Marli is oppad Potch toe
Na ons kersmiddagslapie gaan sit ons lui op die voorstoep. Dis tyd vir lysie maak. (My absolute gunsteling aktiwiteit in die w ê reld – tot my man se irritasie.) Ons baba-sussie gaan eersdaags Potch toe vir haar eerste studiejaar. Ons moet haar help met ‘n lysie van belangrike inpakgoed, koopgoed, kosgoed en ander onthougoed. My pa sit by. Hy wil darem ook insette lewer. Ek kan byna nie glo haar tyd het aangebreek het nie. Dit voel net soos anderdag nog toe sy haar gunsteling armband vir my kom gee het – oor ek so gehuil het toe ek voor my nuwe koshuis afgelaai is in Bloemfontein. Rou eerstejaar uit die Boesmanland. Alles maak jou bang. Die baie mans, die kwaai seniors, die baie karre en mense, die min vlaktes en stof. Nou is dit egter Marli se beurt. Potch toe. Ons begin by kombuisgoedjies. Sy moet ‘n braaipan kry. Ons het graag Sondagvleis in ons braaipanne gebraai. Net baie spesiale vriendinne kon saam eet. Sy moet ook ‘n klein Pep Stores pann...