies met ekstra grondboontjiebotter. Volgens my beperkte koskennis, die perfekte happie vir ‘n wen-wedstryd. Ons stop vi...

Suikerwater en witbrood

Image
  Voor jy kinders het kan jy bedien soos Jesus bedien het, maar na jy kinders gehad het kan jy wees soos Jesus was. Neels sê dit gisteroggend so tong-in-die-kies. Dit laat my sommer terugdink aan baie lank terug toe ek ongetroud en sonder kinders was. Ek was by Bybelskool en betrokke by elke moontlike uitreik by ons kerk in Bloemfontein. Dertien jaar later sit ek by ons jongste spruit in die moederskamer. Sy pakkie rosyne lê gestrooi oor die vloer. Hy het ‘n ander maatjie in die kerk se kwakende speelgoed padda beetgekry en wil die ding om die dood nie uitlos nie. Wanneer jy op hom druk gaan daar liggies aan en hy steek sy tong uit. Dis Adriaan se beste dag ooit … met die liggiemakende, tonguitstekende, kwakende padda in die moederskamer. Om te trou is ‘n onselfsugtige ding om te doen. Om dan daarna kinders te h ê saam met jou man is in ‘n ander klas. Dani ë l kom vertel van Janru se mamma wat elke liewe dag ‘n briefie in sy kosblik sit. Mamma skryf die volgende aand die moois...

Ons DAPPER kleuters

Image
  Vandag skop ek my jaar af by die kleuterskool waar ek werk. Gemasker. Onseker oor hoe dodelik en gevaarlik hierdie nuwe “strain” nou regtig is. Klein kinderlyfies skop hulle skooljaar in hierdie covid-era af – vir ‘n handjievol is dit hul heel eerste keer by ‘n skool. Hulle word ontvang deur vriendelike tannies wat nie kan wag om te begin leer en speel saam met hulle nie. Maar die tannies se glimlagte is agter maskers. Elke kindjie se koors moet eers gemeet word en hulle handjies gewas voordat hulle kan hardloop na die klimraam en sandput vir speel. Die “oud-skoliere” kom staan met ‘n glimlag sodat hul koors eers gemeet kan word. Hulle was hulle handjies deeglik. Die nuwe outjies is meer versigtig en onseker, maar NIEMAND weier om te staan vir die koorsmeting of handjies was nie. Iewers deur die oggend tref dit my ... ons maak ‘n dapper generasie groot. Baie dapper. Hulle kla en mor en prut en neul nie oor die “nuwe normaal” nie. Die klomp keer se hande was raak pret. Die k...

Die 12de Jaar

Image
  Twaalf jaar het verbygevlieg. Dit voel soos ‘n leeftyd gelede. Steeds onwerklik. Op hierdie dag twaalf jaar gelede was die sonsondergang besonders mooi. Dit was meer oranje as rooi. Ons het gekyk hoe dit stadig ondergaan, en dan plotseling net weg is. Ek het daardie aand gedink: Hierdie sonsondergang het my ma misgeloop. En sy sal geen sonsondergang hierna ooit weer sien nie. Ons was oppad Kakamas toe van Bloemfontein af. Ek kan nou nog Ds. Peet se stem oor die telefoon hoor. Al het twaalf jaar al verloop. Elke liewe jaar probeer ons sussies hierdie dag net verby kry. ‘n Week gelede besluit ek, ek wil op hierdie dag iets betekenisvol doen. Ek vra Nadia of sy nie kans sien om my te begelei op my verste drafroete ooit nie. Sy is ‘n gesoute hand. Nadia laat haar ook nie twee maal nooi nie. Iewers deur die week besef ek dat die weer nie gaan saamwerk nie. Gisteraand re ë n dit katte en honde. Ek boodskap Nadia om te hoor van ons drafplanne. Sy stuur terug – koffie en ‘n piesa...

My Pa se Strandfontein 60ste

  In Januarie stap ek en my middelste Marietjie-sussie op Strandfontein se strand en droom van die perfekte 60ste partytjie vir my pa. Ons eerste gedagte is ‘n lang gedekte tafel op die stofpad oppad Makkiesplaas toe. Ons sal wit tafeldoeke gebruik met baie kerse. As die son sak sal dit ‘n 60ste raak in die Boesmanland wat niemand sal vergeet nie. Stilte...sterre...en natuurlik ongelooflik baie en lekker kos. Al my pa se gunstelinge. Daar moes ingelegde sousboontjieslaai volgens ouma Ans se resep wees. Die roosterkoek sou bedien word met sagtevet en soet konfyt. Die vleis moes dood gaar gebraai wees, want dis hoe my pa daarvan hou. O ja, en daar moes gemarineerde lieslappies wees om die aand mee af te skop. Nagereg sou wit koek wees. Met min versiersuiker, want my pa glo die lekkerste koek is sonder versiersuiker. Toe onthou ons van die wind op Makkiesplaas. Dit kan ‘n sprokiesagtige 60ste saam met alle bure en familie laat ontaard in ‘n nagmerrie. Waarheen sal alle gaste gaan vi...