Posts

Showing posts from 2017

Nabetragting oor 2017

My lewe was aan die einde van hierdie jaar buite beheer – of so het dit gevoel. Daar moes te veel dinge op een slag gebeur, en daar was eenvoudig te min tyd. Dalk voel almal so in Desember. Ek het te veel gekla oor dinge waaroor ek nie wéér wil kla nie. Ek het te veel geëet van goed wat nie goed is vir my lyf nie. Ek het myself te veel  vergelyk met ander se perfekte facebook lewens. Ek het te min gelees. Ek het te min gebid. Ek het te min op die stoep gesit en luister na ons kinders se geselsies en sommer net gedagdroom. Ek het heeltemal te min gelag dat die trane loop. Toe ek twee weke gelede op Makkiesplaas arriveer, was ek soos iemand wat se ruite toe gewasem is. Jy weet mos hoe moeilik dit is om op ‘n wintersoggend deur jou ruit te sien as dit gewasem het. Die wêreld is ‘n onsigbare raaisel. Ek was dáár, absoluut vuisvoos gelewe aan 2017. Dis twee weke later en die uitsig deur my ruit is prentjie mooi. Ek sien weer. Ek het intussen ‘n paar oggende afgeskop met melkkof

Hoop in die droogte

My pa boer van altyd af in die Boesmanland. Hy is gebore op Makkiesplaas. Sy grootjies en sy pa en my ma se grafte lê almal in die familie begraafplaas. Soms vra ek of dit die moeitewerd is om hier aan te gaan? Die Boesmanland is ‘n harde wêreld. Dan antwoord my pa – “Dis dan al wat ek ken my kind, waarheen sal ek anders gaan?” Ek praat gisteraand weer met my pa oor die foon. Ek vra altyd oor die veld en die skape. Die Boesmanland stof is immers ook in my bloed. Die laaste tyd raak die stories amper vir my te erg om te hoor. Skape wat die bakkie byna bestorm omdat hulle weet dis kos. My pa sê dis die laaste tyd ‘n gesukkel om sy bakkie se deur oop te kry. Die skape “omsingel” amper die bakkie. Hy vertel van die droogtelammertjies wat vrek omdat die mamma hulle eenvoudig wegsmyt. Hy kan nie meer die skape vol kry nie, daar is eenvoudig nie genoeg voer nie. Hy hou hulle net aan die lewe. My pa is ‘n groot man, maar hy sê hierdie droogte laat hom huil soos ‘n kind. Anderdag kom h

Die draadwerkersdieet

’n Wonderlike week in die winter gaan vertoef ons in Makkiesplaas se Veldhuisie. Hierdie lappie heilige grond waar daar nog geen google of DSTV of Facebook is nie. My pa verduidelik op watter hoogtetjie mens kan klim vir MTN-opvangs. Ons stap draaie om daardie hoogtetjie. Saans maak ons donkievuur en vroegaand sit en kuier ons om die gaslamp. Net ek en my man en ons kindertjies. Die Boesmanland raak koud in die winter – daardie tipe koue wat sny deur jou gebeendere! Ek gaan met die beste intensies op vakansie. Die oggende is ongelukkig vriesend koud. Letterlik. Die kripwater en soms selfs die water in die pype is kliphard vasgevries. Wie draf in sulke koue?! Ek besluit vooraf dat ek eenvoudige kos gaan saamneem Veldhuisie toe; nie ‘n enkele slaaiblaar of pit of saad of iets in die kategorie nie. Die beste wat ek doen is naartjies, rosyne, patats, dadels en wortels. Die bederf mos nie so maklik nie. Saans sal ons braai en ‘n vorm van brood daarby maak. Ek neem genoeg ordentlike

