Dankbaar 2015 in
Die woorde in my kop is deesdae baie stil. Ons het ‘n nuwe skaaphondjie, Stella. Ek het nie geweet skaaphondjies is so energiek nie. En hulle kou aan álles. Van jou kinders se buite speelgoed, tot die gras en jou enigste roosboompie. Ons 21 maande-oue dogtertjie is in proses om uit haar bababedjie na haar dogtertjie bedjie te skuif. Ons moet eers by haar lê tot sy wegglip in droomland, en dan kom maak sy ons nag vir nag so rondom half twee wakker. Dis niè maklik nie. Dis piekseisoen in my man se lewe. Hy soek orals mooi druiwe vir die Ooste. Hy slaap en eet en leef nou druiwe. Vandag oor minder as twee weke sal ons ‘n seuntjie ryker wees. Alhoewel ek presies weet wat om te verwag, bly die hospitaalgedagte ‘n vreesaanjaende een. En ek bly maar bekommerd oor ons oudste wat tot dusver die enigste spil was waar om ons wêreldjie gedraai het. Alles in een asem opgenoem. Dus – my kop het nie tyd vir dink en stories maak nie. Ek oorleef en hanteer net nóú. Tog, ondanks bogenoemde