10 dae manloos...
My man vertrek vir 10 dae Ooste toe vir werk. Hy los my met Amé, Daniël en Klara by die huis. Vir 10 dae. Tien lang dae. Ek besef eers na 10 lange dae alleen hoe ongelooflik baie my man in en om die huis help. Klara se landmyne is baie. Ek moet dit noodgedwonge optel, anders doen Amé dit met haar sandgrafie. Ek moet die tuin natlei. Ek moet die vullis uitsit. Ek moet saans huis sluit en alarm onthou. Ek moet die kinders bad. Ek moet vir hulle bybelstories lees en in die bed sit. Ek moet snags ‘n duisend maal opstaan vir Daniël. Alleen. Teen Vrydagaand trek ons by 6 dae. Die kinders kom vir ‘n tweede aand in ‘n ry nie tot ruste nie. Teen 21:00 is ek emosioneel van radeloosheid. Ek besluit om hulle eenvoudig in die kamer te los. Daniël in sy camping cot en Amé op haar matrassie in ons kamer. Ek gooi vir my ‘n glas wyn en plons voor die tv neer. Soos ‘n slegte ma. (Na hierdie 10 dae het ek meer medelye met ma’s wat onverantwoordelike dinge aanvang!) Dit gaan aanvanklik goe