Posts

Die GROOT dag!

Image
                                               Verlede naweek kuier ons saam met vriende by Brittaniabaai. Ek waarsku vooraf: My man raak baie opgewonde. En soms lewer hy hard en kwaai kommentaar. Hulle lag net en sê, ons kan ontspan. Dit gaan hulle beslis nie pla nie. Hulle is nie eintlik skreeuers nie, maar hulle oordeel beslis nie as iemand baie opgewonde raak nie.  Die wedstryd is ‘n snaakse een. Ons emosies wissel van vies, tot geskok, tot verslae. Ek raak later sommer negatief en sê negatiewe goed oor ons geliefde bokkies… “As mens so speel verdien jy eintlik nie ‘n wen nie,” is een van my laaste negatiewe insette. Toe vererg manlief hom bloedig vir my, want negatiewe mense soos ek sê blykbaar negatiewe goed en dit het ‘n negatiewe impak op die spelers. Manlief is op ‘n stadium ewe vies vir my en die bokke.  Halftyd sluk ons ‘n Springbokkie af. Ons chee...

Ons bloed is groen!

   Ons bloed is groen [NOTA: Hierdie storie het ek geskryf na ons vorige wedstryd teen die All blacks. EK het dit net nooit gepost nie…2 maande terug.] “My pa sê die Springbokke het die All Blêks pap gespeel,” vertel James met groot oë. “En hulle het twee geel kaarte en ‘n rooi kaart gekry, weet tannie,” vra James terwyl hy met sy klein vingertjies al die kaarte wys. Die bok koors loop hoog in my 5-jarige kleuterskool klassie. Ek speel Leon Schuster se nuwe Bokmasjien liedjie vir hulle. Luan lyk bekommerd. Hoekom sing die oom sy bloed is groen, wil Luan ernstig weet. Is sy bloed dan nie rooi nie? Ek verduidelik mooi dat ons almal eintlik groen bloed het. Ons het Springbokbloed in ons are. Die seuntjies ril eintlik van lekkerkry as Bokmasjien speel. Heelwat later wil ek my spannetjie “Dis heerlike lente,” leer sing. Dit pas immers by ons tema vir die week. Nee dankie tannie, antwoord hulle ewe beleef. Ons wil liewers weer vir Bokmasjien hoor. Onlangs maak ons 8-jarig...

Ons Veldhuisie stap

Image
Staan op.Trek aan.Gaan draf.Maak kosblikke.Stort.Maak koffie.Maak pap.Maak almal wakker.Gaan werk.Kom terug.Eet middagete.Sport.Doen huiswerk.Maak aandete.Kyk TV.Stort.Lees Bybel.Slaap. V a k a n s i e H A A L A S E M. V O E L. D I N K H E L D E R. E R V A A R. B I D. W E E S. Iewers tussin in sal ek so graag die balans wil vind. Ons gaan vir vyf vinnige dae Makkiesplaas toe. Lambrecht moet elders werk en laai ons sommer oppad af. Ons gaan vir drie dae stap. Ons eie uitgedinkte veldhuisie stap. Die drie susters en Rebekka. Ons laai ons ses kindertjies vir twee nagte se slaap by oupa André en ouma Marinda af. Met die groetslag glimlag oupa en ouma dapper en sê ons moet ons oor niks bekommer nie. Hulle gaan die tyd van hul lewe saam met hul kleinkinders hê. Ons moet onsself net geniet. Ons spring half 11 Sondagoggend weg met groot entoesiasme. Ons stop langs ‘n leë gronddam vir ons Sondagmaal. Elkeen kry ‘n ...

Beurtkrag

Image
BEURTKRAG Ons is waar almal is. Ek het drie ure om hierdie storie te skryf, te post, die skottelgoedwasser te pak en aan te sit, drie vinnige bondels wasgoed te was, alle liggies te laai want dis netnou aand, ons koffiebottel vol kookwater te maak, aandete voor te berei. Ek sal werklik jok as ek sê dit doen niks aan my gemoed nie, want dit doen nie niks nie. Ons gesin is mal oor ons land. Ons is trots Suid-Afrikaans en as dit die Here se wil is sal ons regtig nooit graag hier wil gaan nie. Ons wil ook patriotiese kinders grootmaak en daarom probeer ons om eerder altyd die goue randjie rondom die donker wolkie te sien. Ons probeer mooi en versigtig dink oor die woorde wat ons spreek. Ons probeer lewe spreek – veral op hierdie stadium oor Eskom!!! Daar is een ding wat die wêreld ons moet gee: Suid-Afrikaners is aanpasbaar. Elke vlak wat ons op beweeg in nóg minder krag maak ons nuwe planne. Ons raak kreatief in tydverdryf met ons gesin. Ons speel meer bordspeletjies as ooit vantev...