Botter en room

Image
Saterdagaand kuier ons by Anton en Jean-Maré aan huis. Jeandré en Lyndi is saam met ons genooide gaste. Tussen ons drie paartjies is daar ‘n volle vyf seuns en een prinses. Kos en wyn en koffie is belangrik vir Anton en Jean-Maré. Hulle bedink die spyskaart en kies dan noukeurig wyn wat by die spyskaart pas. Jean-Maré hou van beproef. Na die nagereg is die koffiemaak altyd ‘n proses, want hul rooster hul bone self. Hulle kombineer verskillende bone. Hulle eksperimenteer en speel tot hul by die perfekte koppie koffie uitkom. Gisteraand bied ek aan om nagereg te bring. Dis ‘n meringue met soet room (Jean-Maré het die room geklop met net so twee knippies strooisuiker – daar is ‘n verskriklike mooi naam daarvoor, wat ek nie nou kan onthou of spel nie!), met aarbeie en pistachios op die room. Dan het ek sommer glitter oor die hele ontploffing gestrooi om bling na die poeding te bring. Die mans eet hul nagereg vinnig en doelgerig. Hulle wil klaar eet om op die bank te gaa

Verlep

Image
Vanoggend skuins na 5 durf ons drafgroep die bult langs Wellington se ho ë rskool aan. Almal klink klaerig. Almal voel tam en moeg. Dis seldsaam dat die lede van die drafgroep so praat. Daar is normaalweg net optimisme en energie as jy aanmeld vir draf soggens 5-uur. Ek sien dit in my vriende. Ek sien dit in my kinders. Ek sien dit selfs op TV. Lewensblye Pippa lyk die laaste tyd taamlik gedaan gelewe. My Emsie-vriendin s ê net mense met klein kinders sal weet om Pippa nie te oordeel oor haar (klaarblyklike) drankprobleem nie. Kinders grootmaak is ń voorreg. Maar. Dit verg egter ALLE energie en ALLE geduld waaroor jy beskik. Soms meer as waaroor jy beskik. Ons is halfpad deur 2017. Meeste van ons lyk verlep. . Ek gaan stop anderdag met ons twee en die bure se twee in ń vreemde iemand se wingerd net buite Wellington. Die kindertjies begin hardloop dadelik sorgeloos in die stofpad af. Later pak Liam ń kamma-kamma vuurtjie en Dani ë l help hom daarmee. Nie lank nie of die

'n Hart wat wil gee

Image
Onlangs glip ek vinnig by ons dorp se Shoprite in om iets te kry. Ons Amé-kind houvas my hand. Oppad uit stop iemand ons. Het ek nie asseblief vir hom iets te ete nie? Ek weet daar is net skoonmaakmiddels in my sak en ek sien eerlikwaar nie kans om nou weer terug te draai om 'n brood te gaan koop nie. Dis moeite met 'n kind aan jou hand. Ek beduie dat ek nie kos of geld het nie, jammer. Maar as dit die vierde ou is wat die dag by jou bedel is daar regtig nie meer veel jammerte in my hart oor nie. Ek dink ek raak so afgestomp dat ek besig is om my empatie te verloor! Terwyl ons wegstap vra Amé vies - "Hoekom wil mamma nie vir die oom geld gee nie?" Ek verduidelik dat party van die ooms op straat nie altyd die waarheid praat nie en die geld gebruik vir verkeerde goed. Ek kan sien sy luister mooi. Dan antwoord se beslis:"Mamma, daai oom sou kos met die geld gekoop het." Sy laat voel my baie klein. Ek besef ek kan nie hierdie kans laat glip om reg te maak wa

Saam om 'n tafel

Die laaste week kuier ons met drie verskillende, baie uiteenlopende, baie lekker gesinne. Dis nie ons styl nie. Ons kuier hoogstens een maal ń week met mense op 'n Saterdagaand, met die klem op hoogstens. Ek kom uit ń grootwordhuis waar kuier op Saterdagaande so half wet was. My ma was besonders lief vir mense, en dit was deel van ons gesin se kultuur; skermkuier op Saterdagaand met die bure. Omdat my ouers op ń plaas gewoon het, kon dit soms eensaam raak. Daarom was Saterdagaande kuier so half ń noodsaaklikheid. Aangesien ons gesinnetjie nou “ dorpsmense ” is en manlief daagliks in 'n  baie groot en besige kantoor werk, is sy aptyt vir Saterdagaand kuier ietwat minder. ń Sameloop van omstandighede maak dat ons die laaste week dus so baie kuier. Saterdagaand kuier ons by Lyndi en Jeandr é en kleine Jean-Luc op hul lieflike plaasstoep buite Riebeeck-Kasteel. Die uitsig slaan jou asem weg en jy kan op ń mooi dag tot by Tafelberg sien. Wanneer jy so op hul stoep k

Vrydagmiddag in Wellington Spur

Dis Vrydagmiddag 15:30 in Wellington se Spur. My kinders verdien ’n Spur roomys, voel ek. Dit was ’n besige week in my lewe en hulle het regtig mooi saamgewerk. Die Spur is nog relatief stil. Agter ons sit ‘n klein gesinnetjie met pappa, mamma en eersteling. Pappa en Mamma is baie beïndruk met elke koer-geluid uit baba se mond. Dis hoe ek weet dis die eersteling. Pappa en Mamma eet van Spur se stewige maaltye, kompleet met chips en uieringe en ’n groot Coke. Blou-oog vriendelike baba knibbel saam aan chippies. Ons kinders is uit hul nate. Ons kom nie dikwels in Spur nie. Dis niks persoonliks nie, maar ek hou nie baie van Spur se koffie nie. Wimpy sin is beter. Maar omdat vandag nie gaan oor my nie, besluit ek om maar die koffie te verduur. Dit neem ’n rukkie om te besluit wat ek sal bestel. Eintlik is ek lus vir ’n Savannah light. Dit sal ’n eerste keer vir my wees om alleen alkohol te verbruik in ’n eetplek. Dit voel nie heeltemal reg nie. Netnou kom betrap iemand bekends my hier

Heilige kuiertyd

Ek draf ongeveer vier oggende van 'n week, op 'n goeie week, saam met 'n groep mense waarvan ek nie baie weet nie. Ek ken hul name. Ek weet met watter soort tekkies hulle hardloop - want elke drawwer het 'n handelsnaam waarvan hy nie durf afwyk nie. Ek weet meestal nie eens watter tipe werk hulle doen nie. Ek weet egter hoeveel kinders elkeen het, wat die kinders se name is en hoe oud die kinders is. Martin het 'n tweeling 2-jariges en ek probeer nogsteeds "uitfigure" hoe 'n man wat so min slaap, 5-uur in die oggend SO vinnig kan hardloop! Gert oefen smiddae in die vakansie met sy twee meisiekinders om hulle fiks te kry. Die jongste het 'n nuwe hokkiestok. Marelise se meisiekind het 'n baie oulike "boyfriend" wat eerste span hokkie speel. Loftus draf soms saam met Annabel. Ciske se laaitie hou van visvang. So kan ek nog aangaan. Eintlik wil ek vertel van Kobus se Stefan. Stefan het aan die begin van die jaar die nes verlaat v

Vierde verjaarsdag Barbie-piekniek

Vandag hou ons ons oudste se verjaarsdagparty. Soos elke ander jaar met elke liewe kinderpartytjie is my senuwees op. Kleinsus Marli kom kuier vir ń “ sussie-aand ” en bak vir Am é die mooiste, verleidelikste Barbie. Sy maak blinkertjie malvalekkers en sout springmielies. Sy bring die lieflikste skuimpies van die winkel waar sy werk. Sy maak die mooiste “ Barbie-goed ” terwyl ons wyn drink en kuier so om die kombuistafel. My middelsus bel die aand voor die partytjie – ek moet die gastelys met haar deurwerk. Ek hoor sy is bekommerd toe sy hoor nie Lyndi of Marli gaan daar wees nie. Iemand soos ek kan vreeslik meegevoer raak in die oomblik. As ek eers terugsit en kuier, verloor ek fokus, verduidelik sy ongevoelig. Sy stel voor ek stel Emsie aan om ongeskik met my te wees as ek fokus verloor. Ek kan eintlik nie ń partytjie aanpak sonder ń “ terugrukker ” nie. Sy is jammer dat sy nou so reguit moet wees, sluit sy af. Ons hou ń eenvoudig partytjie. Die gastelys is skoolmaa

Basaar

Vrydagmiddag ’n week gelede hoor ek so half per ongeluk by ’n vriendin van Silwerkruin (Huis vir bejaardes in Wellington) se kerkbasaar. Ek kan my geluk nie glo nie! Ek het grootgeword met meer kerkbasaars en kermisse as wat ek op my twee hande kan tel. Ek is mal oor die kos en goetertjies en atmosfeer van ’n basaar. My ma moes altyd goed bring vir Kakamas NG Kerk se Boesmanland tafel. Mens onthou mos die verlede soos jy dit wil onthou. In my kop was die tafel altyd uiters gewild. Daar was ’n goue reël by Kakamas kerkbasaars: Niemand mog iets koop voor die dominee die basaar amptelik “oop gebid” het nie. Ek het al onder gebed geloer en gesien hoe mense hul hand op ’n Boesmanland skaapnek sit – so onder gebed! My pa vrek oor basaarpoeding en basaar/kermis pannekoek. Hy het altyd heeltemal te veel daarvan gekoop. Ons was nooit spandabelrig nie, maar by ’n kerkbasaar het ons pa met ’n skrikwekkende begroting gewerk. Elkeen in die gesin het ruim geld ontvang vir die geleentheid. J

die Bergstorie

Image
Ons laaste stop in Greyton is by die Spar vir padkos. Marietjie smul aan haar steak-en-kidney pastei  soos net ń honger mens kan. Sy sal Greyton vir twee dinge onthou, praat sy tussen happe deur: Die Boesmanskloof en Greyton se spar se lekker steak-en-kidney pasteie ... Ons bergstorie moet mens by die begin, begin. Ons liefde vir stap kom beslis van my ma af. Dit bruis in ons al drie se are. Stap maak ons gelukkig. Dit maak ons kop oop en ons gemoedere lig. So besluit ons iewers dat ons ń roete wil gaan stap in 2017. Dit gebeur impulsief en vinnig dat ons keuse op die Boesmanskloof roete net buite Greyton val. Ons re ë l die staptog binne twee weke. Ek het by Danie, iemand in ons drafgroep, vir die eerste keer van hierdie roete gehoor. Nee wat, dis nie ń te moeilike roete nie. As jy effe fiks is, sal jy dit oorleef. Aldus Danie. Na hierdie naweek het my sussies ń appeltjie met Danie te skil. Hulle het my ook aangeraai om in die toekoms liefs maar dinge wat Danie

die Melktert

Image
Ek voel vandag teleurgesteld in myself. Eergister was Nasionale Melktertdag en ek het ń wonderlike geleentheid om melktert met koffie te geniet, misgeloop. Iewers in die harwar van blou Maandag het my brein gesê – blou Maandag en melktert loop nie saam nie. Nou is ek spyt! My skoonpa vertel graag van sy skoonmoeder, Dora, se ongelooflike melktert. Die kors het perfek opgepof en die melktertpap was blykbaar so na aan volmaak as wat jy kan kry. Ek het nooit die voorreg gehad om die perfekte melktert te proe nie. My skoonma het blykbaar een maal haar hand gewaag aan haar ma se resep. Dit was so ń grootse oomblik dat pa Danie foto’s daarvan geneem het. Nou kyk hy maar na die foto’s as die melktertlus hom oorval, vertel hy graag. Ons het ook grootgeword met melktert. My ma was nie ń vrou vir langpaaie nie en dus ken ons nie eintlik melktert met ń kors wat fraai oppof soos ń ballerina tutu nie. My ma sin was korsloos of met daardie smeerkors, wat net so lekker is. Ons familie

Gewigverloor teen tyd ...

My pa laat weet per whatsapp – hy weet nou nie meer watter kant toe nie. Ons een stiefsussie trou hierdie jaar (Stief is darem so ń stief-woord om te gebruik!) en hy wil darem regtig nie graag die dikste op die troufoto ’ s wees nie. Soos dinge nou staan ... Toe is dit die naweek atletiek in Kakamas en dit het niks gehelp nie. Hy het weer geen brieke gehad met die pannekoek en hotdogs nie. My minder simpatieke middelsus beveel aan dat hy elke geleentheid sal aangryp om kalorie ë te verbrand. Dalk kan hy sommer sy tone wikkel op die toilet, aan die etenstafel en terwyl hy saans Bybel lees in die bed. Anderdag s ê Marli se skoonma iets wat my so lekker laat lag het. Liezel vertel – hulle het haar seun en die se meisie gaan inskryf vir hul eerstejaar op Stellenbosch. Daar in die warboel van mense en gesigte en chaos het hulle vir ń oomblik nie geweet WAT om te doen nie. Toe gaan eet hulle maar iets. “ As ons nie weet wat om te doen nie, gaan eet ons maar iets, ” sl

Wellington se vure

Vandag is die hemel vir die eerste keer in ‘ n hele week weer helder ligblou, soos ons dit altyd ken. Die berge lyk veilig, majestueus en bolandmooi, soos altyd. Ek woon in Wellington. Ek het nie vure geslaan of kos uitgedeel of enigiets ekstra spesiaal gedoen tydens al die brande nie. Ek is bloot ‘ n huismamma van twee klein kindertjies, en as ons, ons voordeur oopmaak kyk ons uit op Wellington se lieflike berge. Die laaste drie dae was die ergste. Helikopters het heen-en-weer gevlieg. Dit het kompleet gevoel of ons in ‘ n oorlogsone woon met alle rook en helikopters. Dalk was dit bietjie soos ‘ n oorlogsone. Oorlog teen die vuur. Oorlog teen mense wat vuur maak omdat hulle harte ongelukkig is, en nie die verreikende gevolge deurdink nie. Oorlog teen wanhoop. Oorlog teen baie dinge. Eergisteraand was die vlamme ‘ n vernietigende monster wat oranjerooi teen ons mooi berge veld gewen het. Die manne was teen hierdie tyd al so moeg. Die wind wou net nie mooi saamspeel nie. Ons

Mooiweer en pannekoek op Millerton

Die Boesmanland lyk vandag soos ‘n wintersdag in die Boland, dit ruik na pannekoek en kaneel, dit voel soos die hemel.  Sagte druppeltjies sak elke nou-en-dan uit. Ek dink dis hoe die hemel moet voel; dankbaar, uitbundig, vol verwagting, vredevol en vars. Dit het gister al begin. Gisternamiddag was die Boesmanland so warm dat ons met nat waslappe op ons voorkoppe moes gaan middagslaap. Ons was besonders moeg na ‘n baie suksesvolle en vrolike nuwejaarspartytjie saam met ons Boesmanlandfamilie in Pofadder, die vorige aand. Ons het al met die opstaanslag gisteroggend begin uitsien na ons middagslaap. Nie eens die nat waslappe kon ons afkoel nie. My Marietjie-sussie het met ‘n nat waslap op haar voorkop én voete geslaap, en dit wou nie eens help nie! Teen koffietyd namiddag het die donderweer begin donder. Die plaasniggies was in verwondering toe die eerste druppels val. Die donderweer het Anmari (3) egter vreesbevange gehad. Dit was so erg dat my swaer later daarop aangedring het