14 jaar

Image
 Namiddag kom stop my buurvrou van ‘n handvol jare gelede onverwags by my voordeur. Sy kom lewer net ietsie van my sussies af vir my af. Sy haal ‘n bos blomme en ‘n boksie netjies verpakte wortelkoek van agter haar sitplek af uit. Dit moes ‘n tussie mussie wees, maar sy dink nie die Paarl se tussie mussies lyk soos Kakamas sin nie, beduie sy. Die Boland sin is met mooi fynbos en ‘n paar ligpienk angeliere. My ma was altyd so lief vir angeliere. My pa het haar so graag verras met ‘n angelier wanneer hy dit in Kakamas kon kry. Die tussie mussies wat tannie Ters altyd so getrou koop het roosmalva en laventel in. Dis weer sonder die fynbos. Ek stuur ‘n foto vir my sussies van hul mooi geskenk (My sussies, tannie Ters en Liesel het saam gaan koek en koffie in Kakamas vandag om sommer net vir ‘n oomblik by hierdie dag stil te staan.). Laat namiddag deel ek ‘n snytjie wortelkoek vir die drie kindertjies. Ek vertel hulle weer van ouma Annamarie. Tussendeur happe wortelkoek kondig Adriaan a...

Piet en Lena se Plaastroue

Image
  “Hulle is al lank saam, sy en Piet. Since nineteen ninety four . Hulle was by die plaas al baie lank. Maar sy en Piet, hulle het besluit hulle wil nou trou. Sy wil nou by Piet sy vrou wees,” verduidelik Lena mooi toe ek vra oor haar en Piet se pad saam. Marietjie het by tannie Charleen op die buurplaas gaan aanklop vir ‘n trouskepping vir Piet en Lena se mooiste dag. Lena het by die ander buurvrou, Retha, gereël vir ‘n regte egte troukoek. Retha ry naweek vir naweek die mooiste koeke Pofadder toe – van spierwit troukoeke tot derde verjaarsdag Toystory koeke tot vonkelwyn-wat-uit-die koek bars vir veertigstes. Lena wou so ‘n koek hê – ‘n mooi wit koek met haar en Piet se name op met blomme. Stan het die laaste paar jare uiteindelik uit sy matriekafskeid pak gegroei. In elke boer se kas is daar twee pakke: Jou matriekafskeidpak en jou troupak. Teen veertig is jy uit albei gegroei, want die vrouens in die Boesmanland mag maar kosmaak. Hulle doen nie eenbak geregte met slaai soos o...

Langs die sportveld

Image
  Vir iemand wat dit nooit groot gemaak het op die sportfront nie, het ek altyd gedink sport is nie so belangrik nie. Ek het geglo ek gaan nooit die ouer langs die baan of veld wees wat haar naam (effe) gat maak oor haar oordrewe entoesiasme nie. Mens moet dit mos immers net geniet. Dis waaroor dit gaan. Ek was my lewe lank in Kakamas se laer-en hoërskool se raap-en-skraap netbalspanne. As jy jouself in die lae spanne bevind, maak wen regtig nie saak nie. Nou is ek hier. Worsbroodjie en cappuccino in die hand langs die netbalbaan. En die rugbyveld. Op die gras by die landloop. In die gehoor by die ballet. En dis lekkerder as wat ek ooit kon raai. Ek moet egter bieg. Diep binne my het dit toe al die jare geskuil. Ek is daai ouer. Manlief spot ons almal het maar ‘n bietjie nartjieskil-gooier “deep down.” Ons mis nie ‘n wedstryd nie. Ons is daar, langs die veld. Ons raak opgewonde, ons skree kommentaar en raad. Ons bemoedig. Ons vererg ons vir die skeidsregters. Ons eet sportdag...

eenvoud

Image
Boesmanland - die moeder van eenvoud                                                Nuwejaarsvoornemens was nog nooit iets wat ek ligtelik opgeneem het nie. Iewers langs die pad het ek egter net moeg geraak om myself elke liewe jaar teleur te stel. Die nommer op die skaal kon nooit klop met die nommer wat by 1 Januarie staan nie. Die karaktergoedjies waaroor ek wroeg het maar elke jaar hier teen Desember 'n laagtepunt bereik - wanneer ek goed moeg is vir die jaar. Toe neem ek drie jaar gelede 'n belangrike besluit. Ek sou net bid vir 'n woord. Vir 'n enkele woord vir die jaar wat wink. Die Here was vreeslik getrou met die woorde wat ek in 2020 en 2021 ontvang het. Toe kom hierdie jaar se woord. Ek het vir byna 'n maand oor hierdie woord gebid. Op 1 Januarie was dit kristalhelder. My woord vir 2022 moes eenvoud wees.  Dis 'n lekker eenvoudige woord vir die jaar, h...

Planttyd

Image
 Soms is daar vir dae en weke en maande niks woorde in my kop nie. Ek jaag voort teen volspoed. En dan een Sondagmiddag, terwyl ek met my hande in die sand sit, is die woorde en stories plotseling terug. Ek is altyd so dankbaar as dit terugkom. Ek woon in my droomhuis. Dit is nie te groot nie en nie te klein nie. Dis nie pynlik netjies en perfek en super modern en baie wit nie. Maar dis perfek vir óns. Dit het die mooiste uitsig op die berge rondom ons en ‘n plaaswerf van ons-weet-nie wie nie. Ons kan die beeste sien en hoor. Ons kan wonder oor wat in die groente tonnels geplant is. Dis wat ons gelukkig maak. Toe ons vier jaar gelede hier ingetrek het, het die tuin gespog met ‘n klein stukkie roostuin. Onder die dek was ‘n paar pragtige krismisrose. Alles moes waai. Die Coetzee-kindertjies was klein en my energie vir tuinmaak het nie bestaan nie. En alhoewel die Coetzeetjies klein was, was ek in ‘n stryd gewikkel met manlief vir ‘n nr.3. Dit het so baie energie en trane gekos. So...

Die Veldhuisie verhaal

Image
  Ongeveer  12 jaar gelede het ons een sonnige Saterdag ‘n ysperpaal ingeslaan op ‘n kaal plek, langs ‘n sanderige laagte in die tuintjie se kamp. Ons mans was nog net ons boyfriends . Op die foto’s wat ons van daardie dag het, staan ons mans grappig met ‘n hamer in die hand, gereed om die paal in te slaan. Ek dink ons het nog met klein glasies wyn gecheers op hierdie paal-in-die sand. Ons sussies was so dankbaar om weer lig in my pa se o ë te sien. Na my ma se dood was die w ê reld vir lank ‘n baie donker plek vir my pa. Maar hierdie veldhuisie sou my pa en tannie Marinda se eerste projek saam wees, as pasgetroudes. Vir albei ‘n nuwe begin na ‘n baie hartseer hoofstuk. Uit die staanspoor was hul droom vir die veldhuisie dat dit moes vrede en rus bring vir almal wat daar aan doen. My en Lambrecht se eerste uitslaap sonder kinders, nadat ons kinders gehad het, was in die veldhuisie. Tannie Marinda het ons aangemoedig om ‘n aandjie “af te vat” en die kinders by oupa en oum...

Dankbare roofkykers

Image
 Ons sê dit almal deesdae gereeld – ons leef voorwaar in ‘n vreemde tyd. Vanmiddag was weer so ‘n vreemde ervaring… Ons oudste speel haar heel eerste netbalwedstryd. Gisteraand lê sy in die bed en verklaar – sy weet nie of sy sal kan slaap nie. Haar senuwees is gedaan. Sy hoor uit alle oorde dat Courtrai (Paarl) regtig sterk is. En Rachel het ook gesê sy dink hulle gaan môre verloor. Ek kommandeer middelste boet op en ons bid albei ernstig vir vandag se heel eerste wedstryd. Toe doen ek die mooi toesprakie wat alle goeie ouers doen: Wen maak glad nie saak nie. Solank jy jou beste gee en dit baie geniet. Vanmiddag na skool ry ons sommer ekstra vroeg Paarl toe. Ek presteer nooit goed onder druk nie en sal eerder ‘n uur te vroeg by die voorgeskrewe hek opdaag, as om in verkeer te stoei vir ‘n parkeerplek. Oppad Paarl toe eet ons droëwors en suurdeegbrood toebroodjies met ekstra grondboontjiebotter. Volgens my beperkte koskennis, die perfekte happie vir ‘n wen-wedstryd. Ons stop vi